Carl Niehaus weer op 22 November in die hof
Die geskorste ANC-lid Carl Niehaus sal weer op 22 November in die hof wees nadat hy vroeër vandag in die Estcourt-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn het. Hy is verlede maand tydens ‘n onwettige byeenkoms buite die Estcourt-tronk in hegtenis geneem. Niehaus was deel van ‘n groep betogers wat hulle ondersteuning vir oudpresident Jacob Zuma getoon het. Niehaus word […]
Unam Cares-inentingskliniek slegs môre vir tweede inentings oop
Die Unam Cares-inentingskliniek sal slegs môre oop wees vir tweede inentings van Sinopfarm en AstraZeneca. Unam ondersteun die Namibiese gesondheidsministerie in die stryd teen die Covid-pandemie. Hierdie is ‘n gemeenskapsinisiatief van die kantoor van die vise-kanselier. Die inentingskliniek sal vanaf môreoggend nege-uur tot vier-uur by die universiteit se ontspanningsentrum op die hoofkampus in Windhoek oop […]
Sikunga-viswagters lê beslag op talle gestroopte vis in Zambezirivier
Die ses Sikunga-viswagters van die Sikunga-bewaringsgebied in die Zambezi-streek vat visstropers in die Zambezirivier vas. Volgens die Sikunga-viswagters se maandelikse verslag vir Julie het hulle beslag gelê op 15 makôrôs en nette van 55,3 kilometer lank in die Zambezirivier. Daar was 2 742 vis in die nette. Gondwana se omgewingsbeampte, Justice Muhindwa, gesels met Kosmos […]
Meer as 23 000 tienerswangerskappe in Gauteng skok
Die Demokratiese Alliansie in Gauteng sê tienerswangerskappe het ‘n negatiewe uitwerking op onderwysgeleenthede vir jong meisies in die provinsie, veral dié sonder behoorlike hulp en ondersteuning. Die LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het onthul dat 23 226 tienerswangerskappe van April verlede jaar tot Maart vanjaar in Gauteng aangemeld is. DA-woordvoerder, Refiloe Nt’sekhe, sê hierdie syfer […]
Twaalf Covid-sterftes agt distrikte
Die Namibiese gesondheidsministerie het 12 Covid-sterftes in agt distrikte aangekondig, asook 186 nuwe gevalle uit 1 045 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 18 persent verteenwoordig. In die groep is 30 leerders en drie onderwysers. Daar is nou 2 870 aktiewe gevalle, waarvan 235 in hospitale en 43 in intensiewesorgeenhede is. Altesaam 190 306 mense het hul eerste dosis Covid-enstof ontvang en 83 629 hul tweede inenting.
Statistieke Suid-Afrika: Jaarlikse verbruikersinflasie daal vir tweede maand
Statistieke Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersprysinflasie het vir ‘n tweede agtereenvolgende maand gedaal en was in Julie laer op 4,6 persent vanaf 4,9 persent in Junie en 5,2 persent in Mei. Die belangrikste bydraers was voedsel, veral vleis, en nie-alkoholiese drank, behuising en nutsdienste, vervoer en allerlei goedere en dienste. Die hoofdirekteur vir prysstatistieke by […]
Brandbestryders by Naruchas nodig
‘n Beroep word op plaasboere in die Naruchas-omgewing in die Hardap-streek gedoen om te help met brandbestrydings. Die brand het in die omgewing van Wortel begin. Volgens ‘n brandbestryder van Rehoboth, Dirkie Cloete, is die brand besig om suidwes na Rehoboth en omliggende plase te versprei. Hy doen ‘n beroep op boere om toegang tot […]
Werkers van Quantas moet inenting kry
Die Australiese lugredery Qantas het werknemers die keuse van ‘n werk of ‘n inenting gegee toe hy aangekondig het vlieëniers, kajuitpersoneel en lughawepersoneel moet teen middel November volledig teen Covid-19 ingeënt wees. Die sperdatum vir die res van die werknemers is einde Maart volgende jaar. Quantas se uitvoerende hoof, Alan Joyce, sê in ‘n verklaring die redery lewer ‘n noodsaaklike diens, […]
SA Padongelukkefonds se likiditeitesposisie beter
Die Suid-Afrikaanse Padongelukkefonds se likiditeitsposisie het verbeter nadat meer as 400 miljoen rand se dubbele betalings verhaal is. Meer as 100 eiser-ondernemings is by die Regspraktyksraad aangemeld vir eise vir hierdie onregmatige betalings. Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het hierdie feite genoem tydens ‘n inligtingsvergadering met die staande komitee oor openbare rekeninge. Mbalula sê die fonds het ‘n skoon oudit-uitkoms van die ouditeur-generaal […]
As sentrale banke so geld kry, hoekom is kontant in presidensiële-paleis gehou?
Internasionale nuusagentskappe berig dat die Taliban nie so vinnig sy hande op die 10 miljard Amerikaanse dollar sal lê soos hy beheer oor die land gevat het nie. Volgens berigte is daar 1,3 miljard Amerikaanse dollar se goud wat in New York geberg is en Unesco het ook die sogenaamde 20 600 Baktriese-skatte, wat uit […]