Geestelike ondersteuning broodnodig vir leerders, onderwysers
Die Covid-pandemie is ‘n wêreldwye noodtoestand. Met Namibiese leerders wat Woensdag weer teruggaan skool toe, is daar uitdagings vir beide leerders en onderwysers. Talle sal sielkundige ondersteuning nodig hê, maar hoe word iemand wat sulke hulp nodig het, geïdentifiseer? ‘n Psigiater in die Namibiese gesondheidsministerie, dr. Lahija Amunjela verduidelik.
Geingob vier sy 80ste verjaarsdag
Die Namibiese President Hage Geingob verjaar vandag en is 80 jaar oud. Hy is die derde president van Namibië. Geingob was die eerste eerste minister van die land vanaf 21 Maart 1990 tot 28 Augustus 2002, en weer daarna vanaf 4 Desember 2012 tot 21 Maart 2015. Visepresident Nangolo Mbumba wens Geingob ‘n geseënde verjaardag […]
Rekord hittegolf in Griekeland
Griekeland beleef sy ergste hittegolf in drie dekades met brandbestryders wat spook om twee reuse-wegholfbrande op onderskeidelik die Peloponesos-skiereiland en die eiland van Rhodes te blus. Die kwik kan straks tot 45 grade Celsius klim. Intussen is amper al die veldbrande in Turkye, waarin agt mense dood is, is in bedwang gebring, berig internasionale media.
N$6,1m se perlemoen gevind, verdagtes verskyn in Oos-Kaap
Vyf vermeende perlemoenstropers gaan na verwagting in die hof in Gqeberha in die Oos-Kaap verskyn op aanklagte onder die Wet op Lewende Seelewe-bronne. Hulle het ‘n voorbereidingsaanleg vir visprodukte sonder ‘n permit bedryf. ‘n Woordvoerder van die polisie sê die gekonfiskeerde perlemoen weeg 3,2 ton met ‘n verkoopwaarde van meer as 6,1 miljoen Namibiese dollar. […]
The Qualities of the Ukrainian Better half – 4 Important Personality You Should Look For
There are many attributes of a Ukrainian woman that men want to possess in their wives. However, many of these attributes of Ukrainian women will be rather difficult to find. There are several reasons for this. For starters, the government would not provide virtually any public information regarding the legal status and city status of […]
A Happy Romanian Committed Woman
What makes a Romanian committed girl happy? In spite of the country’s insufficient LGBTI legal rights, many women realize that being committed in Romania is https://79.170.40.163/learners.edu.np/?p=6229 a very wholesome experience. They are at ease with the lives that they have produced and often experience good friends who also speak English. Unlike most women in the […]
DA stel ondersoek in na gewapende rooftog by polisiekantoor
Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap gaan môre ‘n oorsigbesoek bring aan die Tsineng-polisiekantoor in die Joe Morolong-gebied. Gewapende rowers het Saterdag toegeslaan en die polisiekantoor beroof. ‘n Polisiebeampte is aangehou terwyl verdagtes ‘n groot hoeveelheid wapens en ammunisie gesteel het. ‘n DA-woordvoerder, Ofentse Mokae, sê polisiekantore se veiligheid moet onder die loep kom.
Stad Tshwane het nou 38 Covid-inentingsterreine
Die Stad Tshwane het nog sewe terreine vir inenting teen Covid-19 by die bestaande lys gevoeg om so die inenting van alle mense wat nou daarop geregtig is, ingrypend te versnel. Die jongste byvoegings bring die totale getal op 38 te staan. Die stad het nog ‘n weeklikse daling van meer as twee duisend aktiewe […]
AgriBusDev se herstrukturering op die tafel
Die Namibiese kabinet gaan volgende week die herstruktureringsproses van die beleërde AgriBusDev met die oog op voedselsekuriteit in die land bespreek. Oor die jare heen was AgriBusDev in omstredenheid gedompel met beweringe van korrupsie en wanbestuur. Die minister van staatsondernemings, Leon Jooste, het aan plaaslike media gesê die herstrukteringsproses sal by die volgende vergadering van […]
Sentraal-Namibië se damme 79% vol
Damme vir Sentraal-Namibië is gesamentlik 79 persent vol met die Von Bachdam wat die laagste is op 62,7 persent. Gobabis se damme is gesamentlik 35,2 persent vol teenoor verlede week se 36 persent. Van die Suide se damme is nog byna propvol met die Neckartaldam wat 96,9 persent vol is, die Nautedam 93,3 persent en […]