Suid-Afrikaanse soldate in Mosambiek ontplooi

Suid-Afrikaanse soldate is in Mosambiek ontplooi om te help met die repatriasie van Suid-Afrikaners uit die noordelike dele van die land na aanvalle deur gewapende militante.Die aanvalle verlede week het gefokus op die noordelike Mosambiekse dorp Palma wat sowat 10 kilometer van ’n gasprojek van Frankryk se Total en ander internasionale maatskappye geleë is. President […]

Read More

Nog 207 nuwe Covid-19 gevalle in die land

Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 207 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Grootfontein 23,Mariental 21, Keetmanshoop 18, Rehoboth 16, Okakarara 15 en Windhoek en Walvisbaai 14 elk..Die res is landwyd versprei. Die aantal sterftes staan op 531,met 1,919 aktiewe gevalle,42,121 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 44,581

Read More

Nuwe bewerings oor Fishrot-fondse

Al Jazeera se ondersoekende eenheid in samewerking met Georganiseerde Misdaad en Korrupsie Verslagdoeningsprojek en die Namibian dagblad het glo bewysstukke wat President Hage Geingob betrek by N$4,5 miljoen van die Fishrot-fondse wat na bewering verduister is om Swapo amptenare om te koop by die party se 2017 Swapo verkiesingskongres.

Read More

Nog groepe kan nou aanmeld vir Covid-19 immunisering

Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat buiten gesondheidswerkers kan die volgende groepe nou aanmeld vir immunisering teen Covid-19. Dit sluit in,lede van korrektiewe dienste, polisie- en immigrasiebeamptes, alle personeel by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, die Walvisbaaise lughawe asook werknemers by die hawe op die kusdorp, vragmotorbestuurders, vlieëniers en langafstand busbestuurders met permanente […]

Read More

President ontbied minister Vilho vir vergadering by staatshuis

President Hage Geingob het die minister van Verdediging Peter Vilho ontbied vir ‘n vergadering Dinsdag by staatshuis oor die bewerings oor sy beleggingsrekening in Hong Kong.Dit volg na berigte dat die Aanklaer-Generaal Martha Imalwa bevestig het dat daar ‘n ondersoek gelas is oor die rekening wat deur Vilho besit word. Imalwa ondersoek volgens berigte die […]

Read More

Marcell Coetzee speler van die seisoen

Rugby:Marcell Coetzee is as die spelers se speler van die seisoen gekies na ‘n reeks uitstekende prestasies vir Ulster in die Pro14-seisoen. Hy was die voorste drie-drukker met nege drieë, en was 95-persent suksesvol met sy duikslae. Die 29-jarige speler het 30 keer vir Suid-Afrika uitgedraf. Coetzee het tydens die jongste eerbetoon sy afrigters en […]

Read More

Al Jazeera het vandag weer iets oor Fishrot-skandaal

Alle oë sal vandag op die ondersoekende eenheid van die Al Jazeera nuusagentskap wees. Die eenheid het laat gister getwiet dat volgelinge die blad moet dop hou en bystaan vir ‘n nuusbreker oor die Fishrot-skandaal. Die eenheid het 3 maande geheime joernaliste gebruik om die omkoopskandaal oop te vlek en op 12 November 2019 het […]

Read More

Nog groepe kan nou aanmeld vir Covid-19 immunisering

Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat buiten gesondheidswerkers kan die volgende groepe nou aanmeld vir immunisering teen Covid-19. Dit sluit in,lede van korrektiewe dienste, polisie- en immigrasiebeamptes, alle personeel by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, die Walvisbaaise lughawe asook werknemers by die hawe op die kusdorp; vragmotorbestuurders, vlieëniers en langafstand busbestuurders met permanente […]

Read More

Proteas teen Pakistan vandag

Krieket: Temba Bavuma sal vandag vir die eerste keer Suid-Afrika se Protea-eendagspan aanvoer wanneer hulle Pakistan in die eerste van drie eendagwedstryde by Supersport-park in Centurion, Pretoria, die stryd aansê. Die eendagreeks word gevolg deur drie T20-wedstryde en is ter voorbereiding van die T20-wêreldbeker wat in Oktober en November in Indië plaasvind. Suid-Afrika moet na […]

Read More

Polisie ondersoek beweerde spoedoortreding teen dr Mathe

Die Namibiese polisie is besig met ‘n ondersoek nadat die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van Sport, dr Audrin Mathe, na bewering te vining gery en die spoedgrens oorskry het oppad na die noorde vir die Paasnaweek. Hy was volgens berigte ongelukkig toe ‘n kaartjie vir die oortreding aan hom uitgereik is. Nampol sal later […]

Read More