Oorblywende olifante sal eers gevang word as hulle verkoop word
Die Namibiese omgewingsministerie het 57 van die 170 olifante wat in Desember 2020 op tender te koop aangebied is, is verkoop. Uit vyf bieërs, was drie suksesvol en 5,9 miljoen Namibiese dollar sal uit die verkoop verdien word. Die hoofskakelbeampte van die ministerie, Romeo Muyunda, het meer inligting verskaf oor die beplanning met die oorblywende […]
Covid sal nooit uitgeroei word nie – kenner
‘n Kenner aan die Universiteit van die Vrystaat is van mening die nuwe koronavirus-variante kan die grootte en duur van besmettings beïnvloed en die tydsverloop van die pandemie verleng. Professor Felicity Burt, wat ook verbonde is aan die Nasionale Gesondheidslaboratorium-dienste, sê ondanks die ontwikkeling van entstowwe en die beskikbare tegnologie om entstowwe aan te pas […]
Swapo-struwelinge met dorpe in opposisie-beheer?
Dit wil voorkom asof daar struwelinge tussen die regerende party en plaaslike owerhede wat deur opposisiepartye beheer word is. Die PDM hou vanoggend ‘n perskonferensie in die verband en intussen, het die Affirmative Repositioning-beweging ‘n brief deur hulle prokureur Khadila Amoomo aan die minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni gerig. Die beweging sê hy vermoed […]
Biden-administrasie druk Opul om produksie op te stoot, ekonomiese herstel maak staat daarop
Die Biden-administrasie het oor die afgelope dae met verskeie Opul-lede vergader in ‘n poging om olie-produksie op te stoot. Volgens die Amerikaanse regering moet die Opul-lande meer doen om ekonomiese herstel te bewerkstellig, regoor die wêreld. Die olieprys het, nieteenstaande vrese oor die Delta-variant en ‘n moontlike daling in vraag, redelik gestyg oor die afgelope […]
Peugeot-aanleg, gestig in 2018, oorhandig 8 voertuie
Ná die amptelike inhuldiging en bekendstelling van die Peugeot-Namibia-aanleg op Walvisbaai in 2018 deur President Hage Geingob, gaan Peugeot agt voertuie vanoggend aan die handelsministerie oorhandig. Die minister, Lucia Iipumbu, sal die voertuie amptelik om nege-uur vanoggend by die Namibië Nywerheidsontwikkelingsagentskap, oftewel Nida, in die hoofstad ontvang. Die woordvoerder van die ministerie, Elijah Mukubonda, praat […]
PDM hou perskonferensie oor Swapo-inmenging by dorpsrade
Die PDM hou vanoggend elf-uur ‘n mediakonferensie by hul hoofkantoor in Windhoek oor Swapo se sogenaamde voortdurende sabotasie van plaaslike owerhede wat deur opposisiepartye beheer word. Die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sê daar is ‘n agenda teen opposisiepartye.
Cyril ontken Glencore-steenkoolprys verbintenis
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het ontken dat sy politieke verbintenis deur die Glencore-mynmaatskappy misbruik is om die prys van die steenkool te beïnvloed wat Eskom van die Optimum-myn verkry het. Ramaphosa, wat gister voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig het, het vrae beantwoord oor aantygings hieroor. Dit het in die getuienis van Brian […]
Motinga is FNB, RMB se hoof, openbare sektor
Daniel Motinga is as hoof van die openbare sektor vir beide Rand Merchant Bank en First National Bank Namibia, vanaf 1 September aangestel. FNB se kommersiële hoof, Sepo Haihambo, het in ‘n mediaverklaring gesê Motinga is geen vreemdeling vir FNB of RMB Namibia nie en het sedert 2007 in verskeie kapasiteite in die groep gedien.
Menseregte tydens die Covid-pandemie verduidelik
In die meeste gevalle weet mense nie wat hul regte is en hoe om dit te gebruik nie. Baie mense sê ek ken my regte, maar weet nie regtig wat menseregte is nie. Tydens vandag se Covid-19-gesprek van die inligtingsministerie oor menseregte tydens die Covid-pandemie, het John Nakuta, ‘n lektor in regte by die Universiteit […]
Stad Tshwane verwyder onwettige strukture
Die Stad Tshwane se nuut-gestigte multidissiplinêre taakspan het binne twee weke 84 onwettige strukture in Nellmapius, Kudube, Soshanguve, Mabopane en Gomorrah gesloop. Inwoners en plaaslike raadslede het die spanne verlede week in kennis gestel daar is groepe mense wat grond in Nellmapius Uitbreiding 2 en Kudube binnedring. Die stad se woordvorder, Sipho Stuurman, sê hulle […]