Grondgrypers sê hulle gaan aan, Whk-stadsraad stry oor oplossing
Grondgrypers in die hoofstad sê hulle sal voortgaan en nie ophou tot hulle kry wat hulle wil hê nie. Nuus agentskappe berig dat lede van die groep wat steeds in Otjomuise erwe vir hulself afbaken, eis om met die Windhoek burgemeester Job Amupanda te praat. Talle sê hulle het reeds jare gelede aansoek vir ‘n […]
Google sê as jy permanent tuiswerk, kry jy minder geld
Google se werknemers wat tydens die pandemie van die huis af begin werk het en besluit het om daarmee voort te gaan, sal moontlik minder verdien. Internasionale nuusagentskappe berig dat dit ‘n toetslopie vir die maatskappy is. Volgens berigte pendel die werknemers nie meer nie en ander het na goedkoper buurte getrek tydens die inperkings […]
Gupta-skandaal: ek het aangebly om verandering mee te bring, sê Cyril
President Cyril Ramaphosa getuig vandag voor die staatskapingskommissie. Hy sê toe die Gupta-skandaal gebreek het, het dit die regering en die ANC as party geruk. Daar was toe verskeie opsies vir hom en hy het hulle uiteengesit. Hy meen sou hy bedank het, sou staatskaping eenvoudig voortgeduur het en sy regering sou nie daarteen kon […]
US$600m in kriptogeldeenhede gesteel
Kuberkrakers het sowat 600 miljoen Amerikaanse dollar gesteel in wat blykbaar een van die grootste kripto-geldeenheid-rooftogte is. Die Blockchain-webtuiste werf Poly Network het gesê kuberkrakers het ‘n kwesbaarheid in sy stelsel uitgebuit en duisende gesteel. Poly Network het in ‘n brief op Twitter die diewe aangemoedig om ‘kommunikasie tot stand te bring en die bates […]
Klagte teen Ace is polities van aard
Daar heers ‘n swaar polisieteenwoordigheid by die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein voor Ace Magashule se verskyning vandag. Die geskorsde sekretaris-generaal van die ANC en sy 15 mede-beskuldigdes is terug in die hof vir voor-verhoorverrigtinge waartydens die amptelike datum van die saak aangekondig sal word. Die beskuldigdes staar aanklagte in die gesig wat verband hou met […]
Inenting vir onderwysers moet verpligtend wees – Fauci
Amerika se voorste kenner van aansteeklike siektes, Anthony Fauci, is van mening onderwysers moet verplig word om hulle teen Covid-19 te laat inent. Dit volg na die Amerikaanse Onderwysersfederasie ‘n beroep gedoen het dat vakbonde met skooldistrikte moet saamwerk oor Covid-19-regulasies, eerder as om dit teen te staan. Fauci sê Amerika verkeer in ‘n kritieke […]
Meer inligting oor Swapo raadslede wat verskyn het op klagte van korrupsie
Landdros Simasiku Makapa het borgtog in die Ondangwa-landdroshof aan twee plaaslike Swapo-raadslede en ‘n voormalige voorsitter van die bestuurskomitee van die Oniipa-dorpsraad geweier. Die drie, burgemeester David Kambonde, sy adjunk Hileni Idhogela, en Thomas Matsi, het na bewering in 2018 ‘n kandidaat aangestel wat nie vir die posisie gekwalifiseer is nie. Die Teenkorrupsie-komissie van Namibië […]
PDM se Noa-saak is vandag aan
Sewe politieke partye in die Nasionale Vergadering het hande gevat met die PDM om die speaker, professor Peter Katjavivi te dagvaar oor die prosesse wat aangewend is om Paulus Noa en Erna van der Merwe weer by die Teenkorrupsie-kommissie aan te stel vir die volgende vyf jaar. Die partye sê die kern van hulle saak […]
42 dood in brande in Algerië
Twee-en-veertig mense is tot dusver in bosbrande in Algerië dood. Dit sluit 25 soldate in wat ontplooi is om die brande te help blus. Daar word berig dik rookwolke bedek die meeste van die bergagtige Kabylie-streek, oos van die hoofstad Algiers. Die minister van binnelandse sake, Kamel Beldjoud, het glo brandstigters die skuld gegee, sonder […]
Mense neem nie klimaatsverandering ernstig op nie
Die Wêreldnatuurlewefonds sê dit is nou duideliker as ooit te vore dat mense verantwoordelik is vir aardverwarming. Die uitvoerende hoof van die WWF in Suid-Afrika, Morné du Plessis, het kommentaar gelewer op die sesde verslag van die Verenigde Nasies se Interregeringspaneel vir Klimaatsverandering wat sê mense is onomwonde te blameer. Hy sê die Suid-Afrikaanse Klimaatskommissie […]