SPORT

Japan: Olimpiese komiteelid spring voor trein in Yasushi Moriya, ‘n lid van Japan se Olimpiese Komitee, het vanoggend voor ‘n aankomende trein ingespring. Die omstandighede rondom sy dood word nog ondersoek, berig internasionale media. Die komitee is tans onder geweldige druk om die Spele te kanselleer. 

Read More

Equal Rights Namibia oorhandig petisie aan ombudsman

Equal Rights Namibia het vandag ‘n petisie met meer as 6 000 handtekeninge aan die ombudsman se kantoor oorhandig waarin geëis word om die homofobiese haatspraak van die Swapo Jeugliga te ondersoek. Die groep wil hê dat die kantoor van die ombudsman moet ingryp in die misbruik van die ministerie van binnelandse sake se mag […]

Read More

Renosters se horings kan nagespoor word

Twee renosters, Igor en Denver by die Buffalokloof privaat wildreservaat in die Oos-Kaap, is die eerste om radio-aktiewe, stabiele isotope in ‘n gat in hulle horings te kry. Dit is om navorsers aan die Universiteit van die Witwatersrand te help met ‘n studie om die smokkelaars van renosterhorings af te skrik. Die radio-aktiewe merkers sal […]

Read More

Suid-Afrikaners verdien goeie polisiediens

Die raad van die St. George-katedraal in Kaapstad, burgerlike organisasies en besorgde individue het gevra vir ‘n polisiediens wat Suid-Afrikaners verdien. Plakkaat-betogings oor hierdie kwessie word Woensdag regoor die land beplan. Volgens die groep was daar verskeie georkestreerde aanvalle op toegewyde polisiebeamptes met integriteit. Een van die organiseerders van Woensdag se byeenkoms, Eldred de Klerk, […]

Read More

Olifantbieërs besig met invoerpermitte

Ondanks ‘n versoekskrif van meer as 100 000 handtekeninge wat die Namibiese veiling van 170 olifante teenstaan, het die Namibiese omgewingsministerie vier maande ná die tender vir die omstrede veiling, bevestig dat onderhandelinge met bieërs aan die gang is. Volgens die woordvoerder, Romeo Muyunda, is die bieërs besig om invoerpermitte vir die olifante te bekom. […]

Read More

Verkeersbeampte in hof vir vrou se moord

‘n Lid van die Namibiese polisie wat in verband met die dood van sy vrou op Okakarara in hegtenis geneem is, bly in aanhouding. Die 35-jarige verkeersbeampte verbonde aan die Okakarara-polisiekantoor het vanoggend voor assistent-landdros Ivonne Seibes in die Okakarara-landdroshof op ‘n klag van moord saam met geslagsgeweldwet verskyn. Die saak is tot 16 Junie […]

Read More

Apie terug na sy huis toe

Skotse owerhede het ‘n weghol-apie met sy eienaars herenig nadat die diertjie op ‘n treinstasie naby Glasgow gevind is. Scotrail het ‘n kennisgewing op sosiale media geplaas nadat die marmoset-apie by die Cambuslang-treinstasie gevind is, en ‘n beroep op sy eienaars gedoen om na vore te kom. Britse media berig die operateur het getwiet dat […]

Read More

Shoprite, Gift of the Givers staan hospitale by met water

‘n Kleinhandelaar in Suid-Afrika het gehoor gegee aan die humanitêre organisasie, Gift of the Givers, se oproep om hulp te verleen met die waterkrisis wat Johannesburgse hospitale tans lamlê. Dit stel kliënte in staat om direk by te dra tot die organisasie se werk op grondvlak. ‘n Woordvoerder sê hulle sal donasies aan die Act […]

Read More

Inentings vorder in Otjozondjupa

Inentings vorder stadig in Namibië en daar is kommer oor weerstand teen die entstowwe en die uiteindelike impak op plaaslike Covid-syfers en die buiteland se waarskuwings wat in die verband uitgereik kan word. In Otjozondjupa vorder dit ook stadig en die goewerneur James Uerikua het die jongste so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.

Read More

Oshana werk hard om sy jeug te behou

Talle jeug verhuis na stedelike gebied op soek na werksgeleenthede en so loop streke leeg en inwoners verval in armoede. Die Oshana-streek het ook sy eie uitdagings in die verband maar, die goewerneur, Elia Erimari, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat daar verskeie projekte van stapel gestuur word om veral werksgeleenthede vir die jeug […]

Read More