Pandemie het verwoestende uitwerking op lugvaart gehad
Die Internasionale Lugvervoervereniging, Iata, sê 2020 was een van die swakste jare op rekord vir lugvervoer tydend die Covid-19-pandemie. Linden Birns, die skakelbeampte vir Iata in Afrika Suid van die Sahara, het die syfers met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Covid: Namibië het 112 onderwysers verloor
Die Namibiese Nasionale Onderwysersvakbond, Nantu, het ‘n beroep op alle onderwysers in die land gedoen om die Covid-inenting te neem. Sedert Covid in Namibië aangekom het, is 112 onderwysers reeds aan die virus dood. Loide Shaanika, die vakbond se sekretaris-generaal sê onderwys is hard getref deur die pandemie, veral tussen Junie en Julie met honderde […]
ANC-regering moet skoolvoeding weer instel
Die studente-organisasie Cosas in Limpopo in die buurland sê hy beplan om na die provinsiale kantore van die SABC op te ruk in ‘n poging om die regering te dwing om aan hulle eise gehoor te gee. Die provinsiale sekretaris, Scalo Mahladisa, sê hulle eis dat die Departement van Basiese Onderwys sy besluit omkeer om […]
Skole is oop en ons weet alles is nie 100% in plek nie – Steenkamp
Met skole wat vandag weer oopgemaak het vir fisiese klasbywoning het die Namibiese onderwysministerie gesê dat hulle weet dat daar steeds verskeie uitdagings sal wees. Daar is ook kommer oor die geesteswelstand van leerders en onderwysers. Sanet Steenkamp die uitvoerende direkteur het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
LPM wen in hooggeregshof
Die LPM-party se leiers Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb het hulle appèl teen die speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi se verbod op hulle teenwoordigheid in die kamer gewen. Die party se woordvoerder, Joyce Muzengua, sê dis ‘n oorwinning vir die reg van die publiek.
Tydelike opheffing van 72-uur toetsreël by grenspos
Na vragmotor bestuurders die Ariamsvlei grenspos met ‘n staking gesluit het, het die grens gesondheidsowerheid ‘n tydelike opheffing van die bepaling dat alleenlik ‘n 72-uur oue Covid-toets geldig is, aangekondig. Die bestuurders wil terugkeer na die sewe-dag bepaling omdat dit nie net duur is nie, maar ook logistieke bemoeilik omdat die toetsuitslag ook eers na […]
Gesteelde vraghouer met ammunisie laat nog vrae ontstaan
Die kommissaris van polisie in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, sê die skeepsvraghouer wat glo met 1,5 miljoen rondtes ammunisie daarin gesteel is, is vroeër toegang tot die land by die Durbanse hawe geweier. Die houer was glo hoog bo die grond opgestapel wat geloofwaardigheid aan die bewering gee dat die depot met voorbedagte rade geteiken is. […]
Lühl-egpaar moet wag tot Oktober
Die Namibiese hoërhof regter Thomas Masuku het uitspraak in die aansoek van Phillip Lühl en sy man Guillermo Delgado vir Namibiese burgerskap vir hulle minderjarige seun Yona te kry uitgestel tot 13 Oktober vanjaar. Die saak sloer reeds sedert 2019. Lühl is ‘n Namibiese burger en sy man, Meksikaans. Yona is deur middel van ‘n […]
WGO kort US$11,5 miljard
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het volgens berigte 11,5 miljard Amerikaanse dollar nodig om die verspreiding van die Delta-variant van Covid te bekamp. Daar is regoor die wêreld tekorte aan befondsing aan verskeie organisasies wat in talle sektore werksaam is. Die WGO sê van die fondse is 7,7 miljard Amerikaanse dollar nodig vir suurstofverskaffing, toetse en gesigmaskers en […]
Regter sê vandag oor Zuma se verweer-aansoek
Regter Piet Koen van die Pietermaritzburgse Hooggeregshof gaan na verwagting vandag partye inlig of oud-president Jacob Zuma se verweer-aansoek om vrygespreek te word van korrupsie-aanklagte, virtueel of in-persoon aangehoor gaan word. Zuma, wat tans tronkstraf van 15 maande uitdien, se aansoek begin aanstaande Dinsdag. Die voormalige president het aangevoer daar is nie enige wetlike regverdiging […]