Namibiese finansminsiterie maan teen slenter

Die Namibiese ministerie van finansies waarsku Namibiërs dat ‘n bedrogspul weer aan die gang is met sogenaamde lenings en fondse wat vir entrepreneurskap-ontwikkeling aangebied word. Vals e-posse word glo van ene Adilah W. Paulus en ander name aan aansoekers gestuur om hul persoonlike besonderhede in te vul. Die ministerie sê die e-posse is vals en […]

Read More

Wes-Kaapse Inklusiewe Behuisingsbeleidsraamwerk opgestel

Die Wes-Kaapse Inklusiewe Behuisingsbeleidsraamwerk sal ‘n duideliker interregeringsverhouding tussen die provinsie en plaaslike munisipaliteite tot stand bring. Dit sal middel-tot-lae inkomste huishoudings toelaat om in goed geleë gebiede te woon en sodoende toegang tot beter geleenthede verseker. Die DA se woordvoerder oor landbou, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Andricus van der Westhuizen, sê hulle sal dophou hoeveel […]

Read More

Ramaphosa erken daar was ‘n stelselmislukking by Passasierspooragentskap

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa gee toe daar was ‘n stelselmislukking by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika en hulle moes baie meer waaksaam gewees het. Hy het gereageer op vrae rakende Prasa nadat die direksievoorsitter, Popo Molefe, aan die kommissie gesê het hy het die ANC se top-ses ingelig oor die gebruik van die Wet op Openbare […]

Read More

DA doen aansoek in oor verkiesings

Die DA het vandag sy aansoek ingedien om deel te wees van die Onafhanklike Verkiesingskommissie se aansoek in die Konstitusionele Hof om die plaaslike regeringsverkiesing van 27 Oktober na vroeg volgende jaar uit te stel. Die party sê sy voorlegging wys dit is heeltemal moontlik vir die verkiesing om in Oktober voort te gaan, gegrond […]

Read More

Namibiese polisiehoof sê aandag moet aan grondkwessie gegee word

Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het gesê hy moes self na die toneel op die Daan Viljoen-pad wes van Windhoek gaan om sy lede te ondersteun waar grondgrypers vroeër vandag gewelddadig geraak het en lede van die polisie ontplooi moes word. Neitunga praat met Kosmos 94.1 Nuus. Ndeitunga het ook ‘n beroep gedoen op […]

Read More

UNDP: Regering moet ingryp in toerisme-sektor

Volgens die verslag van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram is toerisme-verwante bedrywe die grootste verloorders weens die Covid-pandemie. Met die verlaagde toeriste-aankomste wat dalk tot 2023 kan duur, sal die regering moet ingryp om die sektor te ondersteun en oorlewing te verseker. Belastingverligting aan die toerismebedryf sal hul kanse van oorlewing verbeter en groter internasionale […]

Read More

Namibiese toerismeverslag van 2020 bekendgestel

Die Namibiese toerismesektor het gereageer op die toerismeministerie se toerismeverslag van 2020 asook die verslag van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram oor die toerismesektor. Volgens die verslag het toerismebesighede, restaurante, hotelle, toergidse en ander ingesluit, ‘n 97 persent daling in aanvraag en 93 persent daling in inkomste sedert die Covid-pandemie gehad. Meer as die helfte […]

Read More

Eskom lê klag oor Medupi-kragstasie

Eskom ontken dat enige personeellid van vuilspel verdink word ná die ontploffing die naweek by sy Medupi-kragstasie in Limpopo, al is daar ‘n strafregtelike saak geopen. Die kragvoorsiener het ‘n klagte van kwaadwillige saakbeskadiging ingedien by die polisiekantoor in Lephalale. Niemand is Sondagaand beseer toe ‘n kragopwekker by die nuut-geboude aanleg ontplof het nie. Suid-Afrikaanse […]

Read More

DA dien aansoek in oor verkiesings

Die DA het vandag sy aansoek ingedien om deel te wees van die Onafhanklike Verkiesingskommissie se aansoek in die Konstitisionele Hof om die plaaslike regeringsverkiesing van 27 Oktober na vroeg volgende jaar uit te stel. Die party sê sy voorlegging wys dit is heeltemal moontlik vir die verkiesing om in Oktober voort te gaan, gegrond […]

Read More

Covid-19: 22 sterftes in ses distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 22 Covid-sterftes in ses distrikte aangemeld, asook 96 nuwe gevalle uit 1 625 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van ses persent verteenwoordig. In die groep is 21 leerders, twee onderwysers, een student en drie gesondheidswerkers. Daar is nou 13 508 aktiewe gevalle, waarvan 307 gehospitaliseer en 39 in intensiewesorgeenhede is. Die […]

Read More