WGO se agenda is polities meen China
Die Chinese ambassade in Londen sê die tweede werksplan van die Wêreldgesondheidsorganisasie is verpolitiseer en is nie in die gees van samewerking saamgestel nie. Chinese owerhede het die WGO se plan om weer besoek aan die land te bring om die oorsprong van Covid-19 te bepaal, verwerp. Volgens die ambassade werk die WGO steeds op […]
Hoësorg pasiënte het met 52% gedaal
Namibië se gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, sê die hoeveeheid pasiënte wat in hoërsorg vir Covid behandel is het oor die afgelope twee weke met 52 persent gedaal. Daar is was ook ‘n daling in hospitaliserings met ‘n daling van 18 persent. Volgens Shangula bly die sterftesyfer baie kommerwekkend veral onder ouer Namibiërs met onderliggende toestande. […]
WGO in Namibië moes ook alle bronne na Covid herlei
Die Wêreldgesondheidsorganisasie in Namibië was genoodsaak om al sy bronne aan te wend in die stryd teen Covid-19 en sake begin nou eers normaliseer. Dus is al hulle uitreik-programme, wat ook kinderinentings insluit, negatief deur die pandemie beïnvloed. Celia Kaunatjike, die WGO se gesondheidbevorderings-beampte het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Produsente het groot uitdagings gehad, produksie afwaarts gedwing
Die uitbreek van bek- en klouseer en ‘n sprinkaanplaag in sommige dele van Namibië het volgens berigte reeds aansienlike skade in die geaffekteerde gebiede veroorsaak. Boere het vanjaar laer oeste as gevolg hiervan gerealiseer. Die minister van landbou, Calle Schlettwein, het met Kosmos 94.1 Nuus hieroor gepraat.
Pfizer, Moderna stoot entstofprys op
Pfizer en Moderna het albei die prys van hulle Covid-entstof verhoog in die jongste kontrakte wat hulle met die Europese Unie onderteken het. ‘n Enkel-dosis Pfizer kos die Europese regerings nou 19 euro en 50 sent of te wel, 343 Namibiese dollar en 50 sent. Die prys is op met 4 euro. Moderna se prys […]
Rekord smelting van yslaag in Groenland
Wetenskaplikes het onthul daar was nog ‘n massiewe smelting van die yslaag in Groenland. Navorsers van die Deense regering sê dit is genoeg water om die Amerikaanse staat Florida met vyf sentimeter te kan bedek. Dié gebeurtenis Woensdag was die derde grootste verlies aan ys op ‘n enkele dag in Groenland sedert 1950. Die ander […]
Kaapse-landbou belangrike werkgewer
Agri Wes-Kaap het aangekondig die president van die unie, Villiers Loubser van Durbanville, is as president herkies terwyl Heinie du Toit van die Koue Bokkeveld weer die adjunk-president is. ‘n Boer van Malmesbury, Liam Viljoen, is ook herkies as voorsitter van Agri Wes-Kaap. Loubser sê een uit elke vyf Suid-Afrikaanse plaaswerkers is in die Wes-Kaap […]
VSA: 99% in die hospitaal is nie geënt nie
Die Amerikaanse President Joe Biden het weer ‘n beroep op Amerikaners gedoen om hulle in te ent teen Covid-19. Gevalle in die VSA neem toe, veral onder gemeenskappe wat nie ingeënt is nie. Biden voeg by dat 99 persent van alle hospitaliserings pasiënte is van nie ingeënt is nie.
Miljarde reeds bestee op Medupi
Eskom sê konstruksie by die Medupi-kragsentrale in Lephalale, Limpopo is voltooi nadat die laaste van ses opwekkingseenhede kommersiële bedryfstatus bereik het. Die koste van die projek, waarmee daar in Mei 2007 begin is, beloop tot dusver 122 miljard Suid-Afrikaanse rand. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die kragreus beplan om uiteindelik net minder as 135 miljard rand […]
VSA sal nie weer inperk nie
Amerika se voorste kundige oor aansteeklike siektes, Anthony Fauci, sê dit is onwaarskynlik dat inperkings weer in dié land ingestel sal word, ondanks die styging in Covid-19-gevalle weens die Delta-variant. Minstens 35 miljoen mense in Amerika het Covid-19-opgedoen, waarvan 613 000 dood is. Fauci sê die Delta -variant is net so aansteeklik soos waterpokkies en […]