Voormalige hoërhofregter Pio Teek sterf

Hoofregter Peter Shivute het sy medelye uitgespreek oor die voormalige Namibiese hoërhofregter, die 74-jarige Pio Teek, wat in ‘n Windhoekse hospitaal gesterf het. Teek is in 2005 aangekla op verskeie klagte van seksuele wangedrag met minderjarige meisies en is na 5 jaar in Desember 2010 in die hoërhof vrygespreek op alle klagte. Die staat het […]

Read More

Kind sterf glo in Noordweste weens hongersnood

Entrepreneur Michael Amushelelo wil graag aan die minderbevoorregte, honger kinders van Etunda by Ruacana in Omusati-streek help. Nadat hy foto’s van ondervoede kinders in die streek gesien het, het hy op sosiale media vir die publiek gevra om die kinders op te spoor. Hy kon daarin slaag om die kinders op te spoor, maar ongelukkig […]

Read More

Honderde vroue en kinders tydens Tigray-oorlog verkrag

Amnestie Internasionaal sê Ethiopiese en Eritrese troepe het tydens die Tigray-oorlog honderde vroue en meisies verkrag en sommige is aan seksuele slawerny en verminking onderwerp. Die organisasie het vandag sy verslag bekend gemaak. Navorsers het onderhoude met 63 oorlewendes gevoer en nuwe lig gewerp op die onreg wat reeds deur Ethiopiese wetstoepassers ondersoek word. Minstens drie […]

Read More

TLU SA: 25 mesne in 153 plaasaanvalle dood

Vanjaar was daar in Suid-Afrika volgens TLU SA se voorvalleegister oor plaasaanvalle en -moorde reeds 153 aanvalle op plase wat tot die dood van 25 mense gelei het. Maar die landbouminister Thoko Didiza het oor bitter min van hierdie voorvalle iets te sê gehad. Volgens die polisie se eie erkenning het 11 703 lede die […]

Read More

Toerismesektor bloei sedert Covid-pandemie

Volgens ‘n verslag van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram oor die Namibiese toerismesektor het, toerismebesighede, restaurante, hotelle, toergidse en ander ingesluit, ‘n 97 persent daling in aanvraag en 93 persent daling in inkomste sedert die Covid-pandemie gehad. Meer as die helfte van die besighede het afdankings gerapporteer, asook salarisbesnydings, en een uit vier vroue het […]

Read More

Gondwana se inentingstasie nou ook by die kus

Ná Gondwana Collection Namibia se suksesvolle deurry- en instap-inentingstasie by die Windhoekse skougronde, gaan dieselfde by die kus geïmplementeer word. Vanaf 17 tot 27 Augustus sal ‘n inentingstasie by die Jan Wilken-stadion op Walvisbaai oopmaak en vanaf 31 Augustus tot 10 September op Swakopmund by die rugby-stadion. Die inentingstasies sal Maandae tot Vrydae vanaf tienuur […]

Read More

Ramaphosa het Brian Molefe aangestel

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê hy het Brian Molefe voorgestel as uitvoerende hoof van Eskom en nie oudpresident Jacob Zuma nie. Hy het aan die staatskapingskommissie vertel verskeie staatsbeheerde instellings soos Eskom en die Suid-Afrikaanse Lugdiens was diep in die moeilikheid en het dringend ingryping nodig gehad. Ramaphosa sê Zuma het hom in Desember 2014 […]

Read More

Teenkorrupsie-saak tot 31 Augustus uitgestel

Joyce Muzengua, woordvoerder van die LPM, het die redes gegee waarom hulle nie deel is van die sewe politieke partye in die Nasionale Vergadering is wat hande gevat het met die PDM om die speaker, professor Peter Katjavivi te dagvaar oor die prosesse wat aangewend is om Paulus Noa en Erna van der Merwe weer […]

Read More

Taliban kry beheer van kwart van provinsiale hoofstede in Afghanistan

Die Taliban het binne ‘n week beheer gekry oor meer as ‘n kwart van die provinsiale hoofstede in Afghanistan. Al Jazeera berig die groep het sedert Vrydag beheer geneem oor nege provinsiale hoofstede. Die Taliban beheer reeds groot dele van die platteland vandat hy in Mei ‘n reeks aanvalle begin het om saam te val […]

Read More

Hertepark in Tafelberg Nasionale Park oop ná veldbrand

Die Hertepark in die noordelike deel van die Tafelberg Nasionale Park het heropen nadat ‘n verwoestende veldbrand in April meer as 650 hektaar plantegroei vernietig het. Volgens SANParke volg dit na suksesvolle rehabilitasie-werk en nadat gevaarlike bome verwyder is om brandwekkende stof in die omgewing te verminder. Hierdie en ander onderhoud aan die paaie sal […]

Read More