WGO toets 3 nuwe medikasies vir Covid

Die Wêreldgesondheidsorganisasie betree ‘n nuwe fase met sy Solidariteitsnavorsing waarin drie middels getoets word om te sien of dit die toestand van gehospitaliseerde Covid-19 pasiënte kan verbeter. Artesunaat, imatinib en infliximab is deur ‘n onafhanklike paneel kundiges gekies en sal op pasiënte in 600 hospitale in 52 lande getoets word. Die direkteur-generaal van die WGO, […]

Read More

150 000 werksverliese as gevolg van onluste

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê die onlangse geweld en plundering in KwaZulu-Natal en Gauteng was ‘n terugslag vir inklusiwiteit, groei en werkskepping. Die organisasie sê dit word toegeskryf aan die daling in die land se sakevertroue van 96,2 in Junie tot 93,2 tans. Die kamer sê die onrus het die ekonomie 50 […]

Read More

Lafrenz-inentings vorder goed

Inentings regoor die land vorder baie goed en Coca-Cola Namibia, in samewerking met African Personnel Services, het ‘n inentingperseel in die Lafrenz-industriële gebied die week oopgemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Enid Johr, Coca-Cola se bestuurder van kommunikasie gesels oor hoe dinge vorder.

Read More

Veldbrande in Noord-Kaap: SANDF verantwoordelik?

Suid-Afrika het nes Namibië groot uitdagings met veldbrande. Die DA in die Noord-Kaap het die premier, Zamani Saul, versoek om dringend aandag te skenk aan die verwoesting wat weghol-brande in die Kalahari aangerig het. Bykans 70 000 hektaar veld is tussen Kathu en Daniëlskuil vernietig nadat brande Sondag skynbaar by die Lohatla Militêre Basis ontstaan […]

Read More

Poreuse grens kos baie, koloniale se skuld

Die debat oor die rooilyn met die hofsaak wat aan die einde van die maand afskop, het weer Namibië se poreuse grense, veral in die noorde, na vore gebring. Die minister van polisie en veiligheid Albert Kawana, sê die grense kos die regering baie geld omdat daar gereeld patrollies uitgevoer moet word. Maar, in sy […]

Read More

Mianmar-base gryp suurstof, sê pasiënte moet mediteer

Mianmar se regerende militêre-junta het volgens die uitvoerende direkteur van Human Rights Watch Kenneth Roth, beheer gevat oor al die suurstofvoorraad in die land terwyl ‘n derde vlaag van Covid-infeksies regdeur die land voorkom. Volgens die jongste syfers is amper 4 000 nuwe gevalle in 24-uur aangemeld met net minder as 220 sterftes. Die land […]

Read More

Assange: VSA mag appelleer

‘n Britse hof het Amerikaanse owerhede toegelaat om voort te gaan met hul appèlaansoek teen die weiering van die uitlewering van WikiLeaks se stigter, Julian Assange. ‘n Regter het in Januarie beslis daar is ‘n kans dat hy sy eie lewe sal neem indien hy aan die Amerikaanse regering oorhandig word. Die VSA wil die […]

Read More

Numsa neem deel aan pro-demokrasie optog vir eSwatini

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa gaan hom môre aansluit by ‘n optog na die kantoor van die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie in Pretoria, om kapsie te maak teen menseregteskendings in eSwatini. Die organisasie United eSwatini Diaspora gaan ‘n griefskrif aan die kommissie oorhandig waarin hulle eis dat die kommissie ingevolge sy mandaat teen menseregteskendings in eSwatini […]

Read More

Inperkings tydens Covid binne die regering se mag

Frustrasie met Covid neem toe en talle Namibiërs is sat vir veral inperkings op hulle reg tot beweging. Maar, volgens die waarnemende ombudsman, advokaat John Walters het President Hage Geingob die volle reg gehad om inperkings daar te stel. Hy verduidelik.

Read More

Nuwe vennootskap sal bekostigbare huise moontlik maak

Letshego Afrika het in ‘n vennootskap met die Internasionale Finansieringskorporasie getree om toegang tot bekostigbare behuising in Namibië te bewerkstellig. ‘n Totaal van 50 miljoen Amerikaanse dollar, of te wel, net meer as 718 miljoen Namibiese dollar is aan Letshego se Namibiese filiaal as leningsfasiliteit beskikbaar gestel. Daar word beraam dat 4 000 lenings vir […]

Read More