Inenting skiet op in Gauteng
Gauteng se Departement van Gesondheid sê hy is verheug oor inwoners se positiewe reaksie op die besluit om mense ook oor naweke teen Covid-19 in te ent. Die provinsiale regering het die aantal openbare inentingspersele sedert die naweek van vier tot 17 verhoog. Die meeste hiervan is in die Tshwane-gebied, waar nege terreine bedryf word. […]
120 SA-prokureurs in drie jaar geskors
Die Suid-Afrikaanse Raad vir Regspraktisyns het aangekondig dat hy die afgelope drie jaar bykans 130 regspraktisyns van die rol geskrap het. Nagenoeg 120 prokureurs is ook in dié tyd geskors. Sthembiso Mnisi van die raad sê die raad mag ingevolge die Wet op Regspraktisyns teen regspraktisyns optree om sodoende die publiek teen wangedrag te beskerm:
Haufiku sê ons moet uiters versigtig wees vir stygende getalle
Dr. Bernard Haufiku, die voormalige Namibiese gesondheidsminister, sê alhoewel Covid-hospitaliseringsgevalle besig is om af te neem, beteken dit nie Namibiërs op hul louere moet rus nie. Hy sê met skole wat môre begin, bestaan die gevaar dat leerders die virus verder kan versprei. Haufiku het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Derde Capitol Hill polisiebeampte pleeg selfmoord
‘n Derde polisiebeampte wat op 6 Januarie opgetree het tydens die aanval op die Amerikaanse Kongresgebou, het sy eie lewe geneem. Internasionale media berig dat Gunther Hashida Donderdag in sy huis dood aangetref is. Hy het 18 jaar by die Washingtonse polisie gewerk. Hashida se dood is sover bekend die derde selfdood wat volgens wetstoepassers […]
Van 100 onwettige inwoners tot 4 000
Die nuwe dorpsraad van Rundu het nou die uitdaging om die onwettige Tumweneni nedersetting uit te sorteer. Die vorige bestuur van die dorp het sedert June 2018, toe ongeveer 100 mense hulle onwettig net buite die dorp gevestig het, geen aksie geneem nie. Tans is daar meer as 4 000 in die onwettige nedersetting. ‘n […]
Leerders gaan môre terug hok toe
Namibiese leerders landwyd keer môre terug skool toe na die lang wintervakansie. Die Covid-pandemie het ‘n erge impak op die akademiese jaar gehad, maar dit is nou die tyd wat hulle hul sokkies moet optrek, want daar is baie agterstallige werk om in te haal. Edda Bohn, die adjunk uitvoerende direkteur in die Namibiese onderwysministerie […]
Hou meisies op skool
Geleerdheid speel ‘n sleutelrol in die opheffing van vroue, maar duisende jong meisies is nie in die skool nie en word gereeld ontmoedig om te leer. Armoede, kulturele norme, geslagsdiskriminasie en geslagsgeweld is van die struikelblokke wat vandag tussen tienermeisies en onderrig staan. Save The Children se raadgewer oor geslag en geslagsgeweld, Nakhungu Magero, sê […]
Rassie is van wangedrag aangekla
Suid-Afrika se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, en SA Rugby is van wangedrag aangekla en moet voor ‘n onafhanklike tugkomitee verskyn. Dit volg op Erasmus se uitsprake oor die wedstrydbeamptes se hantering van die eerste toets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus. Erasmus het verlede week in ‘n video verskeie teenstrydighede tydens […]
Sewe opposisiepartye gaan hof toe oor Noa en kie
Plaaslike media berig dat die Independent Patriots for Change nie by sewe ander opposisiepartye sal aansluit om die prosesse wat gebruik is vir die heraanstelling van Paulus Noa in die hof uit te daag nie. Na verwagting sal die PDM, die LPM, die RDP, die All People’s Party, die Namibian Economic Freedom Fighters, die RP […]
Individue leen meer as besighede
Die jongste syfers vir privaatsektor kredietverlening is bekend. Net meer as 300 miljoen Namibiese dollar is in Junie vanjaar geleen wat die kumulatiewe waarde van die lenings op 105,31 miljard Namibiese dollar te staan bring. Op ‘n jaargrondslag het kredietverlening aan die privaatsektor met 2,55 persent toegeneem. Ook op ‘n jaargrondslag het individue 2,62 miljard […]