Namibië verbied invoer van 13 soorte akkerbouprodukte
Namibië het vandeesmaand sy grense gesluit vir die invoer van 13 soorte akkerbouprodukte, gewaste aartappels ingesluit, omdat plaaslike oeste as voldoende beskou word. Dit is die eerste keer in baie jare dat so baie produkte se invoere verbied is en Namibiërs sal meestal plaaslike produkte eet. Dit dui ook op ‘n groeiende akkerbouproduksiesektor. Emilie Abraham, […]
Ramaphosa: Radikale ekonomiese transformasie verpolitiseer
President Cyril Ramaphosa sê die term radikale ekonomiese transformasie is wyd verpolitiseer. Hy het ampsdraers van die regerende party daarvan beskuldig dat hulle agter die term skuil en dit gebruik om korrupsie te bevorder. Ramaphosa het vandag sy getuienis voor die staatskapingskommissie afgesluit.
Ramaphosa sê waarom Gordhan ontslaan is
Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma het inligting ontvang dat die destydse minister van finansies, Pravin Gordhan, van plan was om negatiewe dinge oor die land te sê. President Cyril Ramaphosa het op die tweede dag van sy getuienis voor die staatskapingskommissie die proses verduidelik wat tot Gordhan se ontslag gelei het. Hy het die kommissie ingelig […]
Geingob spreek die nasie môre om elf-uur toe
President Hage Geingob gaan môreoggend om elf-uur Namibiërs toespreek oor die Covid-maatreëls. Hy het op Twitter gesê in die afgelope weke is bemoedigende tekens in die stryd teen Covid-19 gesien, maar Namibiërs moenie op hul louere rus nie.
Britse polisiekommissaris: Prins Andrew nie bo die wet verhewe
Die Britse metropolitaanse polisiekommissaris, Cressida Dick, sê niemand is bo die wet verhewe nie. Sy is uitgevra oor bewerings van seksuele aanranding teen Prins Andrew. Dick het met internasionale media gepraat nadat Virginia Giuffre vroeër hierdie week ‘n siviele klag teen die Hertog van York in die VSA ingedien het, en beweer het hy het […]
Dr. Job Amupanda ontvang glo doodsdreigemente
Die Affirmative Repositioning-beweging het vandag tydens ‘n mediakonferensie in die hoofstad gesê hul leier, dr. Job Amupanda, ontvang doodsdreigemente. ‘n Aktivis, Dimbulukweni Nauyoma, sê die doodsdreigemente teen Amupanda is deur die intelligensiediens en sekuriteitsmagte bevestig.
Kommer oor nóg werksverliese
Volgens bronne in die Namibiese arbeidsektor, is meer as 500 werknemers weens die Covid-pandemie tussen April en Junie landwyd afgedank wat tot ‘n ekonomiese insinking kan lei. Daan Strauss, sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersfederasie, sê daar heers inderdaad kommer, want as die ekonomie nie spoedig herstel nie, gaan nog werksverliese gely word.
Stad Windhoek: Politieke partye onderteken koalisie-ooreenkoms
Ná agt maande se heen en weer politiekery tussen partye in die Windhoekse stadsraad, is ‘n koalisie-ooreenkoms uiteindelik vandag tussen die partye onderteken. Nudo se sekretaris-generaal, Joseph Kauandenge, het by die mediakonferensie gesê die partye kon daarin slaag om hul verskille opsy te skuif en almal ondersteun die koalisie-ooreenkoms. Die Windhoek-koalisie is gevorm tussen die […]
Namibië Genetiese Veiling as suksesvol beskryf
Boere wat aan die Namibië Genetiese Veilingsgroep by die Agra Bank Windhoek Ring in die hoofstad deelgeneem het, het ‘n gemiddeld van 39 000 Namibiese dollar vir bulle en sowat 24 000 Namibiese dollar vir verse en koeie gekry. Tydens die veiling, wat ook aanlyn aangebied is, is 120 beeste, 40 bulle en 80 verse […]
Daling in Covid-sterftes
Volgens High Economic Intelligence het Namibië ‘n totaal van 1 619 Covid-gevalle in die afgelope week gerapporteer wat gelykstaande aan 231 Covid-gevalle per dag is. Altesaam 114 sterftes is ook gerapporteer wat ‘n gemiddeld van 16 sterftes per dag is, 38 persent minder as die vorige week. Altesaam 8 290 mense het ook verlede week […]