Mango-lugredery in vrywillige sakeredding geplaas

Die laekoste-lugredery Mango is in vrywillige sakeredding geplaas. Die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg het ‘n aansoek vanaf drie vakbonde om Mango in sakeredding te plaas van die hand gewys. Die hof het eerder ‘n aansoek van die lugredery self aanvaar om dit vrywillig te mag doen. Die Mango Vlieëniersvereniging, die National Union of Metal Workers […]

Read More

Namibiërs trek ‘Lean on Me’ ‘n nuwe baadjie aan

Gondwana Collection Namibia het saam met plaaslike kunstenaars gewerk om die Amerikaanse sanger, Bill Withers, se bekende liedjie, Lean on Me, ‘n nuwe baadjie aan te trek om Namibiërs weer ‘n rede te gee om te glimlag. Gondwana Collection Namibia se handelsmerkbestuurder, Jescey Visage, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is ‘n inspirerende liedjie […]

Read More

Jolidee Matongo is Stad Johannesburg se nuwe burgemeester

Stad Johannesburg se burgemeesters-komiteelid vir finansies, Jolidee Matongo, is verkies tot nuwe burgemeester van die Goudstad. Hy sal Geoff Makhubo opvolg, wat onlangs aan Covid-19 dood is. Matongo is onbestrede verkies. Hy het die stadsraad gevra om politieke geskille opsy te skuif en die behoeftes en daaglikse ervarings van die stad se inwoners voorop te […]

Read More

Geingob sê Namibiërs skrik beleggers af

President Hage Geingob het uitgevaar teenoor Namibiërs wat potensiële beleggers afskrik. Hy het sy ontevredenheid vandag tydens ‘n welwillendheidsbesoek van Craig Steinke, die uitvoerende hoof van die Kanadese olie- en gasmaatskappy, ReconAfrica, uitgespreek en gesê hierdie mentaliteit het die land al talle beleggingsgeleenthede gekos. ReconAfrica is besig met eksplorasiewerk vir olie en gas in die […]

Read More

Gewese SA minister van verdediging is nuwe speaker van Nasionale Vergadering

Die ANC het die gewese minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, as nuwe speaker van die Nasionale Vergadering benoem. Adjunk-speaker Lechesa Tsenoli het in die pos waargeneem sedert die bevordering van Thandi Modise, wat Mapisa-Nqakula as minister vervang het. Die benoeming is vandag op ‘n vergadering van senior ANC-leiers aangekondig. Die party het deur ‘n aanlyn […]

Read More

Misdadigers wend hulle tot toordokters om nie gevang te word nie

Die Erongo-polisie sê daar is toenemende misdaadsake waar misdadigers hulle tot toordokter-poppe wend om nie gevang te word nie. Die verdagtes ontvang na bewering die poppe van toordokters wat glo vir hulle geluk bring. Een van die verdagtes is in besit van ‘n poppie en krale gevind wat hy beweer deur ‘n bekende toordokter naby […]

Read More

Studente ly weens vertraging van betaling van Studentefonds

Daar is ‘n vertraging in die betaling van onderrig- en nie-onderrigfooie vir studente wat deur die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente befonds word. Dit bring frustrasie mee onder studente wat sedert die begin van Julie wag. Met die aanlynklasse wat vir tersiêre studente begin het, het dit ‘n verwoestende impak op hulle weens ‘n gebrek […]

Read More

Bevindinge oor klimaatsverandering moet SA laat wakker skrik

Die DA sê die bevindinge van die Verenigde Nasies se Interregeringspaneel oor Klimaatsverandering met die titel Klimaatsverandering 2021: Die Fisiese Wetenskaplike Grondslag behoort Suid-Afrikaners te laat wakker skrik. ‘n DA-parlementslid, Dave Bryant, sê op grond van hierdie bevindinge sal hulle voortgaan om druk uit te oefen vir groter verskeidenheid in Suid-Afrika se energie-model te kry […]

Read More

Stad Ekurhuleni se luggehaltebestuur beskikbaar vir openbare raadpleging

Die Stad Ekurhuleni het sy konsep-verordening vir luggehaltebestuur goedgekeur en dit is tans beskikbaar vir openbare raadpleging. Die verordening volg op raadpleging met relevante departemente. Die stad het die behoefte uitgeken om sy eie verordening in te stel en sodoende aandag te kan skenk aan aangeleenthede wat verband hou met die hoë vlakke van lugbesoedeling […]

Read More

Verdagtes môre in hof oor kaping van hoender-afleweringswa

Negentien verdagtes sal môre in die Goodwoodse landdroshof in Kaapstad verskyn nadat hulle verlede week in hegtenis geneem is weens die kaping van ‘n hoender-afleweringswa in Wynberg. Daar was 1 155 bokse hoenderprodukte ter waarde van meer as 600 000 rand op die vragmotor. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Novela Potelwa, is die verdagtes enkele ure na […]

Read More