Leerders, studente en onderwysers onder jongste Covid-19 gevalle

Daar is 14 leerders, 4 studente, 3 onderwysers en 3 gesondheidswerkers onder die 139 nuwe Covid -19 gevalle in die land. Die aantal sterftes staan nou op 559. Die aktiewe gevalle is 1 140, met 43 483 mense wat reeds herstel het. Nog 72 mense is teen Covid-19 ingeënt met die totaal nou op 2 […]

Read More

Saoedi-Arabië stel steeds minderjariges tereg – drukgroep

‘n Drukgroep teen die doodstraf, Reprieve, sê 80 persent van alle persone wat in Saoedi-Arabië ter dood veroordeel is moet nog tereggestel word en verder, dat minderjariges steeds die doodstraf kry al het die land aangekondig dat die wetgewing aangepas is. Reprieve sê daar is 10 persone wat tans die risiko van onmiddellike teregstelling in […]

Read More

Landsburgers moet help met data invordering

Die Namibiese Statistikus-Generaal Alex Shimuafeni, het ‘n beroep op landsburgers gedoen om deel te neem aan die insameling van data en sodoende by te dra aan die ontwikkeling van die land. Shimuafeni het ‘n memorandum van verstandhouding met die Suider-Afrikaanse Wetenskaplike Sentrum vir Klimaatsverandering en Aanpasbare Grondbestuur onderteken. Luidens die ooreenkoms moet data oor die […]

Read More

Joost se broer word steeds ondersoek

Die Suid-Afrikaanse polisie het ontken dat die saak teen Pieter van der Westhuizen afgehandel is na ‘n skietvoorval by ‘n kerk in Centurion, Gauteng, verlede jaar. Volgens berigte vroeër die week is die saak teen die broer van die legendariese Springbok, Joost, teruggetrek nadat daar bevind is dat hy tydens ‘n kerkdiens twee gewapende rowers […]

Read More

Mosambiek: so lyk die pad vorentoe

Die Namibiese Minister van Internasionale Betrekkinge Netumbo Nandi Ndaitwah het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die pad vorentoe na die Troika-beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Die Troika het noodsamesprekings oor Mosambiek gevoer.

Read More

Inentings vorder stadig

Daar is tans net minder as 2 600 inentings in Erongo en Khomas voltooi. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het vanmiddag die jongste Covid-syfers bekend gemaak en daar is 139 nuwe gevalle bevestig. Op die oomblik is daar 1 140 aktiewe gevalle uit ‘n kumulatiewe totaal van 45 193. ‘n Totaal van […]

Read More

Hy was getrou – Koningin Elizabeth

Die merkwaardige lewe van Prins Philip van Brittanje word gedenk terwyl huldeblyke van oral in die wêreld instroom na die dood van Koningin Elizabeth se 99-jarige man. Hy is vanoggend in Windsor-kasteel oorlede. Die Britse Premier, Boris Johnson, het in sy reaksie gesê Prins Philip het die liefde van geslagte in die Statebond en die […]

Read More

Pep staan skoolmeisies by

Pep Stores in Namibië het aangekondig dat Rehoboth volgende week voordeel sal trek uit sy projek om sanitêre doekies te voorsien aan hoërskool dogters. Volgens Jakkie Coetzee, Pep se Algemene Bestuurder in Namibië is die projek ‘n groot sukses en word sedert 2018 regoor die land uitgevoer.

Read More

Ontwikkelde lande moet verantwoording doen vir klimaatsverandering

Suid-Afrika en nóg drie lande het ontwikkelde lande gevra om weer te kyk na hul doelwitte om klimaatsverandering te beperk en om ontwikkelende lande ook hierin te steun. Suid-Afrika, Brasilië, Indië en China se ministers van die omgewing het in ‘n gesamentlike verklaring gesê dit is noodsaaklik dat toekomstige wêreldberade ‘n deurbraak maak wat betref […]

Read More

Heruitvoere verswak in Februarie

Die Namibiese Statistieke Agentskap sê statistieke rakende heruitvoere het in Februarie 2021 verswak met ‘n daling van 22,7 persent op ‘n maandgrondslag maar, met ‘n verbetering van 53,6 persent op ‘n jaargrondslag. Die land se grootste heruitvoer-produk was koper teen 62,4 persent van die totaal. Meeste van die koper was afkomstig van Zambië en is […]

Read More