Eg Namibiese My dream wedding September hier
Ondanks die Covid-pademie gaan Namibiërs voort om te werk en huishoudings aan die gang te hou. Die Namibiese kreatiewe vermaakdirekteur van Olive Entertainment, Julia Kadhikwa, stel die Namibiese weergawe van My dream wedding in Namibië bekend. My dream wedding is oorspronklik in Suid-Afrika vervaardig. Volgens Kadhikwa het die program ten doel om verskillende kulture te […]
PDM skenk mobiele kliniek aan Grünau-gemeenskap
Sommige gemeenskapslede van Grünau in die Karas-streek verwelkom die mobiele kliniek wat deur die Popular Democratic Movement geskenk is. Grünau het ‘n bevolking van sowat 400 inwoners. PDM se lid van die Nasionale Vergadering, Elma Dienda, het gesê die PDM wil deur hierdie projek gesondheidsorg nader aan die mense bring en veral diegene wat lank […]
Wes-Kaap gekant teen uitstel van plaaslike regeringsverkiesing
Die Wes-Kaapse regering sê hy gaan die uitstel van die plaaslike regeringsverkiesing teenstaan omdat dit ‘n gevaarlike presedent skep waar stemreg en verwante regte sonder die korrekte grondwetlike proses uitgestel kan word. Die aansoek word Vrydag in die Konstitusionele Hof aangehoor. Die Wes-Kaapse regering word verteenwoordig deur die LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, […]
Slegs drie Covid-sterftes, 154 nuwe gevalle
Die Namibiese gesondheidsministerie het drie Covid-sterftes, een elk in Eenhana, Okongo en Onandjokwe aangekondig. Daar is 154 nuwe gevalle uit 1 197 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 13 persent verteenwoordig. Daar is nou 2 917 aktiewe gevalle, waarvan 240 in hospitale en 49 in intensiewesorgeenhede is. Altesaam 187 892 mense het hul eerste dosis […]
Suid-Afrikaanse verbruikers se skuldlas vererger
DebtBusters se jongste skuldaanwyser bevestig dat Suid-Afrikaanse verbruikers se skuldlas vererger. Die verslag dui aan in vergelyking met dieselfde tydperk vyf jaar gelede, het die werklike inkomste met 21 persent gekrimp en onversekerde skuld is gemiddeld 32 persent meer. Die hoof van DebtBusters, Benay Sager, sê een van die bevindings is dat 56 persent van […]
Agri SA, boere in KwaZulu-Natal wil voedselsekerheid verseker
Agri SA, in samewerking met vakbonde en KwaZulu-Natalse boere poog om bedreigings ten opsigte van voedselsekerheid in landelike dorpe en gemeenskappe te bekamp. Tien van die 31 plattelandse dorpe wat deur die onlangse onrus geraak is, benodig na berig word baie dringend hulp. Kathy Hurly van die vakbond Kwanalu sê daar is planne beraam om […]
Nedbank Namibia help gesondheidswerkers
Nedbank se “Nedbank Donate-a-Meal: Help a Health Worker” se landwye veldtog is in volle swang en help gesondheidswerkers wat lang ure werk om pasiënte te versorg. Nedbank Namibia het saam met die Lithon Foundation, 3Measures, Co-Feed Namibia, Ogilvy en PayToday die veldtog saam van stapel gestuur. Die skenkingsplatform is via die PayToday-toep geskep. Helene Meintjies, […]
Militêre vlugte uit Afghanistan hervat
Militêre vlugte wat diplomate en burgerlikes uit Afghanistan ontruim, is vroeg vanoggend hervat. Dit volg nadat die aanloopbaan by die lughawe in Kaboel ontruim is van duisende mense wat desperaat was om te vlug nadat die Taliban die hoofstad oorgeneem het. ‘n Westerse sekerheidsbeampte het aan internasionale nuusagentskappe gesê die aantal burgers op die lughawe […]
SA hoë kommissariaat in Pakistan in verbinding met Suid-Afrikaners in Afghanistan
Die Suid-Afrikaanse hoë kommissariaat in Islamabad, Pakistan, is in verbinding met ‘n aantal Suid-Afrikaners in Afghanistan om hulle veiligheid te verseker. Dit volg nadat die Taliban die hoofstad Kaboel en beheer oor die regering oorgeneem en ‘n Amerikaans-geleide koalisie van byna 20 jaar beëindig het. Die departement van internasionale betrekkinge sê die kommissariaat verskaf die […]
Vinnige optrede lei tot arrestasie van 5 in plaasaanval
Vyf verdagtes is in Harrismith in die Vrystaat in hegtenis geneem na ‘n plaasaanval. Hulle het na bewering aan ‘n boer gesê hulle wil beeste koop. Die 54-jarige boer sê hy het in die pakkamer gewerk toe drie onbekende mans daar opdaag. ‘n Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê een van hulle het na bewering ‘n vuurwapen […]