N$5,5 miljard vir Lesotho Hoogland-projek

Die Trans-Caledon-tonnel-owerheid en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika het twee leningsooreenkomste van gesamentlik 5,5 miljard Namibiese dollar toegestaan vir die tweede fase van die Lesotho Hoogland-waterprojek in die Vaalrivier-stelsel. Die bank sê die geld sal aangewend word vir die ontwikkeling van infrastruktuur oor ‘n tydperk van 20 jaar en sal water aan boere en gemeenskappe verseker. […]

Read More

Bakleiery na video-speletjie lei tot meswond

‘n 20-jarige vrou sal na verwagting vandag in die Outjo-landdroshof verskyn op klagte van poging tot moord. Volgens die Namibiese polisie het sy en haar kêrel by hulle huis in Etoshapoort op die dorp video-speletjies gespeel. Die kêrel het die speletjie verloor en ‘n bakleiery het uitgebreek. Sy het hom na bewering in die rug […]

Read More

Tweede ontsoutingsaanleg is op pad

Die Namibiese minister van landbou, water en grondhervorming Calle Schlettwein sê die voorlopige beplanning vir ‘n tweede ontsoutingsaanleg is voltooi en konstruksie sal so vinnig as moontlik begin. Hy was oor die naweek aan die kus en het aan media gesê die aanleg sal ongeveer 35 kilometer noord van Swakopmund opgerig word.

Read More

Nampol was besig oor die naweek

Die Namibiese polisie was regoor die land besig oor die naweek met verskeie moorde, motor ongelukke en ook ‘n verdagte wat ontsnap het. Hoof Inspekteur Elifas Kuwinga, woordvoerder by die mag het meer besonderhede…

Read More

Weermag se hospitaal is operasioneel

Die adjunkminister van gesondheid dr. Ester Muinjangue het bevestig dat die militêre hospitaal in die hoofstad tans operasioneel is om die ministerie van gesondheid by te staan met Covid-pasiënte. Muinjangue sê die beplanning is reeds verlede jaar, met die eerste Covid-infeksies in die land, gedoen. Sy verduidelik.

Read More

TB joshua: Venaani betuig medelye

Die president van die PDM-party McHenry Venaani het sy medelye betuig met vriende, familie en die gemeente van TB Joshua en die Synagogue Church of All Nations. In ‘n verklaring sê Venaani TB Joshua was ‘n man van God en het, net voor sy afsterwe, ‘n diens gelei. Venaani sê Joshua sal onthou word vir […]

Read More

SA se seniors sal wel eers later tweede spuit ontvang

Berigte uit Suid-Afrika lui dat daar verwarring is onder diegene ouer as sestig jaar wat reeds hulle eerste Covid-19 inenting gekry het. ‘n SMS is aan hulle gestuur waarin gesê word die datum vir hulle tweede inenting sal verander. ‘n SMS van die regering lui dat die tweede inenting nou toegedien sal word binne ses […]

Read More

Minimumloon word vandag in Katima bespreek

Die Namibiese Ministerie van Arbeid is steeds besig om ondersoek in te stel na ‘n nasionale minimumloon en sal vandag inwoners van die Zambezi-streek in Katima Mulilo ontmoet. Die vergadering, wat in die gemeenskapsaal plaasvind, begin om 8-uur en duur tot vanmiddag 5-uur. Owerhede hou op die oomblik die vergaderings om te bepaal of ‘n […]

Read More

Sri Lanka ramp: geen oliestorting nie

Kenners het die data-opnemer gevind van ‘n skip met chemikalieë aan boord, wat in ‘n brand beskadig is en aan die sink is naby Sri Lanka se hoofstad. Die MV X-Press Pearl wat onder Singapoerse vlag vaar, het Woensdag begin sink nadat ‘n brand geblus is wat 13 dae aan boord gewoed het. Pogings om […]

Read More

Covid: gevalle styg, herstelkoers val terug na 89%

Daar is 650 nuwe Covid-gevalle uit 2 328 toetse bevestig. Windhoek alleen het 263. Rehoboth het 82 met Gobabis en Swakopmund op 46. Daar is 101 leerders, 21 studente en 23 gesondheidswerkers in die groep. Aktiewe gevalle is tans op 5 752 met 150 pasiënte wat herstel het. Ses sterftes is ook bevestig. ‘n Totaal […]

Read More