SA gesondheidsminister op spesiale verlof
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het sy gesondheidsminister Zweli Mkhize, op spesiale verlof geplaas. ‘n Storm broei oor die minister en sy betrokkenheid by die onreëlmatige toekenning van ‘n multi-miljoen Namibiese dollar kontrak aan Digital Vibes. Die maatskappy behoort aan Mkhize se gewese woordvoerder en persoonlike assistent. Opposisiepartye het druk op die president geplaas om teen […]
Kongolees wéér vas met dwelms
‘n Vermeende Kongolese dwelmhandelaar is vanoggend op Swakopmund glo met 27 kilogram dagga ter waarde van 1,3 miljoen Namibiese dollar in hegtenis geneem. Hy sal Donderdag in die hof verskyn, het die Namibiese polisie se nasionale woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shiwkambi gesê. Die 31-jarige verdagte het ‘n hangende dwelmklag teen hom toe hy in 2019 in […]
Polisie vra publiek se hulp met vastrek van Thomas-moordenaars
Hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-streek het gesê niemand is nog in verband met die die moord op die bejaarde afgetrede polisiebeampte, Karel Thomas, op Hentiesbaai, in hegtenis geneem nie. Thomas, in sy tagtigs, is glo Sondag deur drie vreemde mans met ‘n hamer en hark aangeval. ‘n Bewustelose Thomas is gister gevind en per […]
SA: Reuse-agterstand by forensiese laboratoriums
In die buurland staan die DNS-agterstand by die hoofkwartier van die polisie se forensiese laboratoriums in Kaapstad tans op meer as 107 000 monsters wat getoets moet word. Die DA se Wes-Kaapse woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê dit het tydens ‘n oorsigbesoek aan die fasiliteit aan die lig gekom. Allen plaas die skuld vir […]
Politieke kenner: Niks nuuts aan adjunk-speaker se PAP-verklaring
Die leier van die Namibiese afvaardiging na die Pan-Afrikaanse Parlement, adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, eerw. Loide Kasingo het die gebeure wat gelei het tot die skielike einde van die vyfde Pan-Afrikaanse Parlement, uitgeklaar. Kasingo het ‘n groep van drie wetgewers van die Nasionale Vergadering gelei om die Namibiese parlement vanaf 21 Mei by PAP […]
Saara sê hoe Duitsland se vergoedingsgeld aangewend gaan word
Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongolwa-Amadhila het vanmiddag in die Nasionale Vergadering verduidelik van die finansiële verbintenis wat Duitsland aan die betrokke gemeenskappe gemaak het en hoe hulle voorstel dat die geld gebruik word. Hierdie geld sal oor ‘n tydperk van 30 jaar gegee word. Saara Kuugongelwa-Amadhila hou die land oor die volksmoordkwessie op die […]
Ausie dinosourus so groot lank soos basketbaan
Autraliese wetenskaplikes het ‘n nuwe dinosourus-spesie wat in 2007 ontdek is as die grootste ooit op dié vasteland geklassifiseer. Die Australotitan cooperensis of suidelike reus is een van die 15 grootste dinosourusse in die wêreld. Kenners sê die titanosourus sou tot ses en ‘n half meter hoog en 30 meter lank wees. Dit is so […]
Argentynse veeboere ruk op
Veeboere in Argentinië betoog omdat die uitvoer van beesvleisprodukte gestaak is. Die land is, naas Brasilië, die tweede grootste beesvleis-verskaffer aan China, maar moes uitvoere vir ‘n maand opskort weens inflasie. Die groot vraag vanuit China het blykbaar die vleisvoorraad in Argentinië verminder, wat daartoe gelei het dat pryse met meer as 60 persent gestyg […]
Man klap Franse president
‘n Man het die Franse President Emmanuel Macron deur die gesig geklap toe hy vir ‘n wandeling in die suide van Frankryk gegaan het. Macron se lyfwagte het die man gou op die grond vasgepen en Macron na veiligheid geneem. Twee mense is ini hegtenis geneem, berig internasionale media.
Vier renosters, een olifant vanjaar in Namibië gestroop
Die woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê vanjaar is vier renosters en olifant in Namibië gestroop. Twee van die vier renosters is witrenosters wat op private plase gestroop is. Die olifant is in die Otjozondjupa-streek in ‘n bewaringsgebied gestroop. In Junie is verskeie vermeende wildmisdadigers in hegtenis geneem. […]