‘Geen rede tot kommer oor onluste in Wes-Kaap’

Die Wes-Kaapse regering sê daar is in hierdie stadium geen rede tot kommer oor moontlike onrus in die provinsie volgende week nie. Die Provinsiale Rampbestuursentrum is bewus van berigte op sosiale media asook sommige mediakanale wat waarsku daar gaan op 23 Augustus hernude onrus wees. Die woordvoerder van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, James-Brent Styan, […]

Read More

‘Namibiese vervoerbedryf te klein vir nóg vakbonde’

‘n Kenner in die Namibiese logistieke bedryf, gee sy reaksie oor ‘n nuwe vervoervakbond, genaamd die Namibia Revolutionary Transport Union oftewel Naretu, wat vandag in die hoofstad gestig is. Naretu se hoof, Petersen Kambinda, het gesê die vakbond is gestig om die regte, belange en eer van werkers in die logistieke en vervoersektor te beskerm. […]

Read More

Cheetah Conservation Fund laat vyf jagluiperds in Erindi vry

Die Cheetah Conservation Fund het vyf jagluiperdmannetjies suksesvol by die Erindi Privaatwildreservaat vrygelaat. Een van die wyfies wat voorheen daar vrygelaat is, se nekband is vervang en sy spog met 15 maande oue welpies. Twee beamptes van die omgewingsministerie was teenwoordig tydens die vrylating. Stigter van die Cheetah Conservation Fund, dr. Laurie Marker, gesels met […]

Read More

Eerste minister van Maleisië bedank

Die eerste minister van Maleisië, Muhyiddin Yassin, het bedank na maande van onrus nadat sy kabinet die meerderheid verloor het. Hy was in die amp vir slegs 17 maande. Dit is onseker wie verantwoordelik sal wees vir die vorming van ‘n nuwe regering, aangesien daar nie ‘n duidelike meerderheid in die parlement is nie. Dit […]

Read More

Suid-Afrikaners wat emigreer gaan nóg belasting opdok

Die Nasionale Tesourie het verdere belasting voorgestel vir mense wat van plan is om Suid-Afrika permanent te verlaat. Belastingkundiges by die spesialis-raadgewende-firma, Tax Consulting SA, sê die voorgestelde belasting is vervat in die jongste gepubliseerde Konsepwetsontwerp, en bevat die belastingvoorstelle wat tydens die 2021-begroting gemaak is. Die wysiging onderneem om aftreefondsbelange van individue te belas […]

Read More

Sikunga-viswagters konfiskeer 55,3 km lange nette

Volgens die Sikunga-viswagters se maandelikse verslag vir Julie het hulle beslag gelê op 15 makôrôs en nette van 55,3 kilometer lank in die Zambezirivier. Daar was 2 742 vis in die nette. Die ses Sikunga-viswagters van die Sikunga-bewaringsgebied in die Zambezi-streek vat visstropers in die Zambezi-rivier vas.

Read More

Namibië se damme is 81,3% vol, Kaapstad s’n 98%

Terwyl Namibië se gesamentlike damvlakke tans op 81,3 persent staan, staan die damvlakke vir damme wat die Stad Kaapstad van water voorsien, net oor die 98 persent vol. Die LUR vir omgewingsake, Anton Bredell, sê dit is as gevolg van goeie reënval oor die grootste deel van die provinsie. ‘n Woordvoerder van die LUR, James-Brent […]

Read More

‘Toerismebemarking van Omaheke-streek afgeskeep’

Die Omaheke-streek sê hulle word afgeskeep om as toeristebestemming bemark te word. ‘n Eienaar van ‘n toergidsmaatskappy in die streek, Uakii Kazapua, sê die Namibië Toerismeraad moet die hele Namibië as toeristebestemming bemark, maar Omaheke, wat ryk aan kulturele geskiedenis is, word afgeskeep. Hy praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Stad Windhoek keur meer bouplanne in Julie goed

Volgens IJG in die hoofstad het Stad Windhoek 211 bouplanne in Julie goedgekeur wat ‘n styging van 77,3 persent teenoor Junie se 119 bouplanne is. Die waarde het met 13,4 persent na 145,6 miljoen Namibiese dollar in Julie vanaf Junie se 128,4 miljoen Namibiese dollar gestyg. Tot dusver vanjaar is 1 388 bouplanne ter waarde […]

Read More

Nuwe vervoervakbond gestig

‘n Nuwe vervoervakbond, genaamd die Namibia Revolutionary Transport Union oftewel Naretu, is vandag in die hoofstad gestig wat ten doel het om die regte van werkers in die vervoer en logistieke bedryf te bevorder. Naretu se hoof, Petersen Kambinda, het gesê die vakbond is gestig om die regte, belange en eer van werkers in hierdie […]

Read More