Transito-rowers met N$1,5 miljoen skoonveld
Die verdagtes van die gewapende transito-rooftog wat omstreeks half-elf vanoggend plaasgevind het by die Woermann Brock-kompleks in Hochlandpark in die hoofstad, het met sowat 1,5 miljoen Namibiese dollar weggekom. ‘n Woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Elifas Kuwinga, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê vyf tot ses onbekende mans het die slagoffers aangeval en met […]
Dringende hofaansoek om Mango onder sakeredding te plaas
Die Mango-vlieëniersvereniging, die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging en die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika het ‘n dringende aansoek by die Suid-Gautengse hooggeregshof ingedien om die lugredery onder sakeredding te plaas. Mango het uiteindelik gereageer op sy dringende aansoek wat Dinsdag aangehoor word. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het ook versoek dat die hof Ralph […]
Namibiërs wag steeds op AstraZeneca
Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidministerie, Ben Nangombe, het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om nie paniekerig te raak om met hul tweede dosis van AstraZeneca-entstof ingeënt te word nie. Hy het gesê sowat 70 000 mense wag vir hul tweede dosis en dat hul wagtydperk al verby is. Nangombe sê volgens data van […]
David Mabuza keer Woensdag uit Rusland terug
Die Suid-Afrikaanse Presidensie het bevestig adjunkpresident David Mabuza sal Woensdag in Suid-Afrika aankom nadat hy sedert Junie in Rusland mediese behandeling ontvang het. Hy sou oorspronklik net ‘n paar dae weg wees, maar dit het weke geword. Mabuza se kantoor het aan Eyewitness News gesê dit gaan goed met hom en hy beplan reeds sy […]
Twee Namibiese melkprodusente tree uit
Die skrif is aan die muur vir die Namibiese suiwelbedryf met nóg twee produsente wat hul uittrede aangekondig het. Hulle is Kokkie Adriaanse, voorsitter van die Suiwelprodusentevereniging en Christo Strydom, ‘n bestuurslid. Daar bly nou slegs sewe melkprodusente oor, Namibia Dairies se superfarm by Mariental ingesluit. In 2000 het die bedryf nog sterk gestaan op […]
Goeie vooruitsigte vir witmielies
Witmielies is een van Namibië se stapelvoedselgewasse vir menslike gebruik. Vanweë die goeie reën het Namibië 66 641 ton witmielies gedurende 2020 geoes, terwyl ’n soortgelyke oes vir 2021 verwag word. Witmielieprodusente dra sowat 338 miljoen Namibiese dollar by tot die ekonomie, met plaaslike produksie wat invoer deels vervang. Om te diversifiseer en ’n groter […]
San-gemeenskappe in Noordooste kry swaar
Die langdurige droogte, brande en die Covid-pandemie is nie die enigste faktore wat die San-gemeenskappe in die Noordooste hard slaan nie. Omliggende boere rig onwettig heinings op en laat hul vee in die kommunale bewaringsgebiede van die San wei. Die vee vreet nie net die weiding en voer van die San se vee op nie, […]
Mianmar se militêre heerser is nou eerste minister
Mianmar se militêre heerser Min Aung Hlaing het die rol van eerste minister oorgeneem en het onderneem om in 2023 ‘n verkiesing te hou. Die weermag het ses maande gelede die burgerlike regering oorgeneem nadat dit die verkiesingsoorwinning van Aung San Suu Kyi in die land as bedrog bestempel het. Die staatsadministrasieraad was sedertdien in beheer en ‘n waarnemende regering sal nou oorneem. ‘n Groep […]
Ramaphosa volgende week voor staatskapingskommissie
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal volgende week sy getuienis voor die staatskapingskommissie hervat. Die kommissie het die datums vir 11 en 12 Augustus bepaal. Die kommissie sê in ‘n verklaring Ramaphosa sal eers sy getuienis in verband met die ANC voltooi in sy hoedanigheid as oud-adjunkpresident en nou as president van die party. Daarna sal hy getuienis […]
FlyWestair vlieg ook Rundu, Katima Mulilo toe
FlyWestair het twee nuwe bestemmings, naamlik Rundu en Katima Mulilo tot hul vlugskedule vanaf die Eros-lughawe in die hoofstad bygevoeg. Twee weeklikse vlugte sal vanaf 24 Augustus tussen Rundu en Windhoek plaasvind, asook drie weeklikse vlugte vanaf 25 Augustus tussen Katima Mulilo en Windhoek. FlyWestair se plaaslike vlugskedule bied vyf weeklikse vlugte tussen Eros-lughawe en […]