Bokke: so lyk die span

Frans Steyn en Morné Steyn gaan dalk die seldsame eer beleef om vir ‘n tweede keer teen die Britse en Ierse Leeus uit te draf. Hulle is deel van wat SA Rugby beskryf as ‘n dinamiese Springbok-groep. Die hele span wat in 2019 die Wêreldbeker gewen het, is ingesluit in die groep wat hoofafrigter Jacques […]

Read More

Slagting in Burkina Faso

Gewapende mans het nagenoeg 100 mense vermoor in ‘n strooptog op ‘n dorpie in die noorde van Burkina Faso. Dit was die dodelikste aanval in jare in dié konflik-geteisterde land. Tydens die aanval op Solhan is huise en die mark ook afgebrand. Geen groep het tot dusver verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Internasionale nuusagentskappe […]

Read More

Duitsers het 289 miljoen euro aangebied

Die adjunk goewerneur van die Bank van Namibië Edson Uanguta sê die Duitse regering het aanvanklik 298 miljoen euro as kompensasie vir die 1904 tot 1908 volksmoord aangebied. Uanguta, wat deel was van die amptelike span wat onderhandelings met die Duitse regering gevoer het, sê dat hulle in 2016 berekeninge gedoen het oor die verlies […]

Read More

Rooilyn kan gaan, maar mark moet behoue bly – Venaani

Die president van die PDM-party McHenry Venaani sê die veterinêre kordonheining moet op so manier verwyder word dat die internasionale mark vir Namibiese beesvleis behoue bly. Die party het sy sentrale komitee vergadering in die hoofstad gehou. Volgens Venaani kan die sogenaamde rooilyn net verwyder word as daar ‘n voldoende buffer tussen Namibië en Angola […]

Read More

Beurtkrag in SA aangepas

Eskom in Suid-Afrika het aangekondig dat beurtkrag weer vanmiddag in die buurland sal voorkom. Die stelsel het laat Saterdagaand herstel maar, daar is steeds druk op die kragvoorsiener se kapasiteit om aan die vraag te voldoen. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Manthshantsha.

Read More

Chelsi is Mej. Namibië

Chelsi Shikongo is die wenner van Mej. Namibië 2021. Sy is in die hoofstad gekroon by ‘n glansgeleentheid wat aanlyn aangebied is. Annerrie Maré is verkies as die eerste prinses en Michelle Mukuve as tweede prinses. Shikongo neem oor by Nadja Breytenbach wat in 2019 gekroon is. Daar was verlede jaar geen kompetisie nie as […]

Read More

Trump eis Covid-reparasies van China

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump het reparasies by China geëis in ‘n toespraak wat hy in Greenville in Noord-Carolina gelewer het. Volgens Trump moet China 10 triljoen Amerikaanse dollar in skadevergoeding aan die VSA betaal vir Covid-19. Hy het ook uitgevaar teen dr. Anthony Fauci se hantering van die pandemie en hom beskryf as […]

Read More

So lyk Covid-gevalle vandag

Daar is 480 nuwe gevalle van Covid-19 uit 2 719 toetse in die land bevestig. Windhoek het weer die meeste gevalle met 193. Swakopmund het 47 en Rehoboth 36. Die ministerie van gesondheid sê daar is 51 leerders, 28 gesondheidswerkers, 18 onderwysers en 15 studente onder die groep. Aktiewe gevalle is tans op 5 259 […]

Read More

How to Attract a Japanese Girl

If you’re looking for some tips approach attract a Japanese girl, you might have come to the right place. First of all, don’t be too mushy or extremely friendly with the ladies you match. If you want make an impression a Western woman, become a gentleman and have absolutely all of them that you’re enthusiastic […]

Read More

15% persent verhoging – ongeag wat – Numsa

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa beskuldig sommige werkgewersverenigings van kleinlike en kinderagtige gedrag. Die vakbond het Vrydag die eerste ronde loongesprekke in die ingenieursektor afgesluit. Tydens die eerste dag se onderhandelings het drie verenigings sonder om redes te verskaf, die vergadering verlaat. Phakamile Hlubi-Majola van Numsa sê dit sal hulle nie afskrik nie. Die vakbond dring […]

Read More