Marikana: Cyril moet ook verantwoording doen
Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu sê die Marikana-slagting verteenwoordig ‘n politieke keerpunt in die land. Vier-en-dertig stakende mynwerkers van Lonmin in Noordwes het vandag in 2012 aan die hand van die polisie gesterf. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê oudpresident Jacob Zuma is nie aanspreeklik gehou nie, en ook nie President Cyril Ramaphosa, wat destyds ‘n […]
Produksie vorder – grens sluit vir 13 gewasse
Die Namibiese landbousektor vorder volgens berigte goed om in ‘n deel van die land se plaaslike behoeftes te voorsien, nadat die land sy grense gesluit het vir die invoer van 13 soorte beheerde tuinbouprodukte, insluitend gewasse soos aartappels, aangesien die plaaslike oes na verwagting voldoende sal wees. Emilie Abraham, die tuinboubestuurder van die Namibiese Akkerbou […]
Gauteng-polisie sluit 40 onwettige drankwinkels
Meer as 40 ongelisensieerde drankwinkels in Gauteng is gesluit. Die polisie het die afgelope week toegeslaan op handelswinkels in Tshwane, Ekurhuleni en die Wes-Rand as deel van ‘n voortgesette operasie. Tien verdagtes is in Tshwane vasgetrek weens die verkoop van alkohol sonder ‘n geldige lisensie. ‘n Polisiewoordvoerder, Kay Makhubele, sê sekere winkels is gesluit omdat […]
Man vas vir ietermagô
‘n 29-jarige man sal na verwagting vandag in die Outapi landdroshof verskyn nadat hy die naweek in hegtenis geneem is vir die besit van ‘n lewendige ietermagô. Volgens die Namibiese polisie is hy vas as gevolg van ‘n spesiale operasie. Die man het volgens berigte gepoog om die dier aan ‘n geheime polisielid te verkoop. […]
Kaalswem: SA 7de beste bestemming ter wêreld
Suid-Afrika is as die sewende beste bestemming ter wêreld aangewys om in kaal te swem. Dit is volgens ‘n nuwe meningspeiling deur die avontuur- en buitelugbestemmings-webwerf, Outforia. Frankryk het die eerste plek behaal. Die VSA is in die tweede plek, maar hul nudistekampe het wel die top-posisie behaal. Ander lande op die lys sluit in […]
September is vir die kinders, sê kankervereniging
Die Namibiese Kankervereniging het verskeie aktiwiteite in September ter ondersteuning van sy Chica-program, oftewel, kinders wat kanker beveg. Rolf Hansen, hoof uitvoerende beampte by die vereniging het die besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Trudeau kondig verkiesingdatum aan
Kanada se premier, Justin Trudeau, het aangekondig ‘n vroeë verkiesing sal op die 20ste van volgende maand in dié land plaasvind in die hoop dat kiesers sy regering se hantering van die Covid-19-pandemie sal beloon. Die premier, wat sedert 2015 in die amp is, het goewerneur-generaal Mary Simon gevra om die parlement te ontbind. Jagmeet […]
Virtuele museum oor Namibiese mode
Die Museumvereniging van Namibië loods die land se eerste virtuele museum, die van Namibiese mode, om Vrydagoggend. Die projek is met verskeie vennote wat Unesco insluit, moontlik gemaak. Ndapewoshali Ashipala, operasionele bestuurder by die vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Vakbondlid soek N$1m van Napwu
Bernardus Araeb dagvaar die openbare werkers vakbond Napwu vir net meer as ‘n miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding. Volgens Araeb, is hy en twee kollegas onregverdig by die gesondheidsministerie afgedank. Hy het daar gewerk as ‘n senior sekuriteitsbeheer-beampte. In sy stukke voor die hof sê hy dat sy twee kollegas deur hulle verpleërs vakbond suksesvol […]
Van der Walt se dood het geen impak op Thales-verhoor nie
Die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika sê die dood van die ouditeur Johan van der Walt sal geen uitwerking hê op die wapenhandel-verhoor van oudpresident Jacob Zuma en die Franse wapenmaatskappy Thales nie. Van der Walt, wat by FTI Consulting gewerk het, was die hoofgetuie en hy het die forensiese verslag geskryf vir die verhoor, wat […]