Covid-gevalle neem skerp onder leerders in SA toe
Nadat die Namibiese gesondheidministerie vandag positiewe Covid-gevalle van 18 leerders en twee onderwysers aangekondig het, het verskeie skole in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap gesluit nadat Covid-19-infeksies onder leerders skerp toegeneem het. Die onderwysers-vakbond Sadou sê dis nie verbasend nie, gesien in die lig van die onlangse vermindering in sosiale afstand van een meter tot […]
‘Buitelandse moondhede onsuksesvol om beheer oor Afghanistan-gebied te neem’
‘n Politieke kenner het gereageer op die situasie in Afghanistan. Chaos heers op Kabul se lughawe nadat honderde mense vliegtuie bestorm het om te vlug. Vyf mense het volgens internasionale nuusagentskappe gesterf. Dit volg nadat die Taliban bekend gemaak het hulle het beheer oor die land oorgeneem en die oorlog is verby. Die Verenigde Nasies […]
Malema sê Ramaphosa moet oor Marikana vervolg word
Die leier van die EFF, Julius Malema, het ‘n beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag gedoen om President Cyril Ramaphosa te vervolg vir die dood van 34 myners tydens die loononderhandelings-betogings by Marikana nege jaar gelede. Hy het in Johannesburg gepraat by ‘n gedenkgeleentheid aangebied deur die mynwerkersvakbond Amcu. Malema sê as die NVG Ramaphosa nie […]
Dodetal van Haïti-aardbewing styg skerp
Die dodetal na Saterdag se verwoestende aardbewing met ‘n meting van 7,2 in Haïti het gestyg tot 1 297 met meer as 5 700 mense wat beseer is. Meer as 13 600 huise is verwoes en duisende beskadig. Eerste Minister Ariel Henry het ‘n noodtoestand vir sekere gebiede afgekondig. Intussen verwag die land vandag en […]
Covid-19: Agt sterftes in vier distrikte
Die Namibiese gesondheidsministerie het agt Covid-sterftes in vier distrikte aangekondig, asook 76 nuwe gevalle uit 854 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van nege persent verteenwoordig. In die groep is 18 leerders en twee elk onderwysers en gesondheidswerkers. Geeneen van die bevestigde gevalle is ingeënt nie. Daar is nou 3 840 aktiewe gevalle, waarvan 259 in hospitale en 52 in intensiewesorgeenhede is.
Kabul: Vyf sterf ná honderde mense vliegtuie bestorm
Internasionale nuusagentskappe berig minstens vyf mense het gesterf nadat honderde mense vliegtuie bestorm het wat vertrek vanaf Kabul se lughawe in Afghanistan. Dit volg nadat die Taliban bekend gemaak het hulle het beheer oor die land oorgeneem en die oorlog is verby. ‘n Taliban-leier het aan nuusagentskappe gesê hul vegters hergroepeer tans en sal wag […]
Ministers vergader met vissery-vakbonde
Die Namibiese arbeidsminister Utoni Nujoma en visseryminister Derek Klazen het ‘n vergadering met verskeie betrokke vakbonde van Swakopmund en Walvisbaai gehou oor die vordering van die herindiensstelling van afgedankte vissers weens die onwettige staking van 2015, asook oor die uitdagings in die visserysektor. Die twee ministers sal binnekort Walvisbaai besoek om met rolspelers te beraadslaag om die vissermanne weer aan te stel.
Eskom ‘besnoei’ reeds twee jaar personeel
Eskom in Suid-Afrika het herhaal hulle sal geen nuwe personeel aanstel nie. ‘n Woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê Eskom is eerder aktief daarop ingestel om oorhoofse koste te verminder deur middel van natuurlike afskaling en vrywillige skeidingspakkette wat aan bestuurspersoneel gebied word. Hy verduidelik hierdie strategie werk tans goed:
Rosh Pinah-pad: RA weet daarvan en herstelwerk begin binnekort
Die Namibiese Paaieowerheid is wel bewus van die kraak op die Rosh Pinah-pad wat weer die naweek op sosiale media gedeel is. Die pad is volgens die owerheid se hoof uitvoerende beampte Conrad Lutombi reeds in Februarie beskadig na goeie neerslae die Oranjerivier laat vloed het. Lutombi sê die voorbereidings vir die herstel van die […]
Jongste bek- en klouseer is ‘n ander variant, baie gevaarlik
Daar is baie groot kommer oor die jongste bek- en klouseer uitbreking wat Vrydag in die Zambezi-streek bevestig is. Die uitbreking is ‘n nuwe variant van die virus, bekend as ‘Tipe Zero’ en owerhede is op soek na entstof teen die variant. Die goewerneur van die streek Lawrence Sampofu het boere gevra om kalm te […]