Jagluiperds suksesvol hervestig

Die grootste hervestiging van jagluiperds ooit het onlangs suksesvol plaasgevind onder die vaandel van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe. ‘n Woordvoerder van die trust sê die verskuiwing van 12 jagluiperds met drie vliegtuie uit Suid-Afrika en Malawi na die Zambezi-delta kon plaasvind danksy die Cabela-familietrust, die Ivan Carter-alliansie vir wildbewaring en die Zambezi Delta-bewarings- en […]

Read More

Alleenlik koplose mannekyne sê Islamitiese polisie

Winkels in Kano in Nigerië is deur die Islamitiese polisie beveel om slegs koplose mannekyne te gebruik om klere te adverteer. Die mannekyne moet te alle tye bedek wees, omdat dit teen die Sharia-wet is om die vorm van ‘n vrou se liggaam ten toon te stel. Kano is ‘n Moslem-meerderheidstaat in Nigerië. Die bevelvoerder […]

Read More

Geen ontploffing op Tsumeb nie

Gerugte op sosiale media oor ‘n ontploffing by Dundee se smelter op Tsumeb is ongegrond. Daar is bewerings van ‘n groot ontploffing gevolg deur ‘n klank soos van ‘n straler-vliegtuig. Die hoof van dorp se brandweer, Mathew Shikewa het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat alles vlot verloop.

Read More

Beleid en toepassing groot uitdagings vir Namibiese natuur

Na aanleiding van die VN se verslag oor klimaatverandering het die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing ‘n verslag uitgereik oor Namibië se uitdagings met die bestuur van natuurlike hulpbronne en kwessies van volhoubaarheid. Die insituut sê daar is daadwerklike uitdagings in die reguleringsraamwerke en die bestuur daarvan. Die plaaslike ekoloog, dr. Peter Cunningham stem saam…

Read More

Water is die belangrikste hulpbron in Namibië – Schlettwein

Die Namibiese landbouministerie het baie goeie vordering gemaak in die voorsiening van water aan gemeenskappe regoor die land. Die teiken is om water aan alle landsburgers te voorsien soos die minister, Calle Schlettwein, aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.

Read More

Motorfietsryer gestamp deur vliegtuig … op aanloopbaan

‘n Motorfietsryer het ‘n noue ontkoming gehad toe hy gestamp is deur ‘n vliegtuig met 23 passasiers aan boord wat kom land het. Die man het oor ‘n aanloopbaan by die lughawe op Lubumbashi in die Demokratiese Republiek van die Kongo gery en die Bombardier Q400 vlug van Congo Airways was besig om te land. […]

Read More

Motorongelukke: probleem lê by bestuurders se gedrag

Daar was ‘n paar gruwelike motorongelukke oor die naweek met verskeie sterftes op ons land se paaie en daar is sommige mense wat van mening is dat soos maatreëls verslap word sal ongelukke weer begin toeneem. Maar, Hoofinspekteur Rozario Coetzee van Nampol se verkeersafdeling sê die uitdaging lê by bestuurders. Hy verduidelik.

Read More

Topatlete moet gevind word, dan opgelei word

Die Namibiese sportminister Agnes Tjongarero sê terwyl daar nie genoeg befondsing is nie, is sport steeds besig om te groei in die land. Die grootste uitdagings is om die atlete te identifiseer en op te lei. Tjongarero het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Rekord mielie uitvoere in SA

Suid-Afrika se mielie-uitvoer in die huidige seisoen beloof om die naasgrootste in die geskiedenis te wees. Dis volgens die hoof-ekonoom van die Suid-Afrikaanse Landbou-sakekamer, Wandile Sihlobo. Hy sê die afgelope week was die 14de in Suid-Afrika se 2021-2022 mielie-bemarkingsjaar. Die weeklikse uitvoer was 85 173 ton; 65-persent was na Suid-Korea, 22 persent na Taiwan en […]

Read More

Elcin verkies twee nuwe biskoppe

Die Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië sal na verwagting die week twee nuwe biskoppe by sy algemene sinode verkies. In ‘n kennisgewing het die kerk se voorsittende biskop, Shekutamba Nambala, gesê dat die sinode in die Elcin Ongwediva-konferensiesentrum sal plaasvind.

Read More