Grondbesetting: Stadspolisie sal kom

Stad Windhoek het weer ‘n waarskuwing aan inwoners gerig wat onwettig grond in die hoofstad beset. Die munisipaliteit het gereageer op vrae oor lede van die gemeenskap wat sedert verlede week erwe afbaken in die Thomas Hainyeko kiesafdeling. Die Stad se woordvoerder Harold Akwenye het aan plaaslike media bevestig dat die stadspolisie steeds opdrag het […]

Read More

Cyril kan nie korrupsie bekamp nie – Vavi

Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie SAFTU het sy standpunt herhaal dat die geskorste minister van gesondheid, Zweli Mkhize, afgedank moet word. Die Spesiale Ondersoek-eenheid het die minister verbind met die omstrede kontrak van 150 miljoen Suid-Afrikaanse rand met die maatskappy Digital Vibes. SAFTU se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, sê die versuim om die kwessie ná etlike weke op […]

Read More

Skole sukkel met Covid-maatreëls

Namibiese skole het weer oopgemaak en aangesig-tot-aangesig-klasse is weer in volle swang. Die sekretaris-generaal van die Namibiese onderwysvakbond, TUCNA, Mahongoro Kavihuha, is tans in die Noorde en het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy is bekommerd oor die verwarring wat onder leerders van hoër grade heers wat klasse ten volle moet hervat asof die pandemie […]

Read More

Sekere skole het nie oopgemaak nie

Die Omuhonga Gekombineerde Skool buite Okangwati in die Kunene-streek het weens konstruksie en opgradering aan die skool nie gister soos ander Namibiese skole oopgemaak nie. Volgens die skoolhoof, Kavano Kakuva, sal die opening van die skool met ten minste drie weke vertraag word. Talle ander skole regoor die land ervaar ook uitdagings.

Read More

Hongkong Sewes weer afgestel

Die sewestoernooi wat in November in Hongkong sou plaasvind, is wéér weens die Covid-19-pandemie gekanselleer. Dit het verlede jaar ook nie plaasgevind nie. Die vrouetoernooi in Parys is ook afgelas. Wêreldrugby sê die besluit volg weens die onsekerheid oor reisbeperkings en ander gevolge van die pandemie. Die organisasie sê die gesondheid en welsyn van die […]

Read More

Relationship Tips — How to Win a Handmade Bride’s Heart

If you are looking to marry http://www.d1048604-5.blacknight.com/online-dating-services-tips-for-starters-finding-that-special-someone-you-could-have-been-searching-for-the-purpose-of/ a Baltic girl, there are several things you should consider. Main things you should do is certainly learn all sorts of things you may about her. Whether it’s her culture or perhaps country of origin, you’d know what to be able to and points to avoid. Here are […]

Read More

Brand woed in Dordabis-omgewing

‘n Brand wat in die Dordabis-omgewing woed, word deur die wind aangedryf. Lede van die weermag het opgedaag om die boere in die omgewing teen die weghol-brand te help nadat die vuur oor die Stinkwaterpad gespring het. Johan Kotzé, bestuurder van Marula Game Ranch in die Dordabis-omgewing, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die brand […]

Read More

Gekaapte vragskip verlate aan kus van Verenigde Emirate gevind

Die Asphalt Princess, die vragskip wat in die Golf van Oman gekaap is, is verlate aan die kus van die Verenigde Arabiese Emirate gevind. Volgens internasionale media het die Britse vloot gesê die skip is veilig. Dit het aanvanklik in die rigting van Iran gevaar.

Read More

SA akteur se vyf moordenaars lewenslank tronk toe

Die vyf moordenaars van die Rhythm City-akteur, Dumisane Masilela, is in die Pretoriase hooggeregshof elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Masilela is in Augustus 2017 tydens ‘n kapingspoging in Tembisa aan die Gautengse Oos-Rand geskiet en is later die dag in die hospitaal dood. Die hof het die vyf skuldig bevind aan moord, ontvoering en die […]

Read More

Sakereddingstaakspan wil besighede, werksgeleenthede red

Die Covid-pandemie het wêreldwyd besighede hard geslaan en Namibië is nie ‘n uitsondering nie. In Junie het die Namibiese President Hage Geingob ‘n sakereddingstaakspan van elf lede aangestel om werksgeleenthede te red en besighede kop bo water te laat hou. Thinus Prinsloo, die voorsitter van die taakspan, sê wat is hulle mandaat. Prinsloo verduidelik wat […]

Read More