Die Springbokke wen die reeks teen die Britse en Ierse Leeus
Die Springbokke het die Britse en Ierse Leeus met 19-16 geklop en so ook die reeks met 2-1 beklink. Die Leeus het rustyd met 10-6 voorgeloop. Dit was ‘n naelbytstryd en Cheslin Kolbe het die Bokke met ‘n spogdrie in die 2 de helfte op die wenpad geplaas.
Lady Pohamba inentings-sentrum open môre-oggend 10 uur weer
Die Lady Pohmaba inentings-sentrum in die hoofstad open môre-oggend 10 uur weer vir inentings. Die publiek word egter daarop gewys dat die gesondheidsministerie bepaal het dat net mense wat vir hulle tweede inenting van die AstraZeneca entstof en 1 ste en 2de inentings met die Sinopharm entstof gaan van die gerief gebruik kan maak. Daar […]
75 000 Dosisse AstraZeneca-kom vandag in die land aan
Die Namibiese gesondheidsministerie het bevestig dat 75 000 dosisse van die AstraZeneca-entstof vandag in die land aankom. Dit word gereserveer vir mense wat reeds die eerste inenting van hierdie spesifieke entstof gehad het. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van die ministerie, het ‘n beroep gedoen op mense wat reeds met die eerste dosis van die Astra […]
319 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig
Die Namibiese gesondheidsministerie het 319 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig.Oshakati het 50, Windhoek 47, Engela 24, Walvisbaai 21, Oshikuku 17, en Okahao 13. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 18 566 aktiewe gevalle, met 99 055 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 120 814
Johnson & Johnson se COVID-19-enstof werk goed volgens SA Mediese Navorsingsraad
Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad sê die Johnson & Johnson se COVID-19-entstof werk goed in Suid-Afrika. Professor Glenda Gray, uitvoerende hoof van SAMNR, sê die entstof bied 91 persent tot 96-komma-twee persent beskerming teen die dood. Sy het bygevoeg dat dit 67 persent doeltreffendheid bied teen infeksie wanneer die Beta -koronavirus -variant oorheers en ongeveer 71 […]
Ministerie maan teen die produkte
Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese gesondheidsministerie doen ‘n beroep op streekdirekteure en hoof uitvoerende beamptes van plaaslike owerhede in die land om in die beste belang van verbruikers se gesondheid kennis te neem van die herroeping van sekere van KOO en Hugo’s se produkte.Daar word in die omsendbrief daarop gewys dat produkte soos sommige […]
Nog reaksie op Suid-Afrika se nuwe minister van Finansies
ActionSA sê korrupsie gaan ‘n onwelkome verskyning in die president Cyril Ramaphosa se kabinet maak ná die aanstelling van Enoch Godogwana as minister van Finansies. Godogwana het in 2012 sy pos as adjunkminister van Ekonomiese Ontwikkeling ontruim, ná hy by ‘n skandaal betrek is oor beweerde bedrog van miljoene rand wat met pensioengeld van klerewerkers […]
Wynlandgoed bestee baie geld om mense aan te moedig om weer uit te eet
Die bekroonde Wes-Kaapse wynlandgoed Nederburg gaan byna ‘n miljoen-rand bestee om menses aan te moedig om weer hulle gelisensieerde eetplekke te besoek. Dit is deel van ‘n veldtog om die beleërde restaurantsektor in die buurland ‘n hupstoot te gee. Die bemarkingsbestuurder, Jackie Olivier, sê restaurante is onder dié wat die swaarste getref is deur die […]
Die Inkatha-Vryheidsparty vra dat korrupte staatsamptenare vasgetrek word
Die Inkatha-Vryheidsparty sê dis hoog tyd dat korrupte staatsamptenare in Suid-Afrika met ‘n onversadigbare aptyt vir die verduistering van openbare geld aan die man gebring word om ‘n korrupsie-vrye regering te verseker. Die party het reageer nadat ‘n 43-jarige werknemer van die KwaZulu-Natalse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling dié week in ‘n hof in […]
LPO besig met onderhandelings vir nuwe entiteit
Die Namibiese Lewendehawe Produsente-organisasie is tans besig om ’n proses met belanghebbendes te fasiliteer met die uitsluitlike doel om ’n nuwe gesamentlike voorstel aan die regering te maak om groei in die beesvleisbedryf, tot voordeel van Namibië, te bewerkstellig Volgens die LPO is daar kommer oor die stand van sake by Meatco in die land. […]