Wildsmisdaadverslag: Agt vas, talle karkasse gekonfiskeer

Agt vermeende wildmisdadigers is volgens die wildmisdaadverslag van die Namibiese polisie en omgewingsministerie verlede week in hegtenis geneem en vyf nuwe sake is aanhangig gemaak. Beslag is op drie gemsbokkarkasse gelê, asook op twee vlakvarkkarkasse, en een elk koedoe-, hartebees- en muskeljaatkatkarkas en wildekat- en ietermagôvelle. Een vuurwapen en 21 patrone is ook gekonfiskeer.

Read More

Wêreld-leeudag ook in Namibië herdenk

Wêreld-leeudag word vandag wêreldwyd herdenk, ook in Namibië waar die woestynaangepaste leeus tans onder druk is en sommige van hulle verskuif moes word. Elke land het sy unieke uitdagings met leeus met Namibië se woestynleeus wat verskeie uitdagings in die gesig staar, soos onder meer mens-dier-konflik. Omgewingskenner, dr. Rudie Van Vuuren, praat met Kosmos 94.1 […]

Read More

Johannesburgers gemaan teen meterknoeiery, vandalisme, kragdiefstal

City Power het inwoners van Johannesburg aangemoedig om nie voort te gaan met meterknoeiery, onwettige verbindings, diefstal van elektrisiteit, vandalisme en infrastruktuur-diefstal nie. Die nie-tegniese verliese wat City Power gely het, beloop twee miljard rand. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê dit beïnvloed nie net sy inkomste-insameling en dienslewering negatief nie, maar lei ook […]

Read More

TikTok die meeste in 2020 afgelaai

Die Chinese video-delingsplatform TikTok was verlede jaar die toepassing wat die meeste ter wêreld afgelaai is. Volgens die digitale ontledingsmaatskappy, App Annie, was dit ook die enigste toepassing onder die top vyf wat nie aan Facebook behoort nie. Facebook, Facebook Messenger, Instagram en WhatsApp maak die res van die groot vyf uit. TikTok se gewildheid […]

Read More

Taliban versterk sy greep op die noorde van Afganistan

Die Taliban het sy greep op die noorde van Afganistan versterk terwyl die bevelvoerder van ’n pro-regeringsburgermag gesê het hulle sal tot die dood toe baklei om Mazar-i-Sjarif, die grootste stad in die noorde, te verdedig. President Asjraf Ghani het streekleiers om hulp gevra om sy beleërde regering te ondersteun nadat die Taliban beheer oor […]

Read More

Stad Kaapstad: Inwoners gaan kragstygings voel

Die Stad Kaapstad sê hoewel hy meer van die onlangse styging in elektrisiteitstariewe absorbeer as enige ander metro in die land, sal verbruikers dit steeds voel nadat die nuwe tariewe op 1 Julie in werking getree het. Munisipaliteite moet nou ‘n verdere 17,8 persent bydra om elektrisiteit by Eskom te koop, wat die stad gedwing […]

Read More

Wêreldleeudag vandag herdenk

Die bewaringsorganisasie Blood Lions sê vandag op Wêreld-leeudag vanjaar se herdenking het ‘n meer positiewe betekenis aangesien Suid-Afrika die einde van die kommersiële leeubedryf vier. Die organisasie verduidelik ‘n proses van openbare deelname is voltooi nadat die Suid-Afrikaanse omgewingsminister, Barbara Creecy, ‘n aankondiging gemaak het en na die publisering van ‘n konsepbeleid oor beleidsposisies. Die […]

Read More

Agt Covid-sterftes in vyf distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het agt Covid-sterftes in vyf distrikte aangekondig, asook 304 nuwe gevalle uit 1 213 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 25 persent verteenwoordig. In die groep is 41 leerders, sewe onderwysers, ses studente en vyf gesondheidswerkers. Daar is 16 417 aktiewe gevalle, waarvan 343 gehospitaliseer is en 62 in intensiewesorg.

Read More

Zuma-saak tot September uitgestel

Advokaat Dali Mpofu het voorgestel die korrupsiesaak van oudpresident Jacob Zuma verskuif na 9 en 10 September. Zuma se regspan doen vandag aansoek om die saak uit te stel in afwagting van die uitslag van ‘n mediese verslag oor Zuma se gesondheid. Regter Piet Koen het Mpofu instruksie gegee om Zuma se mediese verslag af […]

Read More

Onverklaarde rykdom? Jy moet bewys

Die wêreld kan moontlik binnekort baie warm raak vir korruptes wat nie kan beyws hoe hulle hul rykdom bekom het nie. Die Namibiese Finansiële Intelligensiesentrum beaam om wetgewing daar te stel wat persone met rykdsom wat onverklaarbare rykdom en, of bates het, te dwing om dit te bewys voor ‘n hof, eerder as wat die […]

Read More