So lyk die maatreëls tot 14 September
President Hage Geingob het die jongste Covid-maatreëls aangekondig. Die maatreëls geld vir 31 dae, van 15 Augustus tot middernag 14 September vanjaar.
Lasbrief vir Gaddafi se seun vir Russies huursoldate
Aanklaers in Libië het ‘n lasbrief vir Saif al-Islam Gaddafi, die seun van die ontslape Libiese leier Muammar Gaddafi, uitgereik, oor vermeende bande met Russiese huursoldate. Die BBC se ondersoek het dit aan die lig gebring. Russiese soldate het in 2019 in Libië hulle opwagting gemaak toe hulle by Khalifa Haftar, wat teen owerhede in […]
SAPS berei voor vir moontlike nuwe onluste
Die Suid-Afrikaanse polisie berei volgens berigte voor vir aanvalle op wetstoepassers en infrastruktuur wat Suid-Afrika onregeerbaar sal maak. Daar word berig dat intelligensie-amptenare het ‘n dokument bekom waarin ‘n nuwe plan van die aanhitsers agter die onrus in KwaZulu-Natal and Gauteng uiteengesit word. Volgens die nuwe dokument word aanvalle op polisiestasies en militêre basisse beplan […]
NSFAF begin met betalings
Daar is ‘n vertraging in die betaling van onderrig- en nie-onderrigfooie vir studente wat deur die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente befonds word. Dit bring frustrasie mee onder studente, sodoende dat hulle met ‘n protesoptog deur die strate wil begin. Penda Nakawa, woordvoerder van die studente, het bevestig dat die fonds nou met die betalingsproses […]
Rahul se kolfwerk is perfek meen Vaughn
Die voormalige Engelse kaptein, Michael Vaughan, het die kolfwerk van Indië se aanvangskolwer, Kannur Lokesh Rahul, op die eerste dag van die tweede toets teen Engeland op Lord’s as bykans perfek beskryf. Rahul was teen uitskeityd op 127 nie uit nie met Indië wat die dag op 276 vir drie afgesluit het. Hy het laas […]
Kos goedkoper as in Junie maar, 6,6% duurder as verlede jaar
Inflasiesyfers vir Julie is bekend en op die oomblik is dit 4 persent wat baie hoër is as die 2,1 persent wat in Julie 2020 gemeet is maar effe daler as die 4,1 persent wat in Junie gemeet is. Volgens IJG Sekuriteite het vervoer en voedsel die grootste bydra gelewe aan die syfers. Voedsel is […]
Kuberkraker betaal nog US$342m terug
Meeste van die kriptogeldeenhede wat deur ‘n kuberkraker vroeër die week gesteel is, is terugbesorg. Poly Network het bevestig dat ‘n verdere 342 miljoen Amerikaanse dollar terugbesorg is, na die eerste oorbetaling van 268 miljoen dollar. Die meer as 600 miljoen dollar wat gesteel is, is as die grootste kuberdiefstal tot dusver beskryf. Die kuberkraker […]
Appèl vir Vettel onttrek
Aston Martin se Formule Een-span het besluit om hul appèl teen die diskwalifisering van Sebastian Vettel uit die Hongaarse Grand Prix terug te trek. Vettel, wat tweede oor die wenstreep was, is gediskwalifiseer nadat sy motor minder as die verpligte een liter brandstof oorgehad het vir toetse ná die wedren. Die wedrenbeamptes het Maandag die […]
Ek is geen diktator nie – Ituala
Die leier van die Independent Patriots for Change Panduleni Itula het weer aantygings dat sy leierskapstyl outokraties is, ontken. Itula sê dat hy die IPC demokraties lei en was verbaas oor partylede wat kla dat dinge of op sy manier moet geskied of lede moet waai. Hy het aan nuusagentskappe gesê die persepsie dat hy […]
Voedselsekerheid onder die loep in SA
Die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het sy verbintenis tot voedselsekerheid in die land herhaal. Die hoofdirekteur verantwoordelik vir voedselsekerheid, Jemina Moeng, het tydens die departement se Vrouemaand-webinaar planne vir die komende jaar onthul. Sy sê hulle het ook met verskeie departemente hande gevat om ‘n reeks voedsel- en voedingsprogramme vir gemeenskappe […]