Prasa-baas vies vir Cyril
Die voormalige voorsitter van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Popo Molefe, sê hy is gegrief deur die opmerkings wat president Cyril Ramaphosa oor hom by die staatskapingskommissie gemaak het. Ramaphosa het aan die kommissie gesê Molefe het versuim om teen korrupsie by die staatsbeheerde vrag- en spoorweginstelling op te tree. Molefe sê hy het Ramaphosa en […]
Whk moet nuwe begraafplase ontwikkel
Plaaslike media berig dat Stad Windhoek nog net spasie het vir 9 000 grafte met drie begraafplase wat reeds vol is. Volgens Harold Akwenye, woordvoerder by Stad Windhoek, is die sogenaamde ou-lokasie, Khomasdal en Katutura begraafplase reeds vol en Oponganda se A-uitbreiding is vol. Beskikbare spasie is 5 000 by Gammams en 4 000 by […]
Brown geskok oor J&J-entstof uitvoere vanaf SA
Die voormalige Britse eerste minister Gordon Brown sê dis skokkend dat sowat 10 miljoen Johnson en Johnson Covid-19 inentings wat by die Aspen-fakbriek in die Oos-Kaap vervaardig is, na Europa uitgevoer gaan word. Brown sê van die 4,7-miljard eenhede van die entstof wat wêreldwyd vervaardig is, het meer as 80 persent na die rykste G20 […]
Afghanistan moet die politieke wil hê om sy toekoms te bepaal
Die Amerikaanse President Joe Biden gaan op die oomblik gebuk onder kritiek uit verskeie oorde oor die onttrekking van die land se troepe uit Afghanistan. ‘n Vredesooreenkoms is deur die voormalige president, Donald Trump in Mei verlede jaar onderteken en daar is ooreengekom om die troepe uit die land te onttrek. Intussen het die Taliban […]
Veediefstal in die Suide: ‘daar’s altyd ‘n mark vir goedkoop skaapvleis’
Veediefstal in die suide van Namibië, veral in die Grünau-gebied, is van groot kommer vir boere. Volgens Dolf de Wet, ‘n boer in die gebied, is in die gebied net klein hoeveelhede vee gesteel, maar veediefstal het toegeneem. Kommersiële en kommunale boere landwyd ly hewige verliese weens veediefstal. Daar is vermoedelik sindikate van veediewe wat […]
VN moenie Taliban-administrasie erken nie
Die Afghaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies, Ghulam Isaczai, het ‘n beroep op die VN gedoen om nie enige administrasie wat die Taliban vorm, te erken nie. Dit volg nadat die Taliban die Afghaanse hoofstad Kaboel ingeneem het. Duisende mense het van ander dele van die land waar die rebelle aktief was, vir veiligheid hierheen […]
Stigting kla by Cites oor olifant-verkope
‘n Nie-regerings-organisasie, Franz Weber-stigting sê sy navorsing toon dat die vang en vervoer van wilde olifante in Namibië die diere in gevaar sal stel. Die omgewingsministerie het verlede week bevestig 57 van die 170 olifante wat te koop aangebied is, verkoop is en 42 word uitgevoer. Volgens die stigting oortree Namibiese owerhede hierdeur internasionale verpligtinge. […]
Hoofstad se bouplanne herstel
Stad Windhoek se goedgekeurde bouplanne vir Julie is deur IJG Sekuriteite bekend gemaak. Volgens die makelaarsfirma, is 211 planne gedurende die maand goedgekeur, 77,3 persent hoër as die skamele 119 wat in Junie goedgekeur is. Die waarde is 13,4 persent hoër as in Junie, en staan op 145,6 miljoen Namibiese dollar. Tot dusver is 1 […]
Ventilasie vorm deel van die arsenaal teen Covid
Met Covid-19 word elke dag nuwe dinge geleer. Mense word daaraan herinner om hul hande te was om die verspreiding van die virus te voorkom. Dan is daar die gebruik van ventilasiemasjiene of –stelsels. Kosmos 94.1 Nuus het aan dr. Kaveto Sikuvi, noodmedisyne-spesialis van die Namibiese gesondheidsministerie gevra wat ‘n ventilasiestelsel is. Sikuvi verduidelik waarom […]
Nawa help nie net diere nie, maar voed kinders op in die verband
Die Namibiese Dierewelsynsvereniging, bekend as Nawa, het uiteindelik ‘n deurbraak gemaak toe die skoolhoof van die Groot Aub Primêre Skool ingestem het om die Caring Classrooms-sillabus te implementeer. Junior primêre onderwysers sal volgende week die Caring Classrooms-sillabus vanaf graad R tot graad 3 vir die res van die jaar implementeer en moontlik sal dit volgende […]