Saara bekommerd oor negatiewe houding teenoor Swapo

Negatiewe persepsies en publikasies oor die regering en die Swapo party is volgens die Eerste Minister Dr Saara Kuugongelwa Amadhila verkeerd en weerspieël nie die huidige stand van sake in die land nie. Kommentaar oor Fishrot is veral algemeen. Sy sê die regering het standpunt ingeneem in verband met die twee ministers wat by die […]

Read More

Kolorektale kanker al hoe meer algemeen

Die Kankervereniging van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Kolorektale Kankervereniging het sy veldtog oor kolorektale bewusmaking en ondersteuning begin met die klem op gereelde siftings. ‘n Woordvoerder van Kansa, Lucy Balona, sê dat kolorektale kanker mans én vroue in Suid-Afrika aansienlik beïnvloed. Dit is die tweede algemeenste kanker onder mans en derde onder vroue. Balona sê […]

Read More

N$18m se sigarette verwoes

Amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het onwettige sigarette ter waarde van 18 miljoen Namibiese doller in Kaapstad verwoes. Daar is tydens verskeie operasies op die sigarette beslag gelê as deel van die regering se zero-verdraagsaamheid ten opsigte van onwettige handel. Die afval sal met ‘n vervoerband na spesiale vragmotors oorgeplaas en onder toesig na ‘n […]

Read More

Kospryse weer op in Maart

Daar blyk om geen verligting vir huishoudings te wees nie. Voedselpryse het in Maart wêreldwyd gestyg. Dit is die tiende agtereenvolgende maandelikse styging. Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie sê die pryse van groente-olie en suiwelprodukte het die meeste gestyg. Die vleisprys-aanwyser het sedert Februarie met 2,3 persent toegeneem terwyl invoere uit China en […]

Read More

Mkhize sê hulle is op koers met inentingsplan

Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid Zweli Mkhize sê hoewel daar vertragings was in die begin-stadiums van die land se inentingsveldtog, behoort hulle op koers te bly om reeds ‘n groot meerderheid van mense teen die einde van die jaar teen Covid in te ent. Hy het vroeër vandag gesê dat fase een, wat op die […]

Read More

Slenter kos koper miljoene

Die Valke in Suid-Afrika het nog ‘n verdagte aangekeer in die saak wat met ‘n e-pos-skelmstreek oor eiendom verband hou. Die man en twee ander wat reeds gearresteer is, het na bewering ‘n koper van eiendomme uit miljoene Namibiese doller bedrieg. Die drie het glo ‘n duplikaat e-posadres geskep om die slagoffer na ‘n ander […]

Read More

Newcastle-siekte in Kenia

Honderde duisende hoenders moes van kant gemaak word nadat Newcastle-siekte in Kenia se Kiambu-distrik uitgebreek het en boere se lewensbestaan is in gedrang. Wetenskaplikes het aan die die land se nuusagentskappe gesê boere moet veeartse kry om die regte diagnose te maak en doeltreffende behandeling voor te skryf. Die mees algemene simptome is diarree, neus-uitskeidings, […]

Read More

Reënsyfers vir Maart bekend, stel teleur

Die Namibiese weerdiens het Maart se reënval syfers bekend gemaak. Die maand het baie wispelturig vertoon in terme van neerslae. Die eerste 10 dae was kommerwekkend droog. Tussen 10 en 20 Maart het reën wel voorgekom maar die Kunene-streek het steeds onder gemiddelde reën ontvang. Die Zambezi-streek het ook lae syfers aangeteken. Reënval het meestens […]

Read More

Voordele vir intelligensie hoof in die nuus

Die Namibiese Minister van Veiligheid en Sekuriteit Frans Kapofi het die voordele wat die voormalige Hoof van die Intelligensie Diens Lucas Hangula ontvang het verdedig. Hangula ontvang ‘n bybetaling op sy maandelikse pensioen betaling en het selfs ‘n nuwe voertuig ontvang. Kapofi sê die voordele is deur die Openbare Dienskommissie goedgekeur. Maar die Politieke Ontleder […]

Read More

Dwelmman in die hof

‘n Vermeende dwelmhandelaar het in die Grootfontein Landdroshof verskyn op verskeie klagtes wat die besit van dwelms en onwettige sigarette insluit. Die 45-jarige Alfeus Yembe is gevang by die Rooidag-hek naby Tsumkwe met Yes sigarette ter waarde van 28 000 Namibiese doller sowel as 47 kilogram dagga met ‘n straatwaarde van 47 600 doller. Yembe […]

Read More