eNuus sny weer-poste

eNuus in Suid-Afrika het met onmiddellike effek drie van sy weervoorspellers se dienste beëindig. Annette Botha, Joel Guy en Anika de Beer sal nie meer die weerspellings doen op sowel die Afrikaanse as Engelse kanale van eNuus nie. Die nuuskanale gaan voortaan net weerkaarte tydens bulletins gebruik.

Read More

20 000 Unisa-studente onseker

Sowat 20 000 eerstejaarstudente aan Unisa in Suid-Afrika is steeds in onsekerheid gedompel. Dit is reeds ‘n maand sedert die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria die buurland se Minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie, Blade Nzimande, se besluit om die inname van eerstejaars te verminder, verwerp het. Unisa het 38 000 nuwe studente aanvaar wat […]

Read More

SA-mans klop Nam-hokkiespan

En nuus oor die Binnenshuise Afrika hokkie-toernooi in Durban… Suid-Afrika het Namibië se manshokkiespan met 6-3 geklop. Die buurland was rustyd met 2-1 voor. Namibië se doele is deur Liam Hermanus 2, en Owen Hatton behaal. In die vroue afdeling het Suid-Afrika Namibië met 1-0 geklop en was rustyd met 1-0 voor. Namibië se doel […]

Read More

Toerisme in die land vertoon effe beter

Daar is volgens berigte ‘n herlewing in die toerisme bedryf en ‘n beroep word op Namibiërs gedoen om in die land te reis en geld plaaslik te bestee. Nrupesh Soni, die Stigter van die Namibiese Reis en Toerisme-forum…

Read More

Prins Philip word vandag ter ruste gelê

Die nuustoneel in Brittanje word vandag oorheers deur die begrafnis van wyle Prins Philip. Slegs 30 naby familielede en vriende van die prins sal in die kerk mag wees wanneer die Hertog van Edinburgh in die St George-kapel in Windsor ter ruste gelê word. Prins William en Prins Harry sal saam met hulle pa, Charles, […]

Read More

Sokkerliga sal begin, al dreig Unam met hofaksie

Die Direkteur van die Namibiese Sokker Premierliga Mabos Vries sê die liga sal afskop ten spyte daarvan dat die Unam Sokkerklub dreig om hulle hof toe te sleep. Unam is volgens berigte vies omdat hy nie ingesluit is in die liga nie. Nuusagentskappe berig dat Professor Frednard Gideon, die klub se Voorsitter ‘n brief aan […]

Read More

Namibiese doller en rand versterk

Die Namibiese doller en die Suid-Afrikaanse rand het die afgelope tyd versterk teen ander internasionale geldeenhede. Die geldeenheid verhandel op die oomblik in ‘n nou band van 14-24 teen die Amerikaanse doller. Professor Jannie Rossouw, Ekonoom aan die Sake-Skool by Wits in Johannesburg.

Read More

Covid-gevalle neem vinniger toe – WGO

Die wêreldwye weeklikse toename in nuwe Covid-19 gevalle het die afgelope paar maande volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie byna verdubbel. Die infeksiekoers is volgens die WGO nou op sy hoogste sedert die pandemie begin het. Lande word aangemoedig om toe te sien dat streng beheer maatreëls om die virus te beveg steeds van krag bly. Daar is […]

Read More

Meatco besoek Ghana om handel daar te stel

Die Namibiese Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking fasiliteer die besoek van ‘n handelsafvaardiging van Meatco aanstaande week aan Ghana. Die besoek begin Maandag en duur tot Donderdag. Tydens die besoek sal die afvaardiging wydlopend met verspreiders en handelaars van vleisprodukte in Ghana beraadslaag om handel in die verband te bevorder. Ghana stel volgens berigte […]

Read More

Tydkapsule in kerk in Hongarye gevind

Die kruis bo-op Hongarye se grootste kerk het ‘n tydkapsule versteek wat 176 jaar oud is en wat vanjaar tydens opknappingswerk ontdek is. ‘n Verseëlde, silindriese koperkapsule is in 1845 in die kruis geplaas. Die koepel van 100-meter het bomaanvalle in die Tweede Wêreldoorlog oorleef, maar die houer is erg deur skrapnel beskadig. Die dokumente […]

Read More