Media-vakbond wag steeds op registrasie

Die media-vakbond wat verlede jaar gestig is, die Namibia Media Professionals Union, Nampu, is steeds operasioneel. Die vakbond is gestig om lede van die media te beskerm en vir hulle regte te beywer. Volgens Nampu se woordvoerder Charmaine Ngatjiheue, wag hulle steeds op hulle amptelike registrasie. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Veldbrande by Dordabis duur voort

Dit is die vierde dag wat teen die veldbrande in die Dordabis-omgewing geveg word, sê ‘n brandbestryder van Rehoboth, Dirkie Cloete. Hy sê brandweerspanne van Windhoek staan hulle ook by, veral met Groot Aub en Oamites wat ook nou in brandgevaar is. Cloete gee die jongste nuus oor die brande in die omgewing aan Kosmos […]

Read More

Suidoos-Asië steier onder Covid-gevalle

Lande in Suidoos-Asië loop deur onder die toename in Covid-19-gevalle en verwante sterftes wat toegeskryf word aan die vinnige verspreiding van die Delta-variant. Viëtnam, Indonesië, Maleisië, Thailand en Mianmar beleef tans die ergste uitbrekings sedert die begin van die pandemie en gesondheidstelsels het byna breekpunt bereik. Die uiters lae inentingskoerse verger die krisis met minder […]

Read More

Moordenaar van bejaarde vrou lewenslank tronk toe

Die Mpumalanga-hooggeregshof het ‘n man tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op ‘n bejaarde vrou van Mbombela. Shaun Oosthuizen van Munsieville buite Krugersdorp het skuldig gepleit op aanklagte dat hy die 85-jarige Hetta Potgieter in Julie 2018 in haar woonstel by die Macademia-ouetehuis beroof en vermoor het. Hy het ook ‘n vonnis van 15 […]

Read More

Drie buitelanders in Nigerië met wildprodukte van N$780 miljoen vas

Nigeriese doeanebeamptes het drie buitelanders in hegtenis geneem en beslag gelê op ‘n rekord hoeveelheid ietermago-skubbe en -kloue en olifanttande ter waarde van by sowat 780 miljoen Namibiese dollar. Wetstoepassers soek nog na ‘n vierde verdagte wat hulle glo die baasbrein agter die operasie is. Die beslaglegging sluit in 17,14 kilogram ietermago-skubbe, 60 kilogram ietermago-kloue […]

Read More

Mango môre terug in die hof

Die Mango-lugredery is môre weer terug in die hof terwyl vakbonde voortgaan met hulle stryd om die maatskappy onder sakeredding te plaas. Die Hooggeregshof in Johannesburg sal môre aansoeke aanhoor van die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging, die metaalwerkersvakbond Numsa en die Mango-vlieëniersvereniging. Die vakbonde vrees reuse werksverliese as die lugredery weens sy voortslepende kontantvloei-probleme gelikwideer word.

Read More

Versekeringsreus sê miljoene Suid-Afrikaners onder finansiële druk

Volgens Ou Mutual is miljoene Suid-Afrikaners onder bykomende finansiële druk weens die Covid-pandemie en -inperking, asook die onlangse onluste. Die versekeraar se Julie-opname toon vertroue in die Suid-Afrikaanse ekonomie het van 34 tot 31 persent geval. Die persentasie deelnemers wat voorkeur gee aan noodfondse het ook toegeneem. ‘n Interessante nuwe statistiek het onthul 23 persent van die werkende […]

Read More

Outjo-polisieman in hof oor dagga

‘n Polisiebeampte van Outjo het in die hof op klagte van die onwettige besit van dwelms en dwelmsmokkelary verskyn. Kelvin Raymond Horaseb is in hegtenis geneem nadat 15 sakkies dagga glo in sy besit by die polisiebarakke op Outjo gevind is. Landdros Peingondjabi Shipo het die saak tot 12 Augustus uitgestel vir Horaseb om regsverteenwoordiging […]

Read More

Media-vakbond wag steeds op registrasie

Die media-vakbond wat verlede jaar gestig is, die Namibia Media Professionals Union, Nampu, is steeds operasioneel. Die vakbond is gestig om lede van die media te beskerm en vir hulle regte te beywer. Volgens Nampu se woordvoerder Charmaine Ngatjiheue, wag hulle steeds op hulle amptelike registrasie. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Covid: dit gaan baie beter in gevangenisse

Berigte uit Suid-Afrika lui dat Covid-gevalle skerp toeneem in gevangenisse in die land. In Namibië is maatreëls reeds verslap en die verbod op gevangenes om fasiliteite te verlaat vir hofverskynings is reeds gelig. Besoeke word ook toegelaat. Die hoof van die sentrale personeeldirektoraat by die Namibiese Korrektiewe Diens, kommissaris Sam Shalulange sê hulle uitdaging is […]

Read More