Intelligensiesentrum deel sedert 2014 Fishrot-inligting

Die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab sê dat die Finansiële Intelligensiesentrum sedert 2014 inligting aan wetstoepassers in verband met die Fishrot-saak verskaf. Volgens hom was 714 besighede, 304 individuele bankrekenings en 65 onwettige bates betrokke.

Read More

SA het tussen Januarie en Junie 650 ure beurtkrag beleef

Die Suid-Afrikaanse raad vir wetenskaplike en industriële navorsing, die WNNR, sê die buurland het in die eerste ses maande vanjaar reeds 650 uur se beurtkrag ondervind, waartydens 963 gigawatt-uur se geraamde energie verlore gegaan het. Fase twee-beurtkrag het hoofsaaklik tydens dié onderbrekings voorgekom. Jarrad Wright van die WNNR sê die kragonderbrekings het grootliks die gevolg […]

Read More

Afrika het steeds piek van derde vlaag

Die Wêreld-gesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die vasteland is steeds op die hoogtepunt van die derde vlaag Covid-19, en meer gevalle is aangeteken as tydens enige vorige kruin. Meer as 6 400 sterftes is in die laaste week van Julie aangeteken. Dit verteenwoordig ‘n styging van 2 persent vergeleke met die vorige week, met Suid-Afrika en […]

Read More

Toename in gewapende roof wek kommer

Kenners is dit eens dat die toename in gewapende roof in die land kommerwekkend is. Die Namibiese polisie het ‘n 43-jarige man in hegtenis geneem in verband met Maandag se transitoroof in Hochlandpark in die hoofstad. Vyf gewapende mans het op ‘n geldwa toegeslaan en weggekom met 1,5 miljoen Namibiese dollar in kontant. Nog vyf […]

Read More

Cyril skommel sy kabinet, Tito en Zweli bedank

President Cyril Ramaphosa sê sy kabinetsveranderings kom op ‘n tydstip waar die land verskeie uitdagings in die gesig staar. Die president het die bedanking van die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, en die minister van finansies, Tito Mboweni, aanvaar. Ramaphosa sê hulle het besluit water en sanitasie moet ‘n aparte ministerie wees, terwyl hulle wegdoen […]

Read More

Dag-vyf van Dordabis-brand, 12 plase verwoes

Dit is die vyfde dag wat die verwoestende brand in die omgewing van Dordabis woed. Teen Donderdag oggend was agt plase reeds gebrand en teen vanoggend is dit 12. Die omtrek van die gebied om die Schaaprivier wat in puin gelê is, word op 200 kilometer geraam. Die NDF is reeds Woensdag na die gebied […]

Read More

Seldsame siekte roei Britse katte uit

Britse kenners is dronkgeslaan oor die honderde katte wat aan ‘n geheimsinnige siekte dood is. Dit hou vermoedelik verband met ‘n sekere soort katkos wat intussen aan die mark onttrek is. Minstens 330 katte is dood en nog honderde het kat-pansitopenie opgedoen. Volgens Britse media laat die siekte die diere se rooi- en witbloedselle en […]

Read More

AZ-entstof: 75 000 dosisse Sondag hier

Die Namibiese gesondheidsministerie het bevestig dat die skenking van 75 000 dosisse AstraZeneca entstof Sondag in die land sal aankom. Tot op hede is daar net meer as 74 000 Namibiërs wat hulle eerste spuit ontvang het. Die interval tussen die twee spuite is normaalweg 12 weke maar navorsing wat deur Oxford-universiteit en Suid-Afrikaanse owerhede […]

Read More

Amerika gryp in by hofsaak van gewese Saoedi-Arabiese intelligensieman

Die Amerikaanse departement van justisie se besluit om in te gryp by ‘n hofsaak teen ‘n gewese senior intelligensie-beampte van Saoedi-Arabië word as uiters buitengewoon beskryf. Saad Aljabri het vier jaar gelede na Kanada gevlug nadat hy die aartsvyand van sy land se kroonprins, Mohammed bin Salman, geword het. Hy word deur Amerikaanse intelligensie- en […]

Read More

Kaapstad soek na reeksmoordenaar van katte

Die Suid-Afrikaanse polisie en die Dierebeskermingsvereniging in Kaapstad soek na ‘n beweerde reeksmoordenaar van katte. In die afgelope paar weke is by die dertig dooie en verminkte katte in verskillende gebiede om Manenberg gevind. Volgens verslae sal lykskouings gedoen word om die oorsaak van hul dood vas te stel.

Read More