Angola-raffinadery – daar is voordele vir ons

Die Angolese regering het ‘n openbare tender bekend gemaak vir die konstruksie van ‘n olie- raffinadery by Lobito, aan die buurand se sentrale kus. Die Angolese minister van energie, Diamantino de Azevedo, sê die tender handel meer oor belegging as vaardighede. De Azevedo sê die raffinadery sal ‘n kapasiteit van 200 000 vate per dag […]

Read More

Dagga-beleid: dit sal nog ‘n tydjie neem

Daar is steeds geen nuwe inligting in verband met die gesondheidsministerie se vraag na openbare insette na die wettiging van dagga in Namibië nie. Insette moes reeds November verlede jaar ingedien wees. Johannes Gaeseb, die registrateur van die Namibiese Medisyne Reguleringsraad sê die dokument is oorhandig aan die kabinet.

Read More

Gewapende transitoroof in hoofstad

‘n Gewapende transitoroof het vanoggend plaasgevind by die Woermann Brock-kompleks in Hochlandpark in die hoofstad. Die woordvoerder van die Namibiese polisie, Hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê lede is besig met die ondersoek en het geen inligting om bekend te maak aan die media nie. Dit is ook nie bekend hoeveel geld gesteel is nie.

Read More

Beide Beatrice en Christine is in die finaal!

Beatrice Masilingi het pas gekwalifiseer vir die 200-meter finaal in die Spele by Tokio. Sy het tweede gekom in ‘n tyd van 22,40 sekondes. Shelly-Ann Fraser-Pryce van Jamaika het gewen in ‘n tyd van 22,13 sekondes. Christine Mboma het onder die 22-sekonde-kerf ingekom met ‘n tyd van 21.97 sekondes. Sy was ook tweede. Elaine Thompson-Herah […]

Read More

Kaapse skole is geplunder

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement is ontsteld oor die voorvalle van vandalisme by verskeie skole in die provinsie. Nagenoeg 38 skole is oor die Julie-skoolvakansie beroof. Rekenaartoerusting, heinings, beligting, elektriese kabels, kos en skryfbehoeftes is van die items wat tydens die voorvalle gesteel is. Die LUR, Debbie Schäfer, doen ‘n beroep op die publiek om enige voorvalle […]

Read More

Lughawensmaatskappy hoop op beter dae

Die Namibiese Lughawensmaatskappy het groot uitdagings met beperkings op vlugte en plaaslike vlugte was ook vir vier weke onmoontlik as gevolg van die inperkings tussen die streke. Dan Kamati, woordvoerder van die maatskappy sê nou dat die inperkings gelig is en inentings vorder, is daar hoop dat die stand van sake sal verbeter.

Read More

SA-polisie het kommer oor nog geweld wanneer Zuma weer verskyn

Nog oproer word na wat berig word vir 10 Augustus beplan wanneer oud-president Jacob Zuma weer in die hof moet verskyn. Volgens media in die buurland is die polise bekommerd dat gesteelde ammunisie in nuwe aanvalle gebruik kan word. Zuma dien tronkstraf van 15 maande vir minagting van die hof uit na hy versuim het […]

Read More

BLSA loof stap op SAL-aandeel te verkoop

Business Leadership South Africa sê die verkoop van ‘n meerderheidsaandeel in die Suid-Afrikaanse Lugdiens is ‘n teken die ANC-regering is daartoe in staat om ‘n ideologiese skuif te maak wat baie gedink het onmoontlik is. Takatso Konsortium het ‘n 51 persent aandeel in SAA bekom met die regering wat 49 persent behou het. Die uitvoerende […]

Read More

PDM hou voet by stuk NV-sessie was onwettig

Die PDM-party sal saam met vyf ander opposisiepartye die heraanstelling van Paulus Noa as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie in die hof teenstaan. Die party sê die sessie van die Nasionale Vergadering was onwettig neergelê soos die sekretaris-generaal van die party, Manuel Ngaringombe verduidelik.

Read More

Ek is soos Castro – Malema

Die leier van die EFF in Suid-Afrika Julius Malema het met die media gepraat oor leierskap. Hy is gevra hoe lank hy nog sal aanbly as leier van die EFF… Hy het homself vergelyk met Fidel Castro van Kuba…

Read More