Die Taliban is byna in volle beheer van Afghanistan

Die land se hoofstad Kabul is nou die enigste belangrike stad wat nog onder beheer van die regering is. Dit volg na die rebelle vroeër vandag die beheer van Jalalabad, ‘n belangrike stad oos van Kabul, oorgeneem het. Die oorname volg slegs ‘n dag nadat die Taliban streke wes, noord en suid van die hoofstad […]

Read More

Rassie en SARU kry dalk drastiese optrede oor gewraakte video

Wêreldrugby kan volgens Suid-Afrikaanse media in die mees drastiese optrede teen Rassie Erasmus en die SA Rugbyunie besluit om die Bokke van hulle oorwinning in die 2 de toets teen die Britse en Ierse Leeus te stroop. Dit kom na Erasmus se gewraakte video.

Read More

Suid-Afrika se inentingsveldtog verloor momentum

Volgens verslae bereik die buurland nie sy daaglikse teiken van 250-duisend inentings nie. Dis hoofsaaklik omdat minder mense reg deur die land by sentrums vir inenting opdaag. In die afgelope week is minder as 180-duisend inentings daagliks gedoen. Sommige kenners meen dis omdat mense nog huiwer oor die inenting. Navorsing van die Instituut vir Geregtigheid […]

Read More

Môre is die negende herdenking van die Marikana-slagting

Op 16 Augustus 2012 het die polisie 34 stakende lede van die mynwerkersvakbond, AMCU by die Lonmin-platinummyn in Rustenburg doodgeskiet. Die voorval het die wêreld geskok. Die president van die vakbond, Joseph Mathunjwa, sê byna ‘n dekade na die tragedie kan die gevolge daarvan nog gevoel word. Hy sê die slagting het die simbool geword […]

Read More

Amerika gaan hulp verleen na aardbewing in Haïti

Die Amerikaanse regering is besig met aksies om hulp te verleen na die enorme aardbewing met ‘n omvang van 7,3 wat die Karibiese inwoners van Haïti getref het. Meer as 304 mense is dood en ten minste een-duisend-800 is beseer. Na wat berig word was die aardbewing se episentrum sowat 150 kilometer van die digbevolkte […]

Read More

Opposisiekandidaat in Zambië vaar volgens jongste uitslae goed in die buurland se verkiesing

Volgens die jongste uitslae van die presidentsverkiesings in Zambië, loop die opposisiekandidaat, Hakainde Hichilema voor teen president Edgar Lungu en sy party. 62 van die 156 kiesafdelings se uitslae is reeds bekend. Die verkiesing is gehou midde beperkings van internettoegang en geweld in drie streke. Dit is volgens berigte uit die buurland egter nog te […]

Read More

Namibië realiseer goeie mielie-oes

‘n Rekord witmielie-oes is in die kommersiële gebied van Namibië gerealiseer. Die syfer van 74 700 metrieke ton vir die seisoen is 45 persent hoër as die vorige seisoen wat 51 600 ton opgelewer het. Vooruitskattings het die oes op rondom 66 000 ton beraam. Die landbouministerie sê die is die grootste oes nog. Net […]

Read More

Die Bokke doen dit weer

Rugby . . . Die Springbokke het die eerste toets teen die Pumas van Argentinië in die rugbykampioenskapsreeks in Gqeberha met 32-12 gewen. Die rustydtelling was 21-9.

Read More

Krieket vandag in Windhoek

Plaaslike krieket . . . Die tweede T20-wedstryd tussen die Namibiese Eagles en die opkomende span van Zimbabwe begin vanoggend 11:00 op die Wanderers in die hoofstad. Die Eagles het die eerste T-20 kragmeting met 7 paaltjies gewen.

Read More

Dodetal in aardbewing styg steeds

Die dodetal in die kragtige aardbewing van 7,3 in Haïti in die Karibiese eilande het tot 304 gestyg. Die aardbewing het op ‘n diepte van 10 km voorgekom. ‘n Tsoenami waarskuwing is ook uitgereik. Talle geboue, insluitend kerke en hotelle is beskadig. ‘n Maand lange noodtoestand is intussen afgekondig. Haïti herstel nog van ‘n verwoestende […]

Read More