NamibRe skenk N$50 000 aan Mej. Namibië-kompetisie
NamibRe het die Mej. Namibië-kompetisie vroeër vanjaar met 30 000 Namibiese dollar geborg en het nou ‘n bykomende 20 000 Namibiese dollar aan Mej. Namibië 2021, Chelsi Shikongo, en haar twee prinsesse geskenk. NamibRe se direkteure het vandag die oorhandiging aan die wenners gedoen. Chelsi Shikongo, Mej. Namibië 2021, sê met dié skenking kan hulle […]
Erongo ent byna 1 500 mense op een dag in
Die Erongo-streek se goewerneur Neville Andre Itope is tevrede met sy streek se inentingsveldtog met 1 496 mense wat op een dag ingeënt is. Die streek se teiken is om eenduisend mense per dag in te ent. Voorheen is sowat 400 mense per dag in Erongo ingeënt. Gondwana Collection Namibia gaan in samewerking met die […]
Stad Tshwane, Dokters Sonder Grense begin gesondheidsprojek
Die Stad Tshwane, in vennootskap met Dokters Sonder Grense, sal vandag met ‘n inklusiewe en volhoubare gesondheidsorg-projek begin. Die departement se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die bekendstelling volg nadat ‘n ooreenkoms onderteken is tussen die twee instellings met die oog op verskaffing van gesondheids-en maatskaplik-verwante dienste. Hy sê die projek sal inwoners van Tshwane se […]
Agt sterf in helikopterongeluk in Rusland
Agt mense is waarskynlik dood toe ‘n toeriste-helikopter in die ooste van Rusland in ‘n meer neergestort het. Die Russiese media berig dat 16 mense aan boord die Mi-8 was toe dit in die Kurile-meer in die Kamchatka-skiereiland geval het. Daar is agt oorlewendes. Volgens amptenare lê die helikopter nou op ‘n diepte van sowat […]
Covid-19: 18 sterftes in agt distrikte
Die Nambiese gesondheidsministerie het 18 Covid-sterftes in agt distrikte aangekondig, asook 214 nuwe gevalle uit 1 567 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 14 persent verteenwoordig. In die groep is 29 leerders, vyf onderwysers en drie studente en gesondheidswerkers elk. Daar is nou 10 009 aktiewe gevalle, waarvan 300 gehospitaliseer is en 40 in intensiewesorgeenhede.
Wêreldolifantdag: Stropery neem in Namibië af
Wêreldolifantdag word vandag herdenk wat die beskerming en bewaring van grootvoete ten doel het. Uitdagings vir olifantbewaring is onwettige stropery en handel in ivoor. Olifantstropery in Namibië het volgens die omgewingsministerie afgeneem met die jongste syfers van vier olifante wat tot dusver vanjaar gestroop is. In Namibië is mens-olifant-konflik ook een van die uitdagings. Dr. […]
Ramaphosa: ANC moet vernuwe
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het aan die staatskapingskommissie gesê die ANC moet homself vernuwe soos die regering met staatsinstellings doen. Hy sê die Staatsveiligheidsagentskap is een van die instellings wat weens korrupsie gely het. Ramaphosa sê die regering het begin om staatsinstellings soos die polisie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens te suiwer.
Namibië se inflasie vir Julie is vier persent
Namibië se inflasie vir Julie is vier persent, hoër as die 2,1 persent in Julie 2020, maar effens laer as die 4,1 persent van Junie vanjaar. Volgens Cirrus in die hoofstad bly die dryfveer vir hoë inflasie vervoer teen 10,6 persent en voedsel en nie-alkoholiese drank teen 6,1 persent. Op ‘n maandelikse grondslag het pryse […]
Griekse brandbestryders veg vir negende dag teen brande
Griekse brandbestryders stry reeds vir die negende agtereenvolgende dag teen die verwoestende brande daar en is heeltemal uitgeput. Daar is ook veldbrande in Algerië, waar daar reeds 65 mense dood is, en in die suide van Italië, wat deur droë en warm weerstoestande vererger word. Baie lande rondom die Middellandse See – van Turkye tot […]
Las Vegas gaan veiling van 11 werke van Pablo Picasso hou
Las Vegas gaan in Oktober een van die grootste en belangrikse kunsveilings ooit aanbied wanneer elf werke van Pablo Picasso onder die hamer kom. Dit sal plaasvind twee dae voor die 140ste herdenking van die Spaanse meester se geboortedag. Die kunswerke word al langer as 20 jaar uitgestal by die restaurant Picasso in die stad. […]