Menseregtekommissie eis antwoorde van Danny Jordaan oor beweerde verkragting
Die Not In My Name-veldtog sê hy is tevrede omdat die Menseregtekommissie ‘n brief aan die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se president, Danny Jordaan, geskryf het waarin antwoorde geëis word oor die beweerde verkragting van Jennifer Ferguson. Die sanger en voormalige ANC-parlementslid beweer Jordaan het haar 28 jaar gelede in ‘n hotel in Gqeberha verkrag. Themba Masango […]
Branderryer teen ontginning van swaarmetaal aan die Weskus
Pogings om die ontginning van swaarmetaal aan die Weskus te voorkom, het ‘n hupstoot gekry met ‘n beroep van die beroepsbranderryer Koa Smith op sy kwart-miljoen Instagram-volgelinge. Die Hawaiise atleet het onlangs ‘n kortfilm vrygestel wat ‘n beroep op sy uitgebreide ondersteunersbasis doen om die organisasie sonder winsbejag, Beskerm die Weskus, te ondersteun. Die organisasie se uitvoerende hoof, Mike Schlebach, sê Smith se video kom minder as drie […]
Namibiese dokter wen foto-kompetisie oor pandemie
‘n Mediese dokter en finale jaar inwonende lid van die Namibiese Veld Epidemiologiese Opleidingsprogram aan die Universiteit van Namibië, dr. Lahja Ipinge, het ‘n internasionale foto-kompetisie gewen. Sy het die impak van epidemiologie vasgevat met foto’s wat in die veld geneem is. Ipinge het die foto geneem toe sy aan boord van ‘n 1 300 voet vaartuig met ‘n […]
Taliban neem Kadahar in Afghanistan in
Die Taliban het Afghanistan se naasgrootste stad, Kandahar, ingeneem. Die rebellegroep beheer dus nou 13 van die land se 43 provinsiale hoofstede. Die Taliban sê in ‘n verklaring hy het die goewerneur se kantoor, die polisiehoofkwartier en ander belangrike operasionele sentrums in die stad ingeneem. ‘n Senior amptenaar in die Biden-administrasie het aan internasionale media […]
Suiwelprodusente-vereniging kies nuwe leiers
Alhoewel die Namibiese suiwelsektor op die punt staan om ineen te stort, het die Suiwelprodusente-vereniging tydens sy algemene jaarvergadering vandeesweek nuwe leiers gekies. Dirk van Wyk is die voorsitter en die ander lede is Frikkie Duvenhage, Willie Aggenbach en Pieter van Wyk. Twee produsente het die bedryf verlaat en die impak op die oorblywende produsente […]
Nust doen navorsing oor oorlewing in verband met grondgebruik en landskappe
Die biodiversiteitsentrum van Nust is steeds besig met navorsing en die hoof van die sentrum, professor Morgan Hauptfleisch sê die jongste navorsing handel oor oorlewingsmaatreëls in verskillende landskappe. Die span werk op die oomblik in die Ehirovipuka bewaringsgebied in die Kunene-streek, wes van Etosha Nasionale Park. Die diere sal volgens Hauptfleisch verskillende strategieë ontwikkel in […]
Saara sê sommige sektore het herstel getoon
Ekonomieë regoor die wêreld het ‘n erge knou gevat tydens die pandemie, en Namibië is nie gespaar nie. Die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa Amadhila het by vanoggend se Covid-perskonferensie die kwessie aangespreek en gesê sommige sektore toon herstel.
Brandspan maak voorbrand werk!
Die gesamentlike brandspan van die Otjiwarongo Buurtwag en -Boerevereniging het vanjaar reeds 45 veldbrande op plase in die noordelike kommersiële landbougebied bestry en die brandskade beperk tot ongeveer 100 000 hektaar. Frans Holtzkamp, hoofkoördineerder van hierdie brandspan, skryf hulle suksesse toe aan uitstekende spanwerk. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Koeberg se lewensduur word verleng – N$20 miljard later
Die Amerikaanse raadgewende onderneming Jacobs is aangestel om ingenieurswysigings aan te bring as deel van ‘n program van 20 miljard Namibiese dollar om die lewensduur van die Koeberg-kernkragstasie in die Wes-Kaap te verleng. Die projek is ter voorbereiding vir die aanbring van ses stoomopwekkers wat vervang word. Die vise-president van Jacobs Energiesekerheid en Tegnologie, Karen […]
Droogtes het impak op skoon energiebronne
Klimaatsverandering bly in die nuus na die VN se jongste verslag. Daar is tans kommer oor die impak van verlengde droogtes op hidroëlektrisiteit wat as ‘n skoon bron van energie ge-ag word. Volgens internasionale nuusagentskappe is daar aanlegte in die VSA, China en Brasilië wat reeds geen krag kan opwek as gevolg van droogte nie, […]