Finansiële Intelligensiesentrum het skoon oudit
Die Bank van Namibië het vanoggend die 2020-2021 jaarverslag van die Finansiële Intelligensiesentrum bekendgestel. Die sentrum, wat een van die belangrikste instansies in die land is wanneer dit kom by die monitering van transaksies tussen bankrekenings, het ‘n skoon oudit ontvang. Zenobia Barry, die adjunk direkteur van regsbeleid en toepassing by die sentrum.
Zim-motor volgende maand plaaslik beskikbaar
Reaksie word ontvang op berigte dat die Mureza Prim8, ‘n bekostigbare voertuig wat deur ‘n Zimbabwiese maatskappy in Suid-Afrika vervaardig word, volgende maand plaaslik beskikbaar sal wees. Die voertuig verkoop vir 196 000 rand in Suid-Afrika en is volgens berigte deur Tendai Mugofa geskep om aspekte van Afrikanisme, wat duursaamheid, aanpasbaarheid en oorspronklikheid insluit, uit […]
Loonkommissie vra om konsultasies te hervat
Die Minimumloon-kommissie sal na verwagting sy sessies hervat met die verslapping van die maatreëls in verband met Covid. Die kommissie is daargestel deur die arbiedsministerie om ondersoek in te stel na ‘n nasionale minimumloon. Verskeie openbare konsultasies is regoor die land gehou maar moes gestaak word weens inperkings. Die kommissie se voorsitter, dr. Marius Kudumo […]
Rugby-liga uitgestel
Die 2021 Rugby-liga Wêreldbekertoernooi is tot volgende jaar uitgestel nadat die verdedigende kampioen, Australië, en Nieu-Seeland verlede maand weens vrese oor Covid-19 onttrek het. Die toernooi sou tussen 23 Oktober en 27 November in Engeland plaasgevind het. Die organiseerders sê in ‘n verklaring na samesprekings met die betrokke partye, insluitende die Britse regering, was dit […]
Kommer oor boggelrugdolfyne
Die wetenskap alleen sal nie boggelrugdolfyne in Suid-Afrika se kusgebied red nie. ‘n Vennootskap en formele netwerk van wetenskaplike en natuurbewaarders van 11 verskillende instellings, die SouSA-konsortium, sê daar is minder as 500 Indiese Oseaan-boggelrugdolfyne in Suid-Afrikaanse oseane oor. Die konsortium spits hom toe op die bewaringstand van boggelrugdolfyne wat langs die suid- en ooskus […]
Jeugkonferensie oor water en klimaat
Unesco in Namibië, in samewerking met Unam en Nust, hou ‘n water- en klimaat-konferensie met die klem op watersekerheid. Die doel is om kapasiteit te skep onder die jeug. Kombanda Mwapandje, Unesco se programbeampte vir wetenskap, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Julie: wêreld voedselpryse 31% hoër as in 2020
Die voedsel- en landbou-organisasie program van die Verenigde Nasies sê pryse het vir ‘n tweede agtereenvolgende maand in Julie gedaal, veral in die geval van grane, vette en olies en suiwelprodukte. Maar, op ‘n jaargrondslag gemeet, het voedselpryse met 31 persent teenoor Julie 2020 gestyg. Verbruikers in Namibië het ook sedert die einde van verlede […]
Prokureurs in New York staan reg om Rassie te help
‘n Rugby-belegger van ‘n Amerikaanse konsortium wat ‘n beherende aandeel in die Haaie-unie besit, het getwiet ‘n span prokureurs van New York staan gereed om Rassie Erasmus en SA Rugby by te staan en Wêreld-rugby uit te daag. Marco Masotti sê hy stel sy volle regsmag beskikbaar om die direkteur van Rugby en die unie […]
Fondsinameling vir 14-jarige naelloper van Ohangwena
Die Namibiese Skolesport-unie het ‘n fondsinsameling van stapel gestuur vir bystand vir die 14-jarige Epifania Johannes, ‘n graad 9 leerder in die Ohangwena-streek. Epfiania is ‘n 100- en 200-meter naelloper en is gekies om in Serwië aan die Internasionale Skolesportfederasie se wêreldspele vanaf 10 tot 19 September vanjaar. Alexander Teofelus, voorsitter van die skolesport-unie in […]
Universiteite hervat Maandag lesings
Namibiese skole het gister ná ‘n lang wintervakansie weer begin en universiteite maak hul deure volgende week oop. Volgens dr. David Namwandi, stigter van die International University of Management is die instelling slaggereed. Namwandi het egter gemaan dat studente steeds versigtig en gedissiplineerd moet wees. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.