Eerste minister praat oor Afghanistan
Reaksie word plaaslik ontvang oor die heersende chaos in Afghanistan. Die Taliban het oor die naweek beheer oor die lang geneem. Die Namibiese eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Enkelmoeders moet kinders in hulle eie name registreer
Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het veral enkelmoeders gevra om eerder hulle kinders in hulle eie vanne te registreer. Daar word volgens berigte uitdagings ervaar tydens die registrasie prosesse en dan word die uitreiking van die sertifikate vertraag. Die ministerie se woordvoerder, Margaret Kalo het dit so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.
SAL sal dalk teen volgende maand weer vlieg
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens kan reeds volgende maand vlugte hervat. Die nasionale lugredery verwag dat twee Airbus 320s uit Abu Dhabi gaan aanland om sy binnelandse mark aan te voor. Elke vliegtuig kan tot 138 passasiers dra en die redery sal dit waarskynlik gebruik op vlugte tussen Johannesburg en Kaapstad, sowel as Durban. Die redery is […]
Prins Andrew vermy Epstein-ondersoekers
Amerikaanse aanklaers sê prins Andrew is ‘n persoon van belang in hulle ondersoek na die doen en late van Ghislaine Maxwell en haar ontslape vriend Jeffrey Epstein. Ondersoekbeamptes wil Andrew ondervra en het aan Amerikaanse media gesê dat Andrew homself vals uitgebeeld het as iemand wat die ondersoek wil bystaan maar het tot dusver alle […]
Numsa vaar uit teen ANC oor werksomstandighede by myne
Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa het die ANC gekritiseer vir sy kommentaar dat Suid-Afrikaners gerus kan wees arbeidsverhoudings in die mynbousektor sedert die Marikana-menseslagting steeds aan die verbeter is. Dit was Maandag nege-jaar gelede sedert die polisie 34 mynwerkers in Marikana in Noordwes doodgeskiet het. ‘n Woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê daar is min bewyse […]
Stand van Covid in Zambezi is baie kommerwekkend
Inwoners van die Zambezi-streek is traag om teen Covid-19 ingeënt te word en slegs enkeles daag by inentingsentrums op. Volgens die goewerneur van die streek, Lawrence Sampofu, is dit ‘n uitdaging om mense te mobiliseer om hulle te laat inent. Sampofu praat met Kosmos 94.1 Nuus.
Keetmans sal nie water ens., afsny nie
Die Keetmanshoop munisipaliteit het ‘n ommekeer gemaak en skort nie meer dienste aan inwoners wat agterstallig is, nie. Volgens die dorp se skakelbeampte Dawn Kruger, is die besluit geneem sodat die dorpsraad die stelsel en prosedure wat gevolg moet word kan bepaal. Die lys van agterstallige inwoners moet ook opgedateer word omdat talle inwoners reeds […]
Goewerneur van Afghaanse sentrale bank kritiseer Ghani en kie
Die hoof van Afghanistan se sentrale bank, waarnemende goewerneur Ajmal Ahmady, het ook uit Kaboel gevlug maar het op Twitter die lojaliteit van die land se weermag sowel as President Ashraf Ghani bevraagteken. Hy sê verder dat Ghani duidelik onervare raadgewers het wat toegelaat het dat die Taliban so vinnig die land kon oorneem. Ahmady […]
Zambiese verkiesing – winder van verandering waai oor vasteland
Reaksie word ontvang op die verkiesing van Zambië se opposisieleier, Hakainde Hichilema, as die land se nuwe president. Die huidige president Edgar Lungu het die uitslae aanvaar. Brian Black, nasionale voorsitter van die Independent Patriots for Change (IPC) opposisieparty, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die winde van verandering waai deur die magtige Afrikavasteland. Hy […]
Afghanistan – reaksie sal wel kom
‘n Politieke kommentator, Abel Esterhuyse, sê daar is sleutel-elemente by die hernieude stryd in Afghanistan betrokke. Die Taliban het die hoofstad Kaboel oorgeneem en ‘n oorwinning verklaar ná president Ashraf Ghani uit die land gevlug het. Volgens internasionale media het die militante se her-oorname ‘n einde gebring aan die teenwoordigheid van ‘n Amerikaanse-geleide koalisie van […]