Verskeie WBO titels op die spel die naweek

Daar is lekker boks die naweek in die hoofstad met die derde Together as One toernooi wat deur die Sunshine Boksakademie aangebied word. Verskeie WBO-titels sal op die spel wees soos Nestor Tobias, Stigter van die Sunshine akademie verduidelik…

Read More

Leerders het tans angs, en eksamens is op pad

Die Namibiese Nasionale Studente Organisasie Nanso, het sy kommer uitgespreek oor die huidige stand van sake by skole regoor die land met roterende skoolbywoning en ander uitdagings as gevolg van Covid. Dylan Mukoroli, die organisasie se Woordvoerder sê leerders ervaar op die stadium hoë vlakke van angs, veral met die pandemie… en dat hulle nie […]

Read More

WGO sê AstraZeneca goedkeuring sal bly

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy sal nie sy goedkeuring van die AstraZeneca entstof aanpas nie. Die WGO is van mening dat die voordele om die entstof te vat, baie hoër is as die risiko. Die instansie sê hy monitor data, veral die jongste inligting oor bloedklonte en sal teen laaste Donderdag sy jongste evaluasie oor die […]

Read More

Vilho bedank na ondersoek

Die Namibiese Minister van Verdediging Peter Vilho het bedank. Vilho het gister ontmoet met President Hage Geingob na hy verskeie male die nuus gehaal het oor ongerymdhede met die weermag se kommersiële onderneming, August 26 Holdings, sowel as ‘n onverklaarde beleggingsrekening in Hongkong met ‘n waarde van 3,4 miljoen Namibiese doller. Die Aanklaer-Generaal Martha Imalwa […]

Read More

MTC staan Tsumkwe skool by

MTC het begin met die konstruksie van 6 nuwe klaskamers en 2 stoorkamers vir die Omatako Laerskool in die Tsumkwe Kiesafdeling. Dit vorm deel van die maatskappy se Landelike Skole Projek waar geteikende skole in landelike gebiede klaskamers en infrastruktuur ontvang. Volgens die maatskappy se Bestuurder vir Korporatiewe Aangeleenthede John Ekongo, is meer as 1,2 miljoen Namibiese doller reeds aan […]

Read More

NHE in sop sê bestuur

Die Namibiese Behuisingsonderneming se bestuur sê sou stelsels nie dringend aangepas word nie, sal die onderneming groot uitdagings beleef en kan moontlik geen toekoms hê nie. Die staatsbeheerde maatskappy is verantwoordelik vir die verskaffing van bekostigbare behuising maar bestuur by die NHE soos hy bekendstaan, sê oudits word nie uitgevoer nie, daar is geen toegang […]

Read More

Daar word verwag dat gevalle sal toeneem…

Dit was ‘n baie besige Paasnaweek en owerhede het kommer oor ‘n toename in Covid-gevalle oor ongeveer 2 weke. Dit was die geval net na die plaaslike owerheid verkiesings in November verlede jaar en weer na die Desember vakansie. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het dit so verwoord.

Read More

Meatco het nog nie Botswana bees ontvang nie

Die Namibiese Vleisraad sê meer as 1 300 bees uit Botswana het reeds in die land aangekom by plaaslike abattoirs. Die Ministerie van Landbou het die skema bekend gestel om tekorte aan slagdiere aan te vul en te verseker dat daar voldoen kan word aan uitvoer kwotas. Ros Hamukuaja Thobias, Woordvoerder van Meatco het aan […]

Read More

2017 Swapo kongres was ‘n skande – Nahas

Reaksie word ontvang op berigte dat die Namibiese Minister van Justisie Sacky Shanghala 4,5 miljoen doller van die sogenaamde Fishrot-fondse gebruik het om Swapo lede tydens die 2017 kongres om te koop om te verseker dat President Hage Geingob in sy amp bly. Daardie kongres het die nuus gehaal omdat die twee Swapo faksies, Span […]

Read More

Passasier-syfers is belowend

Die Namibiese Lughawens Maatskappy sê die syfers van reisigers is belowend en dat die Paasnaweek ook goed vertoon het. Volgens die maatskappy se Woordvoerder Dan Kamati, is hulle positief oor ‘n toenemende hoeveelheid passasiers.

Read More