Ivermektien: as data reg is, hoekom nie?

Reaksie word ontvang op die goedkeuring van Ivermektien vir gebruik in die behandeling van Covid-19 in Suid-Afrika. Dit volg na ‘n beslissing in die Pretoria Hoërhof. Die voormalige Namibiese Minister van Gesondheid Dr Bernard Haufiku sê enige medikasie wat ondersteun word met die korrekte data kan nie verkeerd wees nie…

Read More

Vodacom geloof vir verlaging in dataprys

Die Mededingingskommissie in Suid-Afrika het die selfoonnetwerk Vodacom se verlaging van die prys van voorafbetaalde databondels van die 1ste van hierdie maand af verwelkom. Vodacom het die prys van sy databondel-pakket vir 30 dae met tot 14 sent verlaag. Die kommissie se Woordvoerder, Siyabulela Makunga, sê hulle het aanbeveel dat Vodacom en MTN hul pryse […]

Read More

Wiese kry hartaanval, sterk tans aan

Die oud-Springbok-slot Kobus Wiese het gisteroggend ‘n hartaanval gehad. Hy is na die Panorama Mediclinic in Kaapstad gehaas waar hy tans aansterk. Wiese het die eerste keer op 26 Junie 1993 vir die Springbokke uitgedraf in ‘n toetswedstryd teen Frankryk. Hy het die trui vir die laaste keer oor sy kop getrek in die toets […]

Read More

Vroue bedek julle en verhoed verkragting – Imran Khan

Pakistan se Premier, Imran Khan, word van verstommende onkunde beskuldig nadat hy vroue se manier van aantrek met die land se verkragtings-krisis verbind het. Die gewese krieketspeler, wat aan Oxford studeer het, het tydens ‘n regstreekse televisie-onderhoud gesê die toename in verkragtings dui op die gevolge van enige samelewing waar ‘n onsmaaklike leefstyl aan die […]

Read More

Weermag se dinge: dis ‘n polisie aangeleentheid

Berigte lui dat die aantygings teen die voormalige Minister van Verdediging Peter Vilho nie deur die Teenkorrupsie Kommissie ondersoek word nie. Die Aanklaer-Generaal Martha Imalwa het vroeër bevestig dat haar kantoor wel ‘n ondersoek na ‘n oorbetaling van 1,5 miljoen doller aan die afgetrede Generaal Martin Shalli gelas is. Volgens die Direkteur-Generaal van die kommissie […]

Read More

Kinderarbeid wek kommer by owerhede

Luitenant-Generaal Sebastian Ndeitunga het sy kommer uitgespreek oor kinder arbeid in die land. Hy sê veral Angolese kinders onder die ouderdom van 18 word deur Namibiërs in die werk gesteek en dit ontneem hulle van enige noemenswaardige toekoms.

Read More

Beijing nuwe miljardêr-hoofstad

Forbes se 2021-lys van miljardêrs toon dat China se hoofstad, Beijing, New York verbygesteek het as die wêreld se miljardêr-hoofstad. Die stad het die afgelope jaar 33 miljardêrs ryker geword. Altesaam 100 miljardêrs woon tans in Beijing. Die stigter van die TikTok-toepassing en Bestuurshoof van die maatskappy ByteDance, Zhang Yiming, is die rykste inwoner van […]

Read More

IMF pas SA groei effe op

Die ANC-regering sê hy is vol vertroue die ekonomie sal herstel met die nougesette implementering van die plan vir die heropbou en herstel van die ekonomie. Dit volg nadat die Internasionale Monetêre Fonds Suid-Afrika se groeivooruitsigte vir die jaar opwaarts aangepas het van 2,8 persent tot 3,1 persent. Die fonds het die hersiening van die […]

Read More

Tiger het gejaag…

Los Angeles se polisiehoof sê Tiger Woods se motorongeluk in Februarie is veroorsaak omdat hy te vinnig gery het. Woods, wat al 15 major-kampioenskappe gewen het, het teen 140 kilometer per uur gery toe sy motor die pad verlaat en ‘n aantal keer gerol het. Woods het ernstige beenbeserings opgedoen en sterk nog tuis aan. […]

Read More

Eskom se 15% verhoging het ‘n impak

Die dubbelsyfer-verhoging van die Suid-Afrikaanse elektrisiteitstarief hou enorme gevolge in vir intree- en middelvlak-huishoudings, aldus Rob Gwerengwe van FNB in die buurland. Die Nasionale Energiereguleerder het vroeër ingestem tot Eskom se versoek vir ‘n verhoging van meer as 15 persent. Dit sal die kragvoorsiener in staat stel om nagenoeg 10 miljard Namibiese doller van kraggebruikers, […]

Read More