Rassie van Dussen se hondertal nie genoeg nie

Krieket: Rassie van der Dussen se honderdtal was nie genoeg om die Proteas teen Pakistan te laat wen in die eerste eendagwedstryd in Centurion nie. Van der Dussen het ‘n onoorwonne 123 bygedra tot Suid-Afrika se 273 vir ses nadat hulle eerste gekolf het. Die besoekers se Babar Azam het geantwoord met sy 13de eendag-honderdtal. […]

Read More

Baie sterftes in treinongeluk in Taiwan

. Meer as 50 mense is dood en talle is beseer nadat ‘n trein in Taiwan ‘n vragmotor getref het wat op die spore beland het. Die owerhede sê liggame was in die treinwrak vasgekeer, terwyl oorlewendes uit die vensters moes klim en op dak na veiligheid moes skarrel. Die tragedie word beskryf as die […]

Read More

Die Wêreldbank oor Covid-19 se impak

Die Wêreldbank-groep se president, David Malpass, het ‘n beroep op die wêreld gedoen om dringend geleenthede en oplossings te soek om ‘n groen, veerkragtige en inklusiewe herstel van Covid-19 te verseker. Die pandemie sal na verwagting teen die einde van die jaar tussen 55- en 63-miljoen mense in uiterste armoede dompel. Malpass sê die gesamentlike […]

Read More

Namibiese Covid-19 herstelkoers nou 94%

Die Namibiese herstelkoers vir Covid-19 gevalle staan volgens die ministerie van Gesondheid nou op 94%.Nog 237 mense is ingeënt; 198 in Windhoek en 39 aan die kus. Die totale inentings is op die oomblik 2 094..

Read More

Suid-Afrikaanse soldate in Mosambiek ontplooi

Suid-Afrikaanse soldate is in Mosambiek ontplooi om te help met die repatriasie van Suid-Afrikaners uit die noordelike dele van die land na aanvalle deur gewapende militante.Die aanvalle verlede week het gefokus op die noordelike Mosambiekse dorp Palma wat sowat 10 kilometer van ’n gasprojek van Frankryk se Total en ander internasionale maatskappye geleë is. President […]

Read More

Nog 207 nuwe Covid-19 gevalle in die land

Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 207 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Grootfontein 23,Mariental 21, Keetmanshoop 18, Rehoboth 16, Okakarara 15 en Windhoek en Walvisbaai 14 elk..Die res is landwyd versprei. Die aantal sterftes staan op 531,met 1,919 aktiewe gevalle,42,121 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 44,581

Read More

Nuwe bewerings oor Fishrot-fondse

Al Jazeera se ondersoekende eenheid in samewerking met Georganiseerde Misdaad en Korrupsie Verslagdoeningsprojek en die Namibian dagblad het glo bewysstukke wat President Hage Geingob betrek by N$4,5 miljoen van die Fishrot-fondse wat na bewering verduister is om Swapo amptenare om te koop by die party se 2017 Swapo verkiesingskongres.

Read More

Nog groepe kan nou aanmeld vir Covid-19 immunisering

Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat buiten gesondheidswerkers kan die volgende groepe nou aanmeld vir immunisering teen Covid-19. Dit sluit in,lede van korrektiewe dienste, polisie- en immigrasiebeamptes, alle personeel by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, die Walvisbaaise lughawe asook werknemers by die hawe op die kusdorp, vragmotorbestuurders, vlieëniers en langafstand busbestuurders met permanente […]

Read More

President ontbied minister Vilho vir vergadering by staatshuis

President Hage Geingob het die minister van Verdediging Peter Vilho ontbied vir ‘n vergadering Dinsdag by staatshuis oor die bewerings oor sy beleggingsrekening in Hong Kong.Dit volg na berigte dat die Aanklaer-Generaal Martha Imalwa bevestig het dat daar ‘n ondersoek gelas is oor die rekening wat deur Vilho besit word. Imalwa ondersoek volgens berigte die […]

Read More

Marcell Coetzee speler van die seisoen

Rugby:Marcell Coetzee is as die spelers se speler van die seisoen gekies na ‘n reeks uitstekende prestasies vir Ulster in die Pro14-seisoen. Hy was die voorste drie-drukker met nege drieë, en was 95-persent suksesvol met sy duikslae. Die 29-jarige speler het 30 keer vir Suid-Afrika uitgedraf. Coetzee het tydens die jongste eerbetoon sy afrigters en […]

Read More