McKenzie wen weer vir Chiefs

Die Chiefs se losskakel Damian McKenzie het vir die tweede week in ‘n ry ‘n oorwinning vir sy span verseker met ‘n strafdoel in die doodsnikke van hul ontmoeting met die Crusaders in Hamilton, Nieu-Seeland. Die telling was 26-25 in die Chiefs se vierde agtereenvolgende sege in die Super Rugby Aotearoa-reeks. Die Crusaders is steeds […]

Read More

ANC-faksie sê Ace moet bly!

Lede van die radikale ekonomiese transformasie-faksie in Suid-Afrika wil volgens berigte klagte teen soveel moontlik ANC-leiers by polisiekantore in die buurland indien om choas te skep oor die besluit dat die Sekretaris-Generaal van die ANC Ace Magashule sy posisie moet ontruim oor beweerde korrupsieklagte teen hom. Magashule het 30 dae tyd om dit te doen, […]

Read More

Covid-infeksies styg vinniger – WGO

Die sterfgevalle wêreldwyd asgevolg van Covid-19 het die 3 miljoen kerf verbygesteek volgens statistiek van die Johns Hopkins Universiteit. Meer as 141 miljoen mense het dit reeds onderlede gehad of, het dit nog. Dit volg nadat die Hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie Terdros Adhanom Ghbreyesus gewaarsku het dat die wêreld die hoogste infeksiesyfers tot dusver nader. […]

Read More

NBC-baas: staak as julle wil, geld word afgetrek

Berigte lui dat die NBC se Direkteur-Generaal Stanley Similo werknemers van die uitsaaikorporasie gewaarsku het dat sou hulle hierdie week staak, dit van hulle vergoeding afgetrek sal word. Die personeel het Vrydag die bestuur 48 uur tyd gegee om aan hulle eise te voldoen. Volgens Similo sal die konsep van ‘geen werk, geen betaling’ toegepas […]

Read More

Lekker Formule 1 vandag

Die sewemalige Formule Een-kampioen, Lewis Hamilton, spring vanmiddag in die eerste plek weg in die Emilia Romagna-Grand Prix op die Imola-baan in Italië. Dit sal die 99ste keer in sy loopbaan wees dat hy in die voorste posisie in ‘n Grand Prix wegspring. Sergio Perez van die Red Bull-span het tweede gekwalifiseer en is langs […]

Read More

S-Afrikaner was in konfrontasie met Hawaii-polisie, toe geskiet

Die polisie in Hawaii het beeldmateriaal vrygestel van die lyfkameras van die polisie wat betrokke was by die skietdood van die Suid-Afikaner, Lindani Sanele Myeni in Honululu. Die 29-jarige voormalige KZN-rugbyster is in ‘n konfrontasie met die polise dood nadat hulle ‘n oproep oor ‘n inbraak opgevolg het. In die beeldmateriaal kan gesien word hoe […]

Read More

Nehawu eis ondersoek na hospitaal-brand

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Onderwys, Gesondheid en Verwante Werkers-vakbond, Nehawu, het vir ‘n spoedige ondersoek gevra ná die brand vroeër die naweek by die Charlotte Maxeke-akademiese hospitaal. Volgens verslae van die Gautengse Departement van Gesondheid het die brand Vrydagoggend in ‘n spesiale apteekpakhuis ontstaan. Dit het daartoe gelei dat pasiënte na ander sale geskuif en honderde […]

Read More

Atletiek byeenkoms vandag voortgesit

Atletiek Namibië se senior atletiek kampioenskappe word vandag voortgesit by die Onafhanklikheidstadion in Olympia in die hoofstad. Een van die besondere prestasies dusver is Christine Mboma wat in ‘n tyd van 49.22 sekondes ‘n nuwe onder-20-wêrelrekord in die 400 meter-naelloop opgestel het. Hennie Horn ‘n hoogspringafrigter van Swakopmund het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Daar kan nog reën verwag word

Dit wil volgens die jongste weermodelle voorkom of toestande vir reën steeds gunstig is nadat neerslae oor dele van die land voorgekom het. Odillo Kgobetsi van die Namibiese Weerkantoor het die voorspelling…

Read More

Inentingsveldtog brei plaaslik uit

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat die Covid-19 inentingsveldtog na die Karas-streek en in Windhoek by die Rhino Park Private Hospitaal uitgebrei is. Die Uitvoerende Direkteur van die ministerie, Ben Nangombe het intussen ‘n beroep op landsburgers gedoen om hulleself te laat in-ent teen die virus met 185 nuwe gevalle wat bevestig is. […]

Read More