SA-vrouedag: Covid het grootste impak of vroue gehad
Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa sê hy salueer alle vroue terwyl hy dink aan die dapper vroue van die anti-apartheidstryd wat op 9 Augustus 1956 in hulle duisende betoog het teen die dompas-stelsel. Die buurland herdenk vandag Nasionale Vrouedag. Die vakbond se adjunkpresident Ruth Ntlokose sê dis steeds vroue wat die grootste impak van Covid voel.
Groot teenstand teen Boris oor Geronimo
‘n Agt-jarige alpakka Geronimo het ‘n groot kritiek teen die Britse eerste minister Boris Johnson ontketen. Geronimo is met beestuberkulose gediagnoseer en die Britse regering het bevind hy moet van kant gemaak word. Geronimo se eienaar Helen Macdonald het ‘n pleidooi aan Johnson en sy vrou Carrie gerig om genade te toon. Daar is selfs […]
Drie vas oor die naweek vir dagga
Die Namibiese polisie het oor die naweek verskeie dwelmvondse gemaak. ‘n Dertig-jarige man is by die Windhoek-Rehoboth padblokkade vasgetrek met dagga ter waarde van 331 000 Namibiese dollar en by dieselfde padblokkade is ‘n 24-jarige verdagte gearresteer vir die besit van dagga ter waarde van 50 000 dollar. In Hentiesbaai is daar beslag gelê op […]
Zuma-span moet voorleggings doen
Die Konstitusionele Hof in Suid-Afrika het die regspanne van die voormalige president Jacob Zuma en ander partye opdrag gegee om elk ‘n 20-bladsy dokument in te dien waarin die internasionale regs- en grondwetlike implikasies van Zuma se gevangenisstraf beredeneer word. Die geskrewe voorleggings moet voor of op 13 Augustus 2021 ingedien word. Die Jacob Zuma-stigting […]
Enoch-aanstelling lok steeds reaksie uit
Reaksie word steeds ontvang oor die aanstelling van die nuwe Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana in die plek van Tito Mboweni wat gevra het om van sy pos onthef te word. Volgens professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool in Johannesburg, sal die nuwe minister hom moet toespits op finansiële konsolidasie om ekonomiese groei […]
Morné sal nog effe vertoef by Bokke
Die wedstyd-beklinker Morné Steyn sal langer in die Springbok-kamp vertoef nadat hy by die 43-tal ingesluit is vir die komende Kampioenskap. Die 37-jarige losskakel van die Bulle het Saterdag in die derde toets in Kaapstad die strafdoel behaal wat die reeks teen die Britse en Ierse Leeus vir Suid-Afrika beklink het. Steyn sê enige speler […]
HAN loods forensiese ondersoek wat Soni impliseer
Die Namibiese Gasvryheidsvereniging het ‘n forensiese ondersoek ingestel na verskeie eposse wat die vereniging sê onder sy vaandel uitgestuur is maar nie die enige lid van die vereniging nie. Die maatskappy Cynetio Cyber se bevindings toon dat daar prima facie bewyse is dat Nrupesh Soni van die Namibiese Reis- en Toerisme-forum die eposse uitgestuur het […]
Morné sal nog effe vertoef by Bokke
Die wedstyd-beklinker Morné Steyn sal langer in die Springbok-kamp vertoef nadat hy by die 43-tal ingesluit is vir die komende Kampioenskap. Die 37-jarige losskakel van die Bulle het Saterdag in die derde toets in Kaapstad die strafdoel behaal wat die reeks teen die Britse en Ierse Leeus vir Suid-Afrika beklink het. Steyn sê enige speler […]
Afrika-pikkewyne se getalle wek groot kommer
Belanghebbendes in die Suid-Afrikaanse vissery- en bewaringsbedryf sal hierdie week deel wees van hoë-vlak vergaderings om die afname in die broeigetalle van die Afrika-pikkewyn te bespreek in kolonies soos op Robbeneiland in die Wes-Kaap en St Croix in die Oos-Kaap. Die vergadering word aangebied deur die minister van die omgewing, Barbara Creecy. Lauren Waller van […]
Siberies-leeuwelpie dalk 28 000 jaar oud
Die Sentrum vir Paleo-genetika in Stockholm, Swede, het ‘n studie in die joernaal, Quaternary, gepubliseer oor die ontdekking van ‘n volmaak bewaarde grotleeu-welpie wat in die Siberiese Arktiese gebied ontdek is. Die vonds is vermoedelik 28 000 jaar oud. Die snorbaarde, tande, vel, sagte weefsel en organe van die wyfie-welpie is gemummifiseer, maar ongeskonde. Die […]