Minstens 8 dood in Turkse brande

Minstens agt mense is dood in die verwoestende bosbrande wat steeds in Turkye woed. Duisende mense moes hul huise verlaat en toeriste is per boot van strande na veiligheid geneem. Daar word berig dat sewe brande gister aangeblaas is deur sterk wind te midde van temperature bo 40 grade Celsius en ‘n lae humiditeit. Sestien […]

Read More

Weskusblomme blom…

SANParke sê die Weskus het vanjaar goeie reën gehad en hierdie jaar se blommeseisoen behoort skouspelagtig te wees. Die bestuurder van die Weskus Nasionale Park, Pierre Nel, sê die uiters beskermde Postberg-blomreservaat in die park sal tot 30 September oop wees. Nel sê die algemene gedeelte van die park is sowat ‘n uur se ry […]

Read More

Voertuigverkope in SA het uitdagings met Covid, onluste

Volgens data van die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers, Naamsa, het die Suid-Afrikaanse motorbedryf verliese van meer as 3 miljard Suid-Afrikaanse rand gely weens die onlangse plundering in KwaZulu-Natal en Gauteng, en die kuberaanval op Transnet. Dit word toegeskryf aan skade, verlore verkoopsgeleenthede, die kansellering van nuwe ontwikkelings, asook minder in- en uitvoere en vlak vier-inperking. […]

Read More

Suid-Afrikaners bekommerd oor misdaad, meer as korrupsie

Die meerderheid Suid-Afrikaners is steeds meer bekommerd oor misdaad as enigiets anders. Dit was die bevinding van ‘n meningspeiling deur BrandMapp onder 30 000 Suid-Afrikaners in die middelinkomste-groep oor bekommernisse wat hulle slapelose nagte besorg. Korrupsie is tweede op die lys. Die direkteur van storievertelling by BrandMapp, Brandon de Kock, sê angstigheid oor misdaad en […]

Read More

Pandemie het 156 miljoen kinders uit skool gehou

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres sê die wêreld is in die middel van ‘n opvoedingskrisis. Volgens hom, is daar 156 miljoen skoolkinders wat internasionaal steeds nie kan terugkeer skool toe nie omdat skole nog gesluit is. Hy voeg by dat 25 miljoen leerders verlore sal gaan regoor die wêreld. Verlede jaar het […]

Read More

N$2m in kontant gebuit by huis in Noorde

Die Namibiese polisie in die Noorde het bevestig dat ‘n inbraak by die huis van die voormalige media-attaché van die Namibiese ambassade in China, Johannes Nakaambo plaasgevind het. Nakaambo is nou ‘n besigheidsman in die Noorde. Die verdagtes, wat volgens berigte in Covid beskermingstoerusting geklee was het weggekom met 2 miljoen Namibiese dollar in kontant. […]

Read More

Numsa sê vandag oor loonaanbod in ingenieursektor

Die buurland se metaalwerkers-vakbond, Numsa, sal vandag op die skikkingsvoorstel reageer wat verteenwoordigers van werkgewers in die ingenieursektor op die tafel geplaas het. Die vakbond is in ‘n loongeskil gewikkel met drie werkgewersverenigings oor loonverhogings in die Ingenieursbedingingsraad. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die raad verteenwoordig meer as 4 300 werkers in ondernemings landwyd:

Read More

Afrika is uitverkoop met Israel se waarnemerstatus hier

Daar word beweer dat Moussa Faki Mahamat, voorsitter van die Afrika-uniekommissie, Afrika pas uitverkoop het met sy besluit van verlede week om Israel waarnemerstatus by die Afrika-blok eensydig te verleen, sonder konsultasie met Afrika-lidlande. Dit is die siening van sommige Afrika-state. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder, dr. Charles Sinkala, gepraat oor sy […]

Read More

AZ-spuite: 6 weke vertraging nog in orde

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie Ben Nangombe het aan plaaslike media gesê dat die jongste syfers van die Wêreldgesondheidsorganisasie aandui dat die tydperk tussen die eerste en tweede AstraZeneca inspuitings tot ses weke nog kan vertraag word. Daar is ongeveer 70 000 Namibiërs wat wag op hulle tweede spuit van die entstof en […]

Read More

Almal in Wuhan word vir Covid getoets

Die Chinese stad Wuhan gaan al sy inwoners vir Covid-19 toets nadat gevalle van die siekte vir die eerste keer ná meer as ‘n jaar aangemeld is. Sewe gevalle waar die virus in die stad oorgedra is, is onder migrasiewerkers gediagnoseer. Wuhan het ‘n bevolking van 11 miljoen mense. In China is 61 nuwe gevalle […]

Read More