Dwelm-misdade loop oop die naweek

Volgens die Namibiese polisie was daar verskeie gevalle die afgelope Paasnaweek waar verdagtes met dwelms en verwante onwettige middels in hulle besit betrap is. Hoof Inspekteur Elifas Kuwinga van Nampol het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Kahn is eers uit…

Pakistan se veelsydige Shadab Khan sal nie verder in die eendag en T20-wedstryde teen die Proteas in Suid-Afrika speel nie. Khan sal ook nie deel wees van die toer na Zimbabwe nie. Hy het ‘n ernstige toonbesering opgedoen wat hom vir sowat ‘n maand buite aksie sal stel

Read More

Duitsland inentings vorder

Die Duitse Minister van Gesondheid, Jens Spahn, het bekendgemaak dat 20% van die Duitse bevolking teen begin Mei reeds teen die korona-virus ingeënt behoort te wees. Dit het volgens Spahn die land drie maande geneem om die eerste 10% van sy bevolking teen die virus in te ent. Duitsland het die afgelope tyd ‘n merkbare toename in nuwe Covid-19 […]

Read More

Carl Niehaus weet niks van planne om Suid-Afrika tot stilstand te bring nie

Die ANC se sogenaamde radikale ekonomiese transformasie-groep in Gauteng, onder leiding van Carl Niehaus, ontken dat hulle beplan om die buurland tot stilstand te bring. Berigte lui dat sommige lede van die Umkhonto weSizwe Militêre Veterane ontevrede is oor die tydperk van 30 dae wat die sekretaris-generaal, Ace Magashule, en ander beskuldigdes van korrupsie ontvang […]

Read More

Mosambiekse weermag in skermutseling met militante groepe

Die situasie in Palma in die noorde van Mosambiek bly gespanne nadat die land se veiligheidsmagte bekendgemaak het dat ‘n beduidende getal Islamitiese-aanvallers in skermutselings met Mosambiekse magte dood is.Groot getalle mense wat uit hulle huise gevlug het na aanvalle van die militante groepe sukkel nou om huisvesting,gesondheidsorg en kos te kry. Die Wêreldvoedselprogram is […]

Read More

Swaar verkeer op hoofroetes van die land

Swaar verkeer word op die oomblik op van die hoofroetes in die land ervaar met mense wat terugkeer huistoe na die Paasnaweek.Die roetes van die kus en die noorde na die hoofstad is op die oomblik baie besig soos Shaun Naude van Marshall Rangers berig.Shaun Naude Maandag twee

Read More

Duisters neem glo baie honde aan oor Covid-19 inperking

Sedert die begin van die Covid-19-pandemie stroom Duitsers in rekordgetalle na troeteldierwinkels en diereskuilings in Duitsland om honde aan te neem. Volgens berigte hoop mense ‘n viervoetige vriend kan help om eensaamheid te verlig. Met skole in Duitsland wat vir die grootste deel van 2020 gesluit was, het ouers honde opgeraap as ‘n manier om […]

Read More

Winste op kriptobates dalk belasbaar

Suid-Afrikaanse belasting betalers moet volgens berigte uit die buurland bewus wees daarvan dat winste en opbrengste uit kriptogeldeenhede in Jan Taks se visier is. Kenners het bekendgemaak dat verskeie individue reeds ouditversoeke van die belastinggaarder in die buurland gekry het oor hulle beleggings in kriptobates.

Read More

Situasie in Palma in Mosambiek steeds gespanne

Die situasie in Palma in die noorde van Mosambiek bly gespanne en groot getalle mense wat uit hulle huise gevlug het na aanvalle van miltante groepe sukkel nou om huisvesting en kos te kry. Die Wêreldvoedselprogram is besig met hulp in die verband. Shelley Thakral van die program het met die media in Palma oor […]

Read More

Minister van verdediging na staatshuis ontbied oor sy Hong Kong rekening

Die Namibiese Minister van Verdediging,Peter Vilho, vergader waarskynlik môre met president Hage Geingob by staatshuis oor die bewerings oor sy beleggingsrekening in Hong Kong.Dit volg na berigte dat die Aanklaer-Generaal Martha Imalwa bevestig het dat daar ‘n ondersoek gelas is oor die rekening wat deur Vilho besit word. Vilho het glo nie sy belegging in […]

Read More