Meulens stoot pryse op

Namib Meulens het prysverhogings van sy produkte aangekondig. Rys, sy Pasta la Vita en Meme Mahangu produkte sal met 3 persent styg terwyl Pasta Polana se prys met 2 persent opgaan. Bakpro koekmeel styg met 8 persent en brood met 5 persent. Die maatskappy sê uitvoerbelasting op Russiese koring het pryse met meer as 20 […]

Read More

Emma Theofelus haal top Afrika-lys

Namibië se jongste minister, en die jongste op die vasteland, Emma Theofelus sal môre op die Britse uitsaaier, die BBC, se ‘100 Women – Her Stories: An African First’ program verskyn. Theofelus is op die ouderdom van 23 as Adjunkminister van Inligting deur President Hage Geingob aangestel. Sy het in Maart verlede jaar ook internasionaal […]

Read More

Etzebeth rassisme-saak uitgestel

‘n Neef van die Springbok-rugbyspeler Eben Etzebeth is op waarskuwing vrygelaat in die Hopefield-landdroshof in die Wes-Kaap. Hy word aangekla van aanranding tydens ‘n beweerde rassistiese voorval in 2019. Die 32-jarige Emile Etzebeth word gekoppel aan ‘n bakleiery in ‘n kroeg in Langebaan waar Enver Wilsenach en Siyaad Smith na bewering aangerand en neerhalende rassistiese […]

Read More

Ekonomie moet formaliseer

By die bespreking oor fiskale beleid wat vanoggend deur die Namibiese Ekonomiese Vereniging gereël is, het die Dekaan van die Fakulteit van Ekonomiese Wetenskap, Dr Jacob Nyambe weer melding gemaak van die informele ekonomie. Meer as 30 persent van die Namibiese ekonomie word deur die informele sektor gedryf en Nyambe sê dit is uiters belangrik […]

Read More

Parkfooie in Nam aangepas

Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het in ‘n verklaring nuwe ingangs- en bewaringsfooie vir die land se nasionale parke bekend gemaak. Fooie sal wissel van tussen 10 tot 700 Namibiese doller. Die ministerie sê veral die bewaringsfooi verskil van park tot park en dat konsultasie met rolspelers in die toerisme bedryf gevoer is voor die […]

Read More

Okahandja se ligte bly aan

NamPower en Cenored se gesamentlike onderneming met Okahandja het laat gister ooreengekom oor die uitstaande skuld en dus, sal beurtkrag nie vanaf Maandag op die dorp toegepas word nie. Charlie Matengu, Cenored se Hoof Skakelbeampte het dit so verwoord…

Read More

Swapo het nie Namibië se vertroue nie

Die mense het vertroue in Swapo verloor. Dit is die mening van die voormalige Eerste Minister Nahas Angula. Die party se beeld is die afgelope paar jaar geskend deur verskeie skandale en die Fishrot-saak het dinge vererger. Angula sê dit sal tyd neem om vertroue in die party te herbou.

Read More

Handel krimp, tekorte groei

Namibië se totale handel in goedere het gedaal tot 13,9 miljard Namibiese doller in Februarie vanjaar, 18,4 persent minder as die 17,1 miljard doller wat in Januarie aangeteken is. Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap teken die handelsbalans steeds ‘n tekort van 2,4 miljard doller aan, van 1,8 miljard in Januarie. China is ons grootste handelsvennoot […]

Read More

Spuit, spuit, die storie is uit…

Die Wes Kaap sit nou skouer aan die wiel om sy inentingspersele, in voorbereiding van fase 2 van sy inentingsveldtog gereed te kry. Die buurland se Minister van Gesondheid Zweli Mkhize sê fase 1, wat op die in enting van die land se mediese-werkers fokus, teen die middel van Mei 2021 voltooi behoort te wees. […]

Read More

WP se Van Zyl tree af

Die slot van die Stormers en Westelike Provinsie, Chris van Zyl, het sy uittrede aangekondig. Die 34-jarige Van Zyl het sy beroeps-loopbaan in 2013 by die Leeus begin, maar in 2015 na die Wes-Kaap teruggekeer waar hy gebore is. Hy het 68 keer vir die WP uitgedraf en 34 Super-wedstryde vir die Stormers gespeel. Van […]

Read More