SA-variant van Covid loop oop in Brittanje

Bykans 600 mense in Brittanje het nou reeds die Suid-Afrikaanse korona-virus variant opgedoen ná gesondheidsamptenare sowat 650 000 mense getoets het. Die Departement van Openbare Gesondheid in Engeland het dié week nog 56 gevalle aangemeld. Die nuus volg na ‘n korona-virus variant met ‘n dubbele mutasie onlangs in die land aangemeld is ná dit die […]

Read More

Noord-Kaapse Nama’s wil eie Orania hê

Die Nama-leierskap in Suid-Afrika beplan ‘n eie dorpsgebied in die Noord-Kaap soos Orania van die Afrikaners. Die bevolkingsgroep kom in die Noord Kaap, Namibië en dele van Botswana voor. Kaptein Paul Swartbooi van die Nama’s in Suid-Afrika het hierop gereageer.

Read More

Sesriem teerpad is oop

Die Namibiese Minister van Finansies, Ipumbu Shimi, het die nuwe Sesriem teerpad amptelik in gebruik geneem in die Hardap streek. Hy het sy tevredenheid uitgespreek met die ontwikkeling. Volgens minister Shimi is dit die begin van die Nasionale Paaie Administrasie se landwye inisiatief om lae volume teeroppervlaktes op roetes in die land wat die nasionale […]

Read More

Spele: ja of nee?

‘n Japannese amptenaar het weer erken dat vanjaar se Olimpiese Spele moontlik gekanselleer kan word. Volgens die Kyodo-nuusagentskap het die Liberaal-Demokratiese Party se Woordvoerder, Toshihiro Nikai, gesê Japan sal miskien die Spele in Tokio moet afstel indien toenemende korona-virus gevalle die gebeurtenis onmoontlik maak. In antwoord op Nikai se kommentaar, het die Tokio-spele se reëlingskomitee […]

Read More

‘In Soedan, bid ons’

Kosmos 94.1 Nuus het met Minette van der Bijl, ‘n Namibiese onderwyseres wat in Soedan woon en werk gepraat oor die realiteit in daardie land tydens die Covid-19 pandemie en met die sukkelende ekonomie. Soedan het onlangs groot onluste gehad en ervaar op die oomblik baie uitdagings.

Read More

Goosen sluit by Bulle aan

Die veelsydige Springbok-agterspeler, Johan Goosen, sluit op 1 Julie by die Bulle aan nadat hy die laaste paar seisoene vir Montpellier in Frankryk gespeel het. Die 28-jarige het sy blydskap uitgespreek om na sy geboorteland terug te keer en sê hy sien daarna uit om deel te word van Pretoria se rugby-familie. Die Bulle se […]

Read More

Lucky sê Zondo-kommissie is gekompromitteer

Die Voormalige Uitvoerende Hoof van die Suid-Afrikaanse Passasierspooragentskap Lucky Montana, sê die buurland se Staatskapingkommissie is gekompromitteer. Hy het voor die kommissie verskyn nadat sy getuienis in Januarie gekanselleer is. Montana het toe die Voorsitter van die Kommissie, Adjunkhoofregter Raymond Zondo, beskuldig dat hy bevooroordeeld is. Hy het beweer dat die kansellasie bedoel is om […]

Read More

Owerhede werk vir voordele van vryhandelsooreenkoms

Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Penda Naanda, het bekendgemaak dat die ministerie met aktiewe diplomasie sal voortgaan om Namibiese besighede te help om die voordele te benut wat die Afrika Kontinentale Vryehandelsooreenkoms bied. Naanda het gereageer op die ministerie se fasilitering van die besoek aanstaande week van ‘n […]

Read More

Covid tas hart en longe aan

Nuwe data toon dat tot 8 maande nadat ‘n pasiënt Covid-19 opgedoen het, kan sy longe en hart steeds aangetas wees. Dit is die mening van Johann Els, ‘n biokinetikus van Medicise South-Afrika in Somerset-Wes. Volgens hom het dit gewys nadat oefentoetse en kardiale rehabilitasie en EKG-monitering met pasiënte gedoen is. Hy verduidelik aan Kosmos […]

Read More

Hoë kospryse veroorsaak ‘krimpflasie’

Inflasie is op die oomblik hoog, veral met verskeie voedselsoorte wat reeds tydens Maart inflasie van dubbele syfers gerealiseer het. Maar volgens Dr Frikkie Mare, ‘n Landbou Ekonoom aan die Vrystaatse Universiteit, word die impak van hoë inset koste en verhoogde brandstof pryse later minder noemenswaardig op die finale pryse…

Read More