Hage bly! – PLAN-veterane

Die Plan-veterane het President Hage Geingob verdedig en volgens berigte lede van die opposisie gewaarsku dat hy nie uit sy amp verwyder sal word nie. Die President van die Namibiese Nasionale Vryheidsveterane Vereniging Ben Shikongo sê Geingob sal oor hulle dooie liggame verwyder moet word. Hy is van mening dat leiers en ouderlinge herhaaldelik beledig word en dat die gedrag onmiddellik gestaak moet word. Hy […]

Read More

Verslag is ingedien – gesondheid

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid dring daarop aan dat hy wel sy verslag oor sy besteding van 727 miljoen Namibiese doller noodbegroting vir Covid aan die Kantoor van die Ouditeur-Generaal oorhandig het. Die Ouditeur-Generaal Junias Kandjeke sê hy het niks ontvang nie. Die ministerie se Uitvoerende Direkteur Ben Nangombe het reeds in Februarie aangekondig dat […]

Read More

Noble, Azhar weer in die hof

Grant Noble, 36 jaar oud en Dinath Azhar, 62, die twee inwoners van Walvisbaai wat daarvan beskuldig word dat hulle amper 206 miljoen Namibiese doller se kokaïne deur Namport probeer insmokkel het, sal weer vandag voor Regter Orben Sibeya in die Windhoek Hoërhof verskyn. Die verhoor sal vandag begin Noble en Azhar is op 15 […]

Read More

Chauvin het prosedures oortree

Die Polisiehoof van Minneapolis, Medaria Arradondo, het getuig die geweld wat die voormalige polisiebeampte Derek Chauvin teen George Floyd gebruik het, was strydig met die stad se polisiebeleid. Chauvin staan tereg vir die moord op Floyd, maar het skuld ontken op al die klagte teen hom. Daar word berig dat die polisiehoof het Chauvin en […]

Read More

Baba weggegooi in Suide

Die Namibiese polisie sê dat ‘n ontbinde liggaam van ‘n baba in ‘n verlate huis in Aussenkehr gevind is. Die voorlopige ondersoek toon dat die kleintjie moontlik 4 of 5 maande oud was. Daar is tans geen verdagte in die saak nie en die baba se liggaam is vervoer na Rosh Pinah vir ‘n nadoodse ondersoek. 

Read More

Verskeie ernstige, noodlottige ongelukke

Roetes regoor die land was die afgelope Paasnaweek besig met swaar verkeer veral op die roetes na die kus en die noorde. Volgens die Namibiese verkeersowerhede was daar verskeie ernstige en noodlottige motorongelukke. Vir die jongste sluit ons aan by Adjunk Kommissaris Amalia Gawanas, Hoof van die Verkeersafdeling by Nampol.

Read More

Putin: president vir ewig?

Die Russiese President Vladimir Putin het wetgewing onderteken wat hom formeel die reg sal gee om tot 2036 aan bewind te bly. Die wet is ná verlede jaar se referendum reeds deur die Parlement goedgekeur. Die 68-jarige Putin, wat reeds 20 jaar as president gedien het, kan na sy vierde termyn, wat in 2024 eindig, nog twee keer […]

Read More

Brittanje sal in Mei vlugte hervat

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, sê Brittanje is vol hoop dat hulle van 17 Mei af weer vlugte wêreldwyd sal kan hervat. Die land sal van volgende Maandag af Covid-19 inperkingsmaatreëls begin verslap. Dit sluit in die heropening van winkels, gimnasiums en kroeë. Meer as 126 000 mense is tot dusver in Brittanje aan […]

Read More

Reaksie op Vilho se vergadering met Geingob

Reaksie word ontvang oor die Namibiese Minister van Verdediging, Peter Vilho, wat waarskynlik vandag met President Hage Geingob by Staatshuis gaan vergader oor die bewerings oor sy beleggingsrekening in Hongkong. Dit volg na berigte dat die Aanklaer-Generaal Martha Imalwa bevestig het dat daar ‘n ondersoek gelas is oor die rekening veral in verband met ‘n […]

Read More

Vermeende moordenaar van kinders kom in Nam aan

Die Namibiese vrou wat daarvan aangekla word van die moord van haar twee kinders in Etiopië verlede jaar, het volgens berigte in Namibië aangekom, vergesel deur 2 Etiopiese polisie beamptes. Kristofina Amutenya is sedert haar arrestasie in Desember in aanhouding. Sy het na wat beweer word haar twee kinders, 9 en 3 jaar oud vermoor. Sy is die eggenoot […]

Read More