Kospryse skiet die hoogte in

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat voedselpryse in Maart wêreldwyd gestyg het. Dit is die tiende agtereenvolgende maandelikse styging. Die pryse van groente-olie en suiwelprodukte het die meeste gestyg. Die vleisprys-aanwyser het sedert Februarie met 2,3 persent toegeneem. Die prysaanwyser vir graankosse het met 1,8 persent gedaal, maar dis steeds 26,5 persent hoër as […]

Read More

Nog ‘n renoster gestroop

Die jongste wildlewe misdaad verslag is bekend. Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake sê dat tussen 29 Maart en 4 April, 3 nuwe sake met 7 verdagtes bevestig is. Ses verdagtes is vas vir die stroop van renosters, of, alternatiewelik, sameswering om renosters te stroop. Een verdagte is in hegtenis geneem vir die stroop van ‘n olifant. Een […]

Read More

Vroeë ontwikkeling krities vir kinders

Die Namibiese Minister van Geslagsgelykheid Doreen Sioka is van mening dat belegging in die vroeë ontwikkeling van kinders ekonomiese sin maak. Sy het gepraat by die amptelike opening van Exodus Vroeë Kinderontwikkeling Sentrum in Lüderitz. In haar mening is die eerste 1 000 dae van ‘n kind se lewe, van bevrugting tot die kind se […]

Read More

Reisverbod teiken nie Indië as land nie – Ardern

Die Premier van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern, sê die tydelike reisverbod na Indië teiken die land nie spesifiek nie, maar sal beamptes in staat te stel om die verlaging van die risiko van Covid-19 te ondersoek. Meer as 60 reisigers wat Nieu-Seeland die afgelope twee weke vanaf Indië binnegekom het, het positief vir die korona-virus getoets. […]

Read More

Ons sal bystaan as SAOG vra – Netumbo

Namibië is gereed om die beslissings en opdrae van die Troika-beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, by te staan. Die Troika het noodsamesprekings oor Mosambiek gevoer en sal ‘n tegniese span ontplooi na die land. Die Namibiese Minister van Internasionale Betrekkinge Netumbo Nandi Ndaitwah.

Read More

Fiskale beleid onder die loep

Die Namibiese Ekonomiese Vereniging hou vanoggend ‘n ontbyt-vergadering waar fiskale beleid as ‘n dryfveer die ekonomiese groei onder die loep sal kom. Die Minister van Finansies Ipumbu Shiimi sal saam met verskeie kenners die kwessie bespreek. Dr Jacob Nyambe, die Dekaan in die Fakulteit van Ekonomiese Wetenskap by Unam is deel van die bespreking.

Read More

2% van entstowwe in Afrika toegedien

Die Wêreldgesondheidsorganisasie Afrika-streek sê die vasteland het ‘n groot agterstand met Covid-19 inentings om in te haal en die gaping word al hoe groter. Minder as 2 persent van die 690 miljoen korona-virus inentings wat tot dusver wêreldwyd toegedien is, was in Afrika. Die vasteland het sedert die begin van die pandemie 4,3 miljoen bevestigde […]

Read More

Meisie, 13, word van moord aangekla

‘n 13-jarige meisie, wat daarvan verdink word dat sy haar 11-maande oue nefie verdrink het, is deur owerhede in die sorg van haar oom vrygelaat. Die polisie se Woordvoerder Inspekteur Thomas Aiyambo sê sy staar ‘n klag van moord in die gesig. Na wat beweer word het sy die kindjie by die boom waar hy […]

Read More

Derde vlaag plaaslik op pad?

Ten spyte van inentings, neem Covid-gevalle steeds toe. Die VSA het 80 000 nuwe gevalle in 24 uur aangemeld met Brasilië wat 90 000 nuwe gevalle bevestig het. Indië het 131 000 gevalle, Turkye 55 000, Duitsland 24 000 en Iran en Pole 22 000 elk. Daar is vanoggend 134,5 miljoen gevalle internasionaal bevestig met […]

Read More

Ferrari-moord: 3 doen aansoek om borg

Die drie mans wat aangekla is vir die moord van Daniele Ferrari, 52 jaar oud, op 14 Julie 2020 by Avisdam sal vandag ‘n formele aansoek om borg bring. Borg is op 27 November verlede jaar in die Windhoek Landdroshof geweier. Kefas Iileka, 33, Johannes Muzadma, 32, en Muvua Cheme, 25, staan ook tereg op […]

Read More